Bestel blomme aanlynOrder flowers online
image-.jpg
0

Die manne van DZL lewe voluit vir élke oomblik

Op die oog af lyk die manne van DZL (Andries Hendrik-Potgieter en Wiaan Fourie) soos modelle vir ’n Men’s Health-voorblad, maar wanneer jy dié twee van nader leer ken besef jy eintlik daar is veel meer agter daardie perfekte blokkies maag.

Die groep het onlangs hul tweede album, Realiteit, die lig laat sien en nes die titel sê word die realiteit van hul lewens vasgevang op die album. “Dis ons stories, geluk, blydskap, twyfel en seer,” vertel Andries.

Die album bevat lekker-luister en dansmusiek wat ’n storie vertel. Tien van die snitte is oorspronklik waarvan twee daarvan self deur die manne gepen is. Daar is ook drie duette sowel as verwerkings van ou gunstelinge.

Hul eerste enkelsnit Het Jy Al Gelewe? doen ook goed op radio

image-.jpg
0

Andries en Wiaan, oftewel DZL, se passie in musiekvideo vasgevang

Die manne van DZL verras weer eens met ’n splinternuwe musiekvideo waartydens hulle subtiel die kykers se aandag vestig op dit wat hulle na aan die hart lê: natuurbewaring.

“Dit is maar wat deur ons bloed druis en ek dink deur die jare het die publiek gesien natuurbewaring is regtig ’n passie vir ons. Ons word geken vir ons werk binne renosterkringe, maar hierdie keer het ons besluit om die aandag op ’n ander interessante spesie te vestig,” vertel Wiaan Fourie.

Die musiekvideo bevat dele waar die DZL-manne in die Limpopo-provinsie ’n span van die Endangered Wildlife Trust bygestaan het om ’n groep wilde honde na Kwa-Zulu Natal te skuif vir ’n nuwe teelprogram.

Wilde honde is ’n uiters bedreigde spesie en daar is net 6600 in Afrika oor. In lande soos Mosambiek en Angola het die wilde hond populasie uitgesterf as gevolg van die burger oorloë wat in daardie lande plaasgevind het.

“Ons weet almal dat spesies soos renost

image-.jpg
0

Die duo DZL trakteer ondersteuners met ’n dag vol avontuur

Ondersteuners van die sanggroep, DZL, is onlangs met ’n avontuurdag van ’n leeftyd getrakteer. Die manne het in April hulle nuuste enkelsnit, Het Jy Al Gelewe vrygestel waartydens hulle met radiostasies regoor die land saamgewerk het en luisteraars uitgedaag het om hulle stories te vertel waartydens hulle as’t ware die lewe by die horings gepak het.

Het Jy Al Gelewe, die eerste enkelsnit vanaf DZL se nuwe album, Realiteit, is ’n lekkerluister country-popdanstreffer wat gaan oor die vreugde van die lewe en om elke oomblik saam jou beste pêl of geliefde te geniet.

“Ons het sulke wonderlike terugvoer van die luisteraars gekry en het toe die beste stories gekies en hierdie luisteraars, saam met hulle deelnemende radiostasies genooi om ’n dag vol avontuur saam met ons te spandeer,” vertel Wiaan Fourie.

Op Saterdag, 12 Mei, het die wenners en die ondersteunende radiostasies wat Pretoria FM, Bosveld Stereo, 90.6 VCR, Overvaal Stereo, Eas

image-.jpg
0

DZL se nuwe album sonder tierlantyntjies is hier

Suid-Afrika se aantreklikste sangduo is terug met ’n splinternuwe album, Realiteit, wat nie net gaan voortbou op die unieke alternatiewe country-popklank waarvoor hulle bekendheid verwerf het nie, maar ook die kieskeurigste musiek-oor tevrede sal stel.

DZL, wat bestaan uit Andries Hendrik Potgieter en Wiaan Fourie, se tweede album is pas vrygestel en dié kombinasie van opgewekte deuntjies en hartroerende ballades beloof om aanklank te vind by oud en jonk. Die cd bestaan uit tien oorspronklike liedjies, waarvan twee deur die sangpaar self geskryf is, en sluit ook drie duette asook verwerkings van ou gunstelinge in.

“So baie van wat ons doen is in ons musiek en dit is ’n realiteit vir ons, want ons is wat ons sing en sing oor wat ons ervaar. Ek wil hê luisteraars moet hulself in ons liedjies herken. Dit gaan oor die daaglikse goed in die lewe, soos geloof, emosie, groei, uitdagings en opgewondenheid, wat ons almal elke dag ervaar,” verklap die

image-.jpg
0

Die duo DZL se nuwe enkelsnit “Het Jy Al Gelewe”, is ‘avontuurlustig’

Die manne van DZL word daaraan geken dat hulle nie iets op die gewone, tradisionele manier doen nie. Dit blyk duidelik met die bekendstelling van hulle nuwe enkelsnit Het Jy Al Gelewe, wat vandag, 23 Maart 2018, op radiostasies regoor die land vrygestel word.

Die manne het ook ’n lekker verrassing vir hulle ondersteuners; die publiek kan ’n avontuur saam met Andries en Wiaan los slaan.

Lede van die publiek word uitgenooi om hulle stories te vertel waartydens hulle die lewe as’t ware by die horings gepak het. Die beste stories wen dan ’n avontuurlustige uitstappie met die twee manne.

“Ons hou mos daarvan om altyd iets mal aan te vang wat die bloed deur jou are laat bruis en daarom gee ons lede van die publiek die geleentheid om so ’n avontuur met ons mee te maak,” vertel Andries.

Het Jy Al Gelewe, die eerste enkelsnit vanaf DZL se nuwe album, Realiteit is ’n lekkerluister country-popdanstreffer wat gaan oor die vreugde van

musiek – top 20 4
0

Hier is jou Top 20 vir week 25 September 2017

Hier is jou Top 20 vir hierdie week. Ons het ‘n nuwe Sanger wat sy toetrede maak tot die Top 20 se nommer #1 plek, en dit is niemand anderste as Appel met sy liedjie “Kom en lê my neer” Ray Dylan maak sy toetrede tot die Top 20 die week met sy liedjie “Vir […]