image-.jpg
0

Die groep Heuwels Fantasties vier ’n dekade met ‘alles van die beste’

Hoe kies jy jou gunsteling liedjie(s) van die gewildste Afrikaanse groep in die land, Die Heuwels Fantasties? Jy kan nie…

Met treffer na treffer, het hierdie talentvolle ouens dit gelukkig makliker vir almal gemaak deur self die beste van die bestes te kies met die vrystelling van Alles Van Die Beste – ’n CD én DVD wat die hoogtepunte van ’n dekade se unieke skeppings van Die Heuwels Fantasties in een versameling ten toon stel!

En beste van als? Die Heuwels Fantasties is terug met ’n splinternuwe treffer enkelsnit, Niks en Nêrens, wat verseker diep in almal se harte gaan kruip – beskikbaar saam met Alles Van Die Beste.

Vir die eerste keer is die musiekvideo van Niks en Nêrens ook boonop vrygestel.

Hoofsanger van die groep, Pierre Greeff, sê oor Niks en Nêrens: “Dit maak nie saak waar jy jouself bevind of hoe hopeloos jy voel nie. Wanneer jy omring is met die regte mense, wat waarlik vir jou lief is, is jy tuis.”

<
musiek – top 20 4
0

Hier is jou Top 20 vir die week van 16 Oktober 2017

Hier is jou Top 20 vir hierdie week, met ‘n paar verassings. Die Afrikaanse sangers Leah en Jo Black se liedjie “Nooit alleen” betree die week se Top 20 in die tiende plek. Manie Jackson betree die Top 20 die week, wie weet wat met sy treffer gaan gebeur. Kyk ek moet sê dat elke […]
radio – top 20 2
0

Hier is jou Top 20 vir week 2 Oktober 2017

Hier is jou Top 20 vir hierdie week. Appel val uit hierdie week en Caroline Grace spring na die eerste plek on die lys. Bok van Blerk en Appel ook bekend as Christoph Kotzè, se liedjie “Lemoene”, maak die week sy toetrede tot die Top 20. Die musiekvideo vir die liedjie is reeds meer as […]
musiek – top 20 4
0

Hier is jou Top 20 vir week 25 September 2017

Hier is jou Top 20 vir hierdie week. Ons het ‘n nuwe Sanger wat sy toetrede maak tot die Top 20 se nommer #1 plek, en dit is niemand anderste as Appel met sy liedjie “Kom en lê my neer” Ray Dylan maak sy toetrede tot die Top 20 die week met sy liedjie “Vir […]
image-.jpg
0

PAARL Piekniekkonsert / Picnic Concert: Die Heuwels Fantasties – 24 March 2018

Heuwels en hul fantastiese klanke bestyg die berg by Taalmonument / Language Monument’s mountain alive with the sound of the hills! Dit is die laaste konsert van hierdie somerseisoen en ten gunste van die Laat ons Lees!-geletterheidsprojek vir kinders.

Date:- 24 March 2018

Time:- From 20:00 until 21:00

Address:- At Paarl Monument, Gabbema Doordrift St, Suider-Paarl, Western Cape, South Africa
Gabbema Doordrift St, Suider-Paarl, Western Cape, South Africa

Price:- R70- R140 P.P.

Die vertoning begin om 20:00 in die Tuinteater – ‘n kleinboetie van die bekende Paarl Amfiteater – op die sagte grasperk reg aan die voet van die monument terwyl die son se laaste strelende strale kwyn. Besoekers is welkom om vooraf die beeldskone omgewing via wandelpaaie te verken terwyl die kinders hulself in die speelparkie vermaak.

Bring jou eie dranki

image-.jpg
0

Van Coke en ‘n paar van sy vriende snoer kragte saam!

Die ikonies rocker, Francois van Coke, het ’n paar van sy vriende ingeroep vir ’n opwindende nuwe 4-snit EP.

Die EP is ’n epiese samewerking met Jack Parow, Die Heuwels Fantasties, hip-hip musikant Early B en aKING voorman Laudo Liebenberg. Die vier kunstenaars op die EP is ook deel van die Francois van Coke en Vriende-konsert, wat op 15 September in die Sun Arena van Time Square in Pretoria, aangebied word.

Die EP spog met indrukwekkende snitte, wat wissel van rock tot punk en hip-hop – iets wat weereens Francois se diversiteit as kunstenaar bewys.

As jy ’n aanhanger van enige van die kunstenaars is gaan hierdie album beslis op jou speellys moet wees vir die res van 2018.

Luister hier onder na van hulle treffers:-