Dink of Sink finaal 2019
0
03:38

Dink of Sink finaal 2019

Affies maak skoonskip by Dink of Sink! Na vier streeksuitdunne het die Afrikaanse Hoër Seunskool (AHS) en Afrikaanse Hoër Meisieskool (AHMP) koning gekraai by vanjaar se Dink of Sink-skoledebatskompetisie. Die manne van AHS het as die seniorwenners weggestap, terwyl die dames van AHMP as die juniorwenners bekroon is. AfriForum en verskeie media-vennote insluitend Beeld, Volksblad, […]
Forum Nuus: Quo Vadis
0
01:15

Forum Nuus: #AnkerdorpPadskou in Tzaneen

Skole, plaaslike besighede en die gemeenskap het hande met AfriForum gevat om ’n verskil in hul dorp te maak tydens vandeesmaand se Ankerdorppadskou in Tzaneen. Verskeie skoonmaakaksies en opknappingswerk is in die dorp aangepak, die Dink of Sink-skoledebatskompetisie is vir die eerste keer in dié streek aangebied en plaaslike besighede is verras met middagetes.
Pukke seëvier tydens Dink of Sink se universiteitsdebatkompetisie
0
03:26

Pukke seëvier tydens Dink of Sink se universiteitsdebatkompetisie

Die Noordwes-Universiteit se twee Afrikaanse debatspanne het die afgelope naweek teen mekaar te staan gekom in die finale rondte van vanjaar se Dink of Sink-universiteitsdebatkompetisie wat in samewerking met AfriForum, die Afrikaanse Gemeenskaps- en Debatsaksie (AGENDA), die FAK en die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns aangebied is.
Manie Jackson – Liefde En Genade
0
03:57

Afrikaanse studente debatteer óók nou op hul voete – Forum Nuus

Die Universiteit van Pretoria se Afrikaanse debatspanne het die afgelope naweek geseëvier tydens vanjaar se Dink of Sink-universiteitsdebatkompetisie wat in samewerking met AfriForum, die FAK en die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns by die Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria aangebied is. Sowat 12 debatspanne van agt tersiêre instellings het vanjaar deelgeneem. Dit is die eerste keer dat Dink of Sink of universiteitsvlak aangebied is en ʼn bewys van die enorme behoefte wat daar bestaan om Afrikaanssprekendes toe te rus om in Afrikaans in debat te kan tree.