Forum Nuus: Geregtelike doodsondersoek na Reshall Jimmy duur volgende week voort
0
01:25

Forum Nuus: Geregtelike doodsondersoek na Reshall Jimmy duur volgende week voort

Die geregtelike doodsondersoek na Reshall Jimmy, wat in Desember 2015 doodgebrand het toe die Ford Kuga wat hy bestuur het aan die brand geslaan het, sal Maandag in die Wes-Kaapse hoë hof voortduur. Daar word verwag dat persone wat na bewering naby die toneel was op die aand van die voorval en die dag daarna, volgende week sal getuig.
Forum Nuus: Gerrie Nel in hof teen Ford
0
01:51

Forum Nuus: Gerrie Nel in hof teen Ford

Andrew Leask, ondersoeker by AfriForum se privaatvervolgingseenheid, verduidelik kortliks hoe dag een van die geregtelike doodsondersoek na Reshall Jimmy in die Wes-Kaapse hoë hof verloop het. Jimmy het in Desember 2015 doodgebrand toe die Ford Kuga wat hy bestuur het aan die brand geslaan het.
Brand woed deur gebou in Durban
0
00:16

Brand woed deur gebou in Durban

Verskeie winkels in die Durbanse sakesentrum is Woensdagoggend (10 April 2019) beskadig nadat ʼn brand deur ʼn gebou in Queenstraat in dié stad se sakesentrum gewoed het. (Video: Rescue Care Paramedics)
Bela-Bela-baken brand af
0
00:28

Bela-Bela-baken brand af

ʼn Gewilde baken in Bela-Bela, die Limpopo-vakansiedorpie, het Vrydagnag tot op die grond afgebrand. Na wat verneem word, het die brand omstreeks 21:30 by die Rodeos-restaurant en kuierplek van die Bela-Bela Waterfront ontstaan, waarna dit vinnig na die omliggende hout en grasdak strukture versprei het.
Mense op dak vasgekeer toe brand uitbreek
0
00:33

Mense op dak vasgekeer toe brand uitbreek

Brandbestryders moes Donderdag (16 Augustus 2018) na ʼn toneel in Rissikstraat in Johannesburg haas nadat ʼn brand by ʼn gebou uitgebreek en talle mense op die dak vasgekeer is.