image-.jpg
0

Bobby Van Jaarsveld is in Pietermaritzburg

Die ooit so charismatiese Bobby van Jaarsveld vier 10 jaar in die musiekbedryf met sy band by Golden Horse.

Datum:- 26 April 2018

Tyd:- 19:30

Toegang:- R150

Die nag beloof om jou deur Bobby se musikale reis te neem en te wys waarom hy 10 jaar lank daarby is. Maak dit ‘n datumaand terwyl hy al die vonke in jou hart aansteek!


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly naby Golden Horse Casino?? SA Radio

image-.jpg
0

Die duo Heuning se enkelsnit is ’n ‘maatstaf’ van hul sukses

Suid-Afrika se bekroonde country-duo is terug met ’n splinternuwe enkelsnit, Maatstaf Vir My Hart, wat nie net gaan voortbou op die unieke moderne country-popstyl waarvoor hulle bekendheid verwerf het nie, maar ook die kieskeurigste musiek-oor tevrede sal stel.

Heuning, wat bestaan uit Jeanette Pretorius en Hansie Roodt, se nuutste vrystelling kombineer ’n lekkerluisterwysie met hoendervleismooi lirieke, wat sommer dadelik diep in jou hart kruip wanneer jy dit hoor. Die liedjie is deur Vaughan Gardiner geskryf en gaan oor ’n persoon wat haar geliefde verloor het, maar die positiewe daaruit haal deur hulle tyd saam te koester en alle potensiële verhoudings te meet aan die liefde wat hulle gedeel het.

“Ek skryf gewoonlik self ons musiek, maar toe ons hierdie snit hoor het ons dadelik daarvan gehou omdat dit perfek pas by die styl wat ons wil oordra,” verduidelik Jeanette. “Ek dink dat baie mense met die lirieke sal kan vereenselwig en die mu

image-.jpg
0

’N eerste vir Afrikaanse musiek – VIA se nuwe reeks

VIA (DStv-kanaal 147) en die Afrikaanse musiekbedryf se grootste onafhanklike platemaatskappy, Coleske Artists, is op soek na die volgende groot Afrikaanse kunstenaar.

In die nuwe TV-reeks Die Kontrak, wat later vanjaar op die Afrikaanse leefstylkanaal uitgesaai gaan word, sal agt aspirant-sangers dit uitspook om ’n gesogte platekontrak. Die Kontrak se mentors – Elvis Blue, Tarryn Lamb, Monique Steyn en Dewald Wasserfall – sal uit die aansoeke die agt talentvolste kandidate kies.

Elk van hulle stap die kompetisie binne met ’n platekontrak. Die uitdaging is egter om die kontrak te behou, want aan die einde van elke episode word een kontrak deur die grootbaas, Arnold Coleske, opgeskeur. En teen die einde van die reeks ontvang net die wenner ’n kontrak met Coleske Artists.

Deur die loop van die reeks sal die agt aspirant-sangers ook week na week uitgekyk word deur ’n paneel van drie kenners: die musieksterre Corlea Botha en Theuns Jordaan en die kreatie

image-.jpg
0

Ken jy Gideon Hanekom, wel hy staan bekend as GIAN GROEN

Gideon Hanekom het van pluimveeteler en plaasbestuurder ontwikkel tot die briljante liedjieskrywer en rockkunstenaar Gian Groen.

Dié Stellenbosch-boorling het as lid van die rockgroep Spinnekop en met sy treffer Vier seisoene kind van sy album Groen Kitaar en met sy solo-albums Met die maan gepla, Lied van die engele, Welkom in Somersburg en in 2013 met Dekade van Ballades homself as ‘n musikant met integriteit gevestig.

Die nuwe album heet #Als Is Net Lekker, die leuse van Gian se baie goeie vriend, Willie Wentzel. Willie het so geglo daarin om die positiewe dinge in die lewe na te streef, dat hy vir homself T-hemde gedruk het met hierdie woorde daarop. Hy het dit elke dag gedra. Willie het in 2015 in ‘n motorfietsongeluk gesterf in die Tankwa Karoo, waarna Gian die titelsnit van sy nuutste album geskryf het.

Dié CD is nie net ‘n viering van ‘n vriend se lewe nie; dis ook ‘n viering van ‘n volle sirkel wat bereik is deur weer me

image-.jpg
0

Corlea Botha, die dame met die stem van ‘n engel

Die berig is ongelukkig in Engels, dit kom direk van haar persoonlike blad af.

Corlea was born on 16 August 1987 and grew up in Delmas/Springs.

Her talent was discovered at the age of three.She started vocal training and keyboard lessons at the tender age of five. Over the next seven years she competed in over fourty Eisteddfods and National Singing Competitions, walking away as winner in most.

In 1996 she made her Theater Debut at the Pretoria States Theater in an Italian Opera “La Boheme” and in “Sound of Music” as the youngest Von Trapp daughter, Gretl. Performing with great talents such as Mimi Coertse, Jarmilla Tellinger, Judy Page and Anne Power, Corlea stole the hearts of many. In the same year she walks away a winner as the youngest competetor in her age group 5-8 years in the National Competition “Reik Na Die Sterre”.

In 1997 she released her firs

image-.jpg
0

Hanco, ‘n negentienjarige sing oor ‘eie lewenservarings’

Die 19-jarige sanger en liedjieskrywer van Tzaneen, Hanco, het onlangs ’n platekontrak by die gewilde platemaatskappy David Gresham geteken.

Boonop spog hy nou ook met sy debuutenkelsnit Ek en Jy, wat hy self gepen het. Die liedjie, wat deur Ziggy vervaardig is, gaan oor die oomblik wanneer jy jou beter helfte vas hou en veilig laat voel.

“Dit is vir my ’n groot voorreg om my enkelsnit, Ek en Jy vry te stel. Ek hou daarvan om oor my eie lewenservarings te skryf en dit is hoekom Ek en Jy vir my so belangrik en spesiaal is,” vertel Hanco.

Hanco woon tans in Pretoria en sy eerste kennismaking met die verhoog was op die ouderdom van nege. Die hande klap van die gehoor is ’n herinnering wat hom vir altyd sal bybly.

Vir die afgelope vier jaar het hy

image-.jpg
0

Nuwe musiekvideo uit van Rocco de Villiers – Kortbroek en Langkouse

Die eerste musiekvideo vanaf Rocco de Villiers se nuutste album, kortbroek, langkouse, is pas vrygestel en het reeds soos ’n veldbrand onder aanhangers versprei.

Die produksie is behartig deur Gerhard van Rooyen (GVR) en sy produksiespan en is geskiet by Safari Tuinsentrum in Lynnwoodweg, Pretoria. Gerhard vertel dat die konsep gebaseer is daarop dat ons onsself in die daaglikse lewe van ’n kous bevind.

“Ek dink daar is mense wat hulself met die kous se lewe kan vereenselwig, waar jy vasgevang is in die gewone roetine. Jou lewe het stagneer en jy vind jouself in ’n gemaksone. Kous het ’n droom. Hy sien daagliks die prentjie van Rocco en sy musiek wat êrens ver weg is op ’n eiland en hy voel hy is vir meer bedoel in die lewe. Kous maak dan die besluit om weg te breek van die ordinêre om sy droom te vervul. Hy gaan op ’n avontuur om Kouseiland te gaan soek.”

Die album en liedjie heet kortbroek, langkouse en die storie van kouseil

image-.jpg
0

Kom ons loer sobietjie na Izak Davel, hier is ‘n paar ‘tit-bits’ oor hom

Izak Davel (gebore op 1 Julie 1983) is ‘n Suid-Afrikaanse akteur, sanger, danser en model. Hy het bekendheid verwerf in Egoli waar hy die rol van “Scab” vertolk het. Sy debuutalbum, Ken Jy My, is in 2009 uitgereik.

Davel voltooi matriek in 2001 aan die Lady Grey Kunste-Akademie waarna hy dans by die Tshwane-Universiteit van Tegnologie studeer en sy studies in 2004 voltooi. In 2006 begin hy in M-Net se sepie Egoli speel waar hy die rol van Louwna se seun Scab vertolk.

In 2010 was hy in die TV-reeks Survivor South Africa: Santa Carolina. Hy is getroud met Mericke. Sy pa is die predikant van die NG gemeente Molteno (in kombinasie met die NG gemeente Sterkstroom) en sy ma is ‘n musiekonderwyseres aan die hoërskool op Burger

image-.jpg
0

Die groep DJ Ossewa het ‘n interessante Bio, hier is ‘tit-bits’ vir jou

DJ Ossewa, ‘n alom bekende huishoudelike naam in die Afrikaanse Musiekbedryf is terug met ‘n nuwe CD en nuwe vertoning tot groot genot en vreugde vanaf hulle getroue ondersteuners.

Hierdie manne het hulself reeds deur-en -deur bewys as een van die grootste suksesstories vand die Suid-Afrikaanse musiekbedryf. Die storie van Daniel Jakobus van Ossewasrus en sy ewe bekende buurman “Leeuboer” vermaak gehore al vir jare. Dit is dus geen wonder dat die nuutste toevoeging tot die groep presies dieselfde doen nie.

Die plaaslike self gekwalifiseerde veart: Vetfrik het besluit om sy praktyk op Ossewasrus te verlaat en sy kragte ook in te span vir ‘n nuwe, vars en onvergeetlike vertoning. Die eindresultaat is natuurlik weereens ‘n wenresep wat gehore, oud en jonk, laat huil van die lag en sorg vir ure se vermaak.

Met hul Progressiewe Alternatiewe Boere Afrikaanse Musiek het DJ Ossewa ‘n mark en genre van hul eie g

image-.jpg
0

Vredenburg: WESKUS KUIERFEES

Weskus Kuierfees op die Weskus Sportsgronde is ‘n MOET die jaar! Heeldag vermaak vir die hele gesin. Kom KUIER saam!!!

Datum:- 7 April 2018

Tyd:- 09:00 tot laat

Toegang:- Gratis


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Vredenburg ?? SA Radio
image-.jpg
0

Brandewyn en Braai Dag – Atlantic Beach Country Klub – Melkbosstrand

Nou gaan ons Braai! Watter beter paar as Brandewyn en Braaivleis vir Suid Afrikaners is daar nie! Heerlike lewendige vermaak, gesellige mense en jy!

Datum:- 19 Mei 2018

Tyd:- 12:00 tot 21:30

Toegang:- R110 tot R195


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Melkbosstrand?? kliek hier !!


Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!


Adres:- Atlantic Beach Country Club, 1

image-.jpg
0

Lizandra Winter is besig met groot dinge

Hoendervleismooi is die perfekte woord om Lizandra Winter se splinternuwe enkelsnit op te som. Die Begin bou voort op die sukses van haar eerste amptelike solo-snit en musiekvideo, Fluister, wat nie net deel was van die 2016-lokettreffer, Vir Altyd, se klankbaan nie, maar ook steeds gereeld speeltyd kry oor die radio en op die kassie.

Volgens haar, gaan hierdie Pop-Rock-treffer daaroor dat ’n mens so vasgevang word in die gejaag van die lewe, dat jy vergeet wat regtig belangrik is. “Ek sê altyd vir my man dat ek nie vir eendag wil leef nie en tog vang ek myself so baie dat ek toelaat dat ‘môre’ die skoonheid van vandag steel. Ek het die lied geskryf om myself te herinner dat die tyd soms moet stilstaan, en ek myself moet verloor in die oomblik.

Ook dat geld nie geluk kan koop nie. Die lied het ’n goedvoel-verwerking waarby die meeste luisteraars sal aanklank vind,” vertel sy opgewonde. “In vandag se tyd is dit die norm dat, terwyl jy b

Jo Black en sy orkes tree op te Bloemfontein

Die bekroonde Afrikaanse sanger Jo Black en sy orkes is terug in Bloemfontein met al sy treffers asook liedjies van sy nuutste album. Hierdie inspirerende vertoning van sielvolle musiek en sterk boodskap van hoop is `n moet vir die hele gesin!

Datum:- 15 Julie 2018

Tyd:- 18:30

Toegang:- R120 – R150


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Bloemfontein?? kliek hier !!

Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek
image-.jpg
0

Heidi tref musiekmark met ’n glimlag met haar nuwe enkelsnit

Na ’n jaar en ’n half se harde werk is Heidi se heel eerste enkelsnit vanaf haar debuutalbum hier.

Wat ’n Hart Laat Lag, geskryf deur Emil Struwig en vervaardig deur Werner Beukes.

Heidi is beslis ’n nuweling om dop te hou in 2017 – haar album beloof om jonk en oud te bekoor!

Hierdie snit reeds uitgestuur na talle radiostasies, en sover baie goed ontvang – dié snit was selfs een van die nuwe vrystellings op Jacaranda 94.2 se Chamberlains Hot Hit gewees wat moontlik sy toetrede tot hulle trefferparade kan maak binne die volgende week of twee!

Sy het onlangs ’n musiekvideo van haar weergawe van The Gambler vrygestel wat bitter goed ontvang is deur die publiek en selfs die nommer drie posisie beklee het op iTunes se Top Afrikaanse Musiekvideo lys.

Loer hier onder na haar treffer met “The Gambler” en “Wat ‘n Hart Laat Lag”:-

image-.jpg
0

Come and enjoy the Slow Food & Wine Festival in Robertson

Satisfy your wanderlust and head out to the country on the scenic Route 62. Explore a wealth of history and authentic wine experiences at the Robertson Wine Valley’s eleventh annual Slow Food & Wine Festival in partnership with WESGRO. Taking place at various wineries and tourism establishments.

Date:- 3 – 5 August 2018

Time:- 09:00 till late

Price:- Tickets are limited and you need to make your booking directly with the host no later than three days before the activity. Specify your dietary requirements. Payment are required in advance. (please contact details below)


Looking for a cozy place to stay nearby in Robertson?? SA Radio

image-.jpg
0

Haar stem mag dalk stil wees, maar sy sal nooit vergeet word nie:- Janita Claassen

Op 24 Oktober 2005 het Suid-Afrika een van die gewildste Afrikaanse kunstenaars verloor toe Janita Claassen aan kanker oorlede is.

Janita is op 30 April 1947 op die Noord-Kaapse dorp Warrenton gebore. Sy het matriek behaal aan die Hoërskool Vereeniging en daarna BA (HOD) aan die destydse Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys gestudeer.

Sy het byna nege jaar lank skoolgehou. In 1976 het sy ’n oudisie geslaag om in ’n koffiehuiskonsert op televisie op te tree, maar dit was eers toe die Musiek-en-Liriekbeweging in 1979 ontstaan het dat sy in die musiekbedryf beland het.

In daardie jare het die bekende sanger Jannie du Toit musiekaande by sy huis naby die dieretuin in Pretoria gehou, en Janita was deel van die groep. Een van Janita se gereelde liriekskrywers, Babs Pretorius, het die woorde van een van die snitte op Jannie se debuutalbum, Liedjie vir jou, naamlik “Magnoliadal”, geskryf. Jannie is goed bevriend met Babs

image-.jpg
0

Leon Gropp se nuutste treffer ‘Bakenlig’ vrygestel

Leon Gropp se eerste solo-enkelsnit, Bakenlig, is reeds ’n paar weke gelede met groot sukses vrygestel en nou is die musiekvideo vir hierdie treffende liedjie ook op ’n unieke wyse bekendgestel.

Tydens ’n regstreekse Facebook-onderhoud met bekende akteur, Pierre Breytenbach, het Leon die video vir die eerste keer met die sy aanhangers en die publiek gedeel.

Leon is ’n bekroonde kitaarspeler en wys met Bakenlig ’n hele nuwe kant van hom wat vir hom ’n stewige plek, as sanger, begin vestig in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf.

Die video is vervaardig deur Bottomside Studios met regisseur, Fritz de Jager aan die stuur van sake. Dit beeld die verhaal uit van iemand wat terugkyk na herinneringe van ’n vroeër self. Verskillende

image-.jpg
0

Kom geniet ‘n oggend saam met Pieter Smith vir Pampoenland

As jy gedink het jy gaan met gevoude arms agteroor sit en `n show bywoon, het jy `n fout gemaak. Saamsing en vermaak uit die boonste rakke met asemrowende klank- en beligtingseffekte, is nader aan die waarheid van `n tipiese Pieter Smith – vertoning. Energie- en aksiebelaaide konserte vir oud en jonk.

Datum:- 22 September 2018

Tyd:- 10:00

Toegang:- R100

Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Sasolburg?? SA Radio

image-.jpg
0

Die duo DZL se nuwe enkelsnit “Het Jy Al Gelewe”, is ‘avontuurlustig’

Die manne van DZL word daaraan geken dat hulle nie iets op die gewone, tradisionele manier doen nie. Dit blyk duidelik met die bekendstelling van hulle nuwe enkelsnit Het Jy Al Gelewe, wat vandag, 23 Maart 2018, op radiostasies regoor die land vrygestel word.

Die manne het ook ’n lekker verrassing vir hulle ondersteuners; die publiek kan ’n avontuur saam met Andries en Wiaan los slaan.

Lede van die publiek word uitgenooi om hulle stories te vertel waartydens hulle die lewe as’t ware by die horings gepak het. Die beste stories wen dan ’n avontuurlustige uitstappie met die twee manne.

“Ons hou mos daarvan om altyd iets mal aan te vang wat die bloed deur jou are laat bruis en daarom gee ons lede van die publiek die geleentheid om so ’n avontuur met ons mee te maak,” vertel Andries.

Het Jy Al Gelewe, die eerste enkelsnit vanaf DZL se nuwe album, Realiteit is ’n lekkerluister country-popdanstreffer wat gaan oor die vreugde van

image-.jpg
0

Omroeper en sanger, Martin Bester reik nuwe musiekvideo uit

Martin Bester het geen bekendstelling nodig nie. Van ’n bekroonde radio-omroeper, televisieaanbieder, akteur en seremoniemeester tot ’n volwaardige musikant in murg en been.

Die musiekvideo van sy nuutste enkelsnit, Ek Het Geweet, is pas vrygestel en is ’n ware spieëlbeeld van wie Martin is.

Ek Het Geweet is een van daardie liedjies wat jou voete laat jeuk om te dans, met ’n wysie wat onmiddellik in jou kop kom vassteek en jou uitnooi om lekker saam te sing.

“Die video is in die middestad van Pretoria geskiet. Die video is eerlik, onopgesmik, rou en energiek. Die sentrale tema is die weerspieling van my lewendige optredes wat ongelooflik belangrik en deel van my is.

Dit is vir my belangrik dat die video nie te ‘skoon’ was nie, want die liedjie gaan oor emosies en ons wou daardie gevoel vasvang en oordra. Ons het ’n baie groot drone gebruik om als vas te vang – mens kry die gevoel dat daar wel hartseer is ja, maar d

image-.jpg
0

Optrede te Langebaan: Mathys Roets by Pirates

Kom vier saam met die gewilde Suid-Afrikaanse sanger MATHYS ROETS sy 21ste jaar in die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf, gevul met persoonlike sowel as beroepshoogtepunte wat sy vertonings altyd gesog maak.

Datum:- 16 Mei 2018

Tyd:- 20:00 tot 23:00

Toegang:- R80


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Langebaan?? Click Here !!
image-.jpg
0

Jak de Priester het n nuwe liefde, die Drakensberge

Jak de Priester, laai gereeld sy gesin in die motor en vat die pad Drakensberge toe.
Sy derde enkelsnit, Drakensberge Liefde, vanaf sy album 15 Jaar, word nou uitgereik en Jak vertel ’n heerlike storie rondom die skryf van hierdie liedjie:

“Ek en my vrou Michelle en ons twee kinders, Jamie en Mija was een naweek in die Drakensberge. Ek dink die oomblik was bietjie te groot en kort daarna het ons ’n laatlammetjie ryker geword! Sy naam is Mika, maar ons noem hom Drakensberge. Maar om terug te dink aan daardie wonderlike road trip is vir my besonders lekker. Ons was moeg vir die stad en wou wegbreek en net die pad vat… deur Johannesburg en onder deur die tolhekke en verby Sasolburg in die Vrystaat. Dit is waaroor die liedjie gaan en dit verduidelik die avontuur waarop ons was en die gevoel dat ons êrens tussen die berg wil wees, weg van alles af”

15 Jaar is vroeg in 2018 ter viering van sy vol en suksesvolle loopbaan uitgereik en bestaa