AfriForum betoog by hofverrigtinge teen dubbele standaarde oor rasvoorvalle
0
03:37

AfriForum betoog by hofverrigtinge teen dubbele standaarde oor rasvoorvalle

Lede van die burgerregte-organisasie AfriForum het vanoggend buite die Pretoria-Noordse landdroshof teen die dubbele standaarde betoog waarmee rasvoorvalle in Suid-Afrika hanteer word. Dié dubbele standaarde behels volgens AfriForum dat wit-op-swart-aanvalle deurlopend aan die groot klok gehang word, terwyl swart-op-wit-aanvalle grootliks geïgnoreer word. Die betoging val saam met die verskyning van twee verdagtes wat Carel Kruger aan die begin van Augustus vanjaar in die Montana-omgewing gewelddadig met ’n baksteen aangeval het. Dié aanval het enkele dae ná die KFC-voorval – óók in die Montana-omgewing – plaasgevind.
Skole bekoor gehoor by tweede Monumentale Cantus-koorfees
0
02:52

Skole bekoor gehoor by tweede Monumentale Cantus-koorfees

Die burgerregte-organisasie AfriForum was vanjaar vir die tweede keer deel van die Monumentale Cantus-koorfees wat op 12 Augustus by die Voortrekkermonument gehou is. Dié inisiatief is moontlik gemaak deur Vashti Trichard en Vaughan van Zyl, albei gesoute koorleiers en-afrigters, ten bate van die behoud en voortbestaan van dié monument, wat ʼn belangrike deel van Afrikaners se erfenis uitmaak. Die koorfees sluit ook aan by die herdenking van Afrikaans as lees- en skryftaal, met die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) op 14 Augustus 1876.
Verashni Pillay-appèlverhoor: Uitspraak voorbehou
0
02:39

Verashni Pillay-appèlverhoor: Uitspraak voorbehou

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandeesweek sy argumente as ’n respondent aangevoer tydens die persombudsman se appèlverhoor in die saak teen Verashni Pillay, voormalige hoofredakteur van HuffPost South Africa. Dít volg na AfriForum HuffPost SA en Pillay aangekla het vir die publikasie en verdediging van dié artikel, getiteld “Could it be time to deny white men the franchise?”, waarin onder meer aangevoer word dat wit mans van hul stemreg vir 20 tot 30 jaar ontneem moet word om ten einde “wanbalanse” reg te stel.
Chris Chameleon 2009 Theater Tour: Day Seventeen
0
03:03

AfriForum loods veldtog teen afknouery in skole

Die burgerregte-organisasie AfriForum se veldtog teen boelies het vandeesweek afgeskop by Laerskool Roodekrans in Roodepoort, Gauteng. Dié projek dien as bewusmaking van afknouery in skole en sluit inligtingsessies met kinders, onderwysers sowel as ouers in. Dit is belangrik vir AfriForum, die AfriForum Navorsingsinstituut (ANI) en AfriForum Trauma om saam met kinders en ouers te werk om ʼn verskil te maak en afknouery in skole hok te slaan.
Manie Jackson – Liefde En Genade
0
03:52

AfriForum toets riooluitvloei in Kaapse See

Die voortslepende rioolkrisis in die Kaapse See het die burgerregte-organisasie AfriForum genoop om die gehalte van die riooluitvloei in die see te gaan toets. Die burgerregte-organisasie het in 2015 druk begin uitoefen en die gemeenskap gemobiliseer om betrokke te raak om die metrorade te dwing om die rioolprobleem op te los. In daardie stadium is 40 miljoen liter riool daagliks in die see gestort. Dit wil voorkom of die situasie ietwat verbeter het, maar dis steeds ’n reuse bedreiging vir mens en dier.
AfriForum internskap inspireer studente om verskil te maak
0
02:32

AfriForum internskap inspireer studente om verskil te maak

Die burgerregte-organisasie AfriForum het onlangs ʼn internskapprogram vir studente van verskeie AfriForum Jeugtakke aangebied. Dié program het 14 studente van verskillende universiteite die geleentheid gegee om aan die verskillende bedrywighede, veldtogte en aktiwiteite van dié burgerregte-organisasie blootgestel te word. Die program is vir die eerste keer in 2014 aangebied en tydens vanjaar se internskap het studente die geleentheid gehad om onder meer vullisterreinoudits te doen, erfenisgebiede te besoek, ʼn anti-Zuma monument op te rig en ʼn takstigting by te woon.
AfriForum, Solidariteit dien klagtes in teen rassekwotas
0
02:23

AfriForum, Solidariteit dien klagtes in teen rassekwotas

AfriForum en Solidariteit het vroeër dié week amptelike klagtes teen rassekwotas en politieke inmenging in Suid-Afrikaanse netbal by die Internasionale Netbalfederasie (INF) se hoofkantoor in Manchester, Engeland ingedien. Dié afvaardiging het ook met lede van die Europese Parlement (EP) in Brussel, België vergader waartydens politieke inmenging in Suid-Afrikaanse sport bespreek is.
AfriForum Jeug gedreig tydens oprig van anti-Zuma standbeeld
0
02:17

AfriForum Jeug gedreig tydens oprig van anti-Zuma standbeeld

AfriForum en die burgerregte-organisasie se jeugvleuel is gister gedreig tydens die oprig van hul anti-Zuma monument in Groot Marico in Noordwes. Die burgerregte-organisasie het ʼn banier en hok opgerig met 783 moere vir elke korrupsieklag teen pres. Jacob Zuma. Dié optrede kom nadat die provinsiale regering in Noordwes onlangs met bouwerk aan ’n monument vir Zuma begin het wat sowat R1,7 miljoen gaan kos. Verteenwoordigers van AfriForum en AfriForum Jeug is kort nadat hulle die simboliese monument aanmekaar gesit het deur omstanders gedreig dat hulle aangerand en hul toerusting gebreek sal word. Die plakkate en banier is daarna verbrand.
AfriForum belig inmenging in sport internasionaal
0
02:33

AfriForum belig inmenging in sport internasionaal

AfriForum het pas klagtes teen sportkwotas en politieke inmenging in sport by Wêreldrugby in Dublin, Ierland, en die Internasionale Netbalfederasie in Manchester, Brittanje, ingedien. Die afvaardiging onder leiding van Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, vergader ook met van die liggame se besture om die kwessie internasionaal te belig. ’n Verslag getiteld: Transformasie in SA Sport: Telbord nie in regering se guns, wys op die vergrype in Suid-Afrika waar sportlui op grond van kwotas en nie meriete nie in spanne ingesluit word.
Manie Jackson – Liefde En Genade
0
03:57

Afrikaanse studente debatteer óók nou op hul voete – Forum Nuus

Die Universiteit van Pretoria se Afrikaanse debatspanne het die afgelope naweek geseëvier tydens vanjaar se Dink of Sink-universiteitsdebatkompetisie wat in samewerking met AfriForum, die FAK en die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns by die Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria aangebied is. Sowat 12 debatspanne van agt tersiêre instellings het vanjaar deelgeneem. Dit is die eerste keer dat Dink of Sink of universiteitsvlak aangebied is en ʼn bewys van die enorme behoefte wat daar bestaan om Afrikaanssprekendes toe te rus om in Afrikaans in debat te kan tree.
Manie Jackson – Liefde En Genade
0
03:37

AfriForum reik uit na Nkandla-gemeenskap – Forum Nuus

AfriForum was verlede week in die distrik van Nkandla, tuiste van president Jacob Zuma, om te kyk hoe die gemeenskap gehelp kan word om vir meer as 400 kinders toegang tot ʼn hoërskool te kry. Dít volg nadat Inkosi Z.D. Mpungose, hoof van die tradisionele stam in die gebied, die burgerregte-organisasie in Februarie om hulp genader het om druk op die regering te plaas om die hoërskool te bou wat vroeër aan hulle belowe is. Volgens Carien Bloem, AfriForum se projekkoördineerder vir onderwys, is dit onaanvaarbaar dat honderde kinders nie toegang tot ʼn skool het nie, terwyl Zuma in ʼn woning van R250 miljoen woon. “Ons kan nie ʼn skool hier bou nie, maar ons het met ouers en lede van die gemeenskap vergader om te kyk hoe verdere druk op die LUR geplaas kan word sodat die beloofde skool gebou word.” Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het vroeër gesê hoewel sekere mense meen die versoek uit ʼn swart gemeenskap is vreemd, is dit alles behalwe die geval omdat AfriForum onbeskaamd en openlik vir die regte van Afrikaners, Afrikaanssprekende en minderhede veg.
AfriForum belig inmenging in sport internasionaal
0
02:15

R100 000 se slaggate by HS Waterkloof herstel – Forum Nuus

AfriForum se plaaslike tak in Pretoria-Oos het vandag ’n selfdoenaksie van stapel gestuur waartydens slaggate in en om Hoërskool Waterkloof herstel is. Dié projek beloop sowat R100 000. Die gemeenskap het die burgerregte-organisasie genader om dié munisipale diensleweringskwessie aan te pak. Marcus Pawson, hoof van plaaslike regering by AfriForum, het gesê die Tshwane Metroraad sal ook genader word om probleme rondom dienslewering te bespreek. “Die herstel van slaggate is vir ons ’n prioriteit en daarom wil ons ander gemeenskappe of skole wat soortgelyke probleme ervaar, aanmoedig om hul plaaslike AfriForum-tak te kontak.” Die skool het ook by monde van Daan Potgieter, skoolhoof, hul dank uitgespreek vir AfriForum se ingryping.
Skoliere spel speel-speel in Bloemfontein
0
02:19

Skoliere spel speel-speel in Bloemfontein

Laerskoolleerlinge se uitmuntende spelvernuf het volwassenes se monde laat oophang tydens vanjaar se Spel-en-Speel kompetisie in Bloemfontein. Dié spelkompetisie word sedert 2014 deur die burgerregte-organisasie AfriForum, in samewerking met Volksblad en die Onafhanklike Skool Eduplus, vir beide moedertaal en-eerste addisioneletaalsprekers aangebied.
AfriForum lê ‘n strafregtelike klagte van bedrog teen die Tshwane Metroraad
0
01:21

AfriForum lê ‘n strafregtelike klagte van bedrog teen die Tshwane Metroraad

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag ’n strafregtelike klagte van bedrog teen die Tshwane Metroraad by die Lyttelton-polisiestasie in Centurion ingedien. Dit spruit onder meer uit verskeie ondersoeke wat AfriForum geloods het, asook dokumente wat aan dié organisasie oorhandig is. Die bedrog het glo in 2014/2015 plaasgevind toe dié munisipaliteit onder ANC-administrasie was. Die klag sluit bewyse in dat bedrog van sowat R750 000 moontlik plaasgevind het, asook bewyse van die uitbetaling van onreëlmatige fakture.
Hof beslis Malema en EFF mag nie grondgrype aanhits
0
02:02

Hof beslis Malema en EFF mag nie grondgrype aanhits

’n Interdik is vanoggend in die Pretoriase hooggeregshof teen Julius Malema, omstrede leier van die EFF, en dié party toegestaan nadat AfriForum en AfriSake die hof genader het om Malema en die EFF te verbied om onwettige grondgrype aan te hits. Die burgerregte- en sakeregtewaghond het die aansoek in November verlede jaar ingedien nadat Malema met sy uitlatings voortgegaan het en verder gedreig het dat die EFF op 6 April grond landwyd gaan beset. Malema het by verskeie geleenthede ’n beroep op sy ondersteuners gedoen om grond onwettig te beset. By een geleentheid is mense opdrag gegee om veral grond te beset wat naby is aan waar hulle woon. Malema het ook gesê dat die EFF die regskoste sou betaal indien onwettige besetters vervolg of gearresteer sou word.
Forum Nuus: Meer as 200 bale voer vir boere in die Vrystaat geskenk – Droogte Hulp
0
02:20

Forum Nuus: Meer as 200 bale voer vir boere in die Vrystaat geskenk – Droogte Hulp

Volgens Henk Maree, nasionale veldtogkoördineerder van AfriForum, is droogtehulp vanjaar steeds belangrik omdat talle boere nog die gevolge van die afgelope paar jaar se droogte ervaar, ondanks die welkome reëns die afgelope maande. Die publiek kan betrokke raak by die veldtog deur hul naam na 38312 te SMS om R10 tot AfriForum se droogtefonds by te dra.