Donderdag 7 Julie
SAUK Radio Nuus berig vir Donderdag, 7 Julie 2016. Ons Neem Ons Erfenis Terug. Stuur nuus aan nuus@ t.v.co.za
RAAK BETROKKE: Het U iets om te sê? Ons nooi graag omroepers en mense om betrokke te raak, selfs anoniem. Die platform is daar vir ons volk om te gebruik en is nie vir ons eie wins of roem nieWil U op ons Nuus berigte of programme adverteer of borg? Ons sal die radio en webwerf advertensies vir U maak. Kontak ons by [email protected]
Goeie more en hartlik welkom by SAUK Radio
My naam is Gottie Myburgh met die nuus in Afrikaans verkry van verskillende nuus skakels op die internet
NUUS
1)Die Reserwebank het gewaarsku dat Suid-Afrika nie die risiko van die afgraderings van die land se kredietwaardigheid later vanjaar moet onderskat indien die wankelende ekonomie nie verbeter nie. Pretoria het afgraderings vroeër vanjaar vrygespring wat aan beleidsmakers tyd gegee het om die ekonomie te versterk voor die volgende ronde hersienings in Desember. Die adjunkpresident van die Bank, Daniel Mnimele, sê die jongste graderings het met ‘n duidelike boodskap gekom dat nog verbeterings vereis word. Die Reserwebank verwag dat die ekonomie vanjaar met nul-komma-ses persent sal groei.
2)Regter Thokozile Masipa se vonnis van ses jaar vir Oscar Pistorius op ‘n aanklag van moord het tot ‘n stroom boodskappe op sosiale media gelei, meestal oor die ligte vonnis. Vier onderwerpe wat verband hou met die vonnis is onder die Top Tien van Suid-Afrika se Twittervoer. Masipa het beslis dat Pistorius berou getoon het en dat ‘n mediumtermynvonnis paslik is. Die voomalige Paralimpiese atleet het Reeva Steenkamp in 2013 doodgeskiet. Die meeste reaksie op die vonnis was negatief.
3)’n Regskenner, Llewellyn Curlewis, sê die Staat kan dit oorweeg om teen Masipa se uitspraak te appelleer. Curlewis sê die wet op minimumvonnisse vereis van haar om ‘n vonnis van 15 tot 20 jaar op te lê vir ‘n eerste oortreder, en sy het tot so ‘n mate van daardie voorskrif deur die wetgewer afgewyk, met bykans nege jaar. Volgens hom is dit genoegsame rede vir die staatsaanklaer, Gerrie Nel, om dit ernstig te oorweeg om binne die volgende 14 dae aansoek te doen om verlof tot appèl.
4) Die Suid-Afrikaanse Kommuniste Party het ‘n verklaring deur die ANC waarin die party homself van die SAUK se omstrede redaksionele besluite distansieer, verwelkom. Die SAKP se tweede adjunk-sekretaris-generaal, Solly Mapaila het tydens ‘n protesoptrede voor die SAUK se hoofkantoor in Aucklandpark gepraat. Die ANC het vroeër gesê die SAUK verkeer in ‘n krisis en dat die minister van kommunikasie Faith Muthambi die veranderinge aan die redaksionele beleid sal moet verduidelik.
5) Ceres in die Wes-Kaap is omskep in ‘n wonderwêreld met sneeu wat in die hoogliggende Matroosberge voorkom. Ten spyte van die ysige weer het plaaslike en internasionale toeriste op die gebied toegesak om die vier-by-vier roetes en die natuurskoon te geniet. Die Matroosberg-natuurreservaat waar die meeste sneeu geval het, sê dit hou ekonomiese voordele vir die gemeenskap in.
6) Agri Wes-Kaap sê ten spyte van die goeie reëns en sneeu in dele van die provinsie, is die ergste droogte in sewentig jaar nog nie gebreek nie. Dit is veral veeboere in die Weskus-gebiede wat sukkel. Redelik min reën het in die streek geval en die weiding het nog nie herstel nie. Veevoer is baie duur en van die boere moes al hul kuddes verminder. ‘n Agri-woordvoerder, Carl Opperman sê die sneen en reën wat nou uitsak het, belowend lyk.
7) Die voormalige Britse eerste minister, Tony Blair, het sy destydse besluit verdedig om in 2003 saam met Amerika te werk in die inval in Irak, en gesê die besluit om tot militêre optrede oor te gaan, is in goeie trou geneem. Die voorsitter van die Britse ondersoek na die oorlog, John Chilcot, het vroeër ‘n verdoemende uitspraak oor Brittanje se rol in die inval gelewer.Blair sê hy was van mening dat ‘n militêre opsie in die beste belang van die land was. Hy sê die verslag behoort bewerings van leuens en bedrog stop te sit. Hy sê dit het aan die lig gekom dat intelligensie-evaluerings verkeerd was.
Dit is die einde van ons amptelike nuus berig verkry op verskillende skakels op die internet
Die Temperature vir vandag vir die Hoof-sentra in die land soos deur die SA Weer buro
Warmbad – Bewolk en warm – met ‘n min 26 max van 35
Nelspruit – Gedeeltelik Bewolk met ‘n min van 2 en ‘n max van 19
Pretoria – Mooi weer met ‘n min van 7 en max van 20
Johannesburg – Mooi weer met ‘n min 6 en max van 18
Vereeniging – Mooi weer met ‘n min 4 en max van 21
Bloemfontein – Mooi weer – met min 1 ‘n max van 14
Durban – Gedeeltelik bewolk met ‘n min van 8 en max van 19
Rustenburg – Mooi weer met ‘n min 6 en max van 21
Oos London – Mooi weer met ‘n min 16 en max van 20
Kaapstad –Mooi weer min van 8 en max van 17
Upington – Mooi weer met ‘n min van 5 en max van 17
Sutherland –Mooi weer met Minus 7 en max 6
PE – Gedeeltelik Bewolk met ‘n min 11 en max van 19
Dit is die einde van vandag se nuus – en weer berig
Indien jy ‘n program wil aanbied op SAUK Radio of jou besigheid wil adverteer kontak ons gerus.
ons epos adres [email protected]
Maak ook gerus gebruik van ons webwerf vir Volkseie besighede www.V.co.za plaas jou advertensie gratis daar
Skakel gerus in vir ons Uitsendings
KRAG VIR DIE DIE DAG
- Jesaja 35:3-4 – “Versterk die slap hande en maak die struikelende
knieë vas. Sê aan die wat vervaard is van hart: Wees sterk, wees nie bevrees nie! Kyk, julle God kom met wraak, met goddelike vergelding; Hy self sal kom en julle verlos.”
Hebreërs 12:12 – “Daarom, rig die slap hande en die verlamde knieë weer op;”
Cathy Viljoen se “Kenner Van Harte”
Huidiglik:
Heerlike musiek 24/7
7vm weeksdae – Nuus- en weer berig met Gottie Myburgh
1nm elke weeksdag – Kinderprogramme & Bak en Proe met Corrie
3nm weeksdae – Dit wat saak maak met Mariska Delene – binnekort weer terug op die lug
7nm Maandag aande – Werk soek met Pieter van Zyl
8nm Maandag aande – Bosoorlog met Corrie
9nm Maandag aande – Ons Lewende Erfenis met Pieter van Zyl
9nm Dinsdag aande – Internasionale Top 20 met Pieter van Zyl
8nm Woensdag aande – Aktueel met Corrie
7nm Donderdag aande – Hoezit ‘n Lekker versoek program met Pieter van Zyl
7nm Vrydag aande – Pot Soek ‘n Deksel met Corrie
8nm Vrydag aande – Musiek Mandjie met DJ Uiltjie
Saterdagmiddag Sport program en musiek met Gottie Myburgh en na die sport program n lekker Boeremusiek aand ook met Gottie Myburgh.
7nm Sondag aande – Kontroversiële gesprek program oor die Boervolk met Theunis Cloete, Jan Diedriks en Willem de Ou man van Boervolk Radio
- Wil U ‘n omroeper by SAUK Radio wees?
- Het U ‘n program wat jy wil aanbied en paar ekstra rande verdien?
- Wil jy plaaslike nuus vir jou gemeenskap aanbied op ‘n voorafbepaalde tydstip?
- Wil jy opnames maak oor sake van belang vir die Volk?
Help ons om ons erfenis terug te neem!
Kontak ons by [email protected]
Dit is nou sommer maklik om ook na SAUK Nuus radio te luister direk vanaf ons Faceboek blad of met Tunein – Tunein werk openige selfoon, tablet, android, rekenaar, skootrekenaar mits jy internet opvangs het enige plek enige tyd wêreldwyd laai die tunein applikasie af op jou selfoon en soek vir SAUK Radio
