Video235 Videos

image-.jpg
0

Die sanger Piet Botha is oud maar nog glad nie koud in die musiekbedryf nie

Piet Botha (18 Julie 1955) is ‘n Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. Hy is die seun van Pik Botha, een van die wêreld se langsdienende ministers van buitelandse sake.

In 1984 begin hy die musiekgroep Jack Hammer. Botha is in 1985 na die VSA om daar te gaan werk, maar keer in 1986 na Suid-Afrika terug. Sy eerste Afrikaanse album, ’n Suitcase vol winter, is in 1997 bekendgestel. Van sy bekendste liedjies sluit in Blues vir Louise, ’n Suitcase vol winter en Vandat jy weg is. Hy ontvang ’n Sama-prys vir sy bydrae tot Suid-Afrikaanse musiek (2006). In 2002 is hy by die SA Rock Hall of Fame ingelyf en in 2006 is hy deur die FAK vir sy bydrae tot Afrikaans vereer.[1]

In 2011 verskyn Botha in ‘n televisie-program op die Afrikaanse TV-kanaal kykNET, genaamd “Wie Lê Waar”, waarin Botha die grafte van bekende Afrikaanse ikone besoek en hulle biografieë vertel. Die reeks lei dan ook dan indirek na die opneem en uitreik van Piet Bo

image-.jpg
0

Melindi Charle is very quiet these days, but here are a few things you need to know about her

Melindi Charle – South Africas Marilyn Monroe. Born in Durban, Melindi began her career in entertainment back at the tender age of 5. Singing and acting were her first calls to the world of entertainment.

After years singing and acting, acquiring numerous certificates in dance, theater and singing she got her big break with her debut E.P. “Ydelmens” back in 1999.

It was apparent from “Ydelmens” release that South Africa had a gem in Melindi. A sultry, sexy, versatile afrikaans pop, rock, folk, easy listening style singer with her blonde curls and superior voice that the limelight would call her soon.

In 2000 came “Fire In The Dark” and so the spark in the dark was lit and the star that is Melindi Charle began to shine

image-.jpg
0

Treffende nuwe snit uit deur Hugo Nieuwoudt

“Net soos die sneeu weer op die berge sal lê, is my verwagting dat jy my sal sê; sien ons weer môre, sien ons dan weer, en dit is al wat ek vandag in hierdie hart begeer…” weergalm die treffende refrein van Hugo Nieuwoudt se nuwe enkelsnit, Net Soos Die Sneeu, wat pas vrygestel is.

“Net Soos Die Sneeu handel oor ’n man wat steeds vasklou aan die belofte, wat sy Pa aan hom as seuntjie gemaak het; dat hy sal terugkeer na die oorlog. ’n Klein seuntjie, wie se pa op die dag van sy vertrek na die oorlog, voor hom in die sneeu kniel, en met trane in sy oë’n pinky promise aan hom maak dat hy sal terugkeer na die oorlog, wat dan nooit gebeur nie,” vertel Hugo oor dié Afrikaanse pop/kontemporêre snit uit die pen van Werner Beukes.

Hugo hoop dat die publiek die snit goed sal ontvang, aangesien die publiek vra vir goeie lirieke en melodie lyne, iets wat Net Soos Die Sneeu beslis bied. Hugo brei uit: “Dis nuut, vars, ritmies en ’n vreesli

image-.jpg
0

Die sanger Burgerd Botha reik debuut solo-album én enkelsnit uit

Burgerd Botha het beslis geen bekendstelling nodig nie. Hierdie talentvolle kunstenaar, met sy sielvolle stem, was nie net vir sewe jaar betrokke by die bekroonde groep Romanz nie, maar tree ook gereeld op by van die land se grootste feeste en konserte. Sy langverwagte debuut solo-album is pas vrygestel en beloof om aanhangers se asems weg te slaan.

Hartlagsiel is ’n pragtige kombinasie van ligte akoestiese popmusiek, hartroerende ballades en interessante elektroniese klanke, wat luisteraars sal uitnooi om saam te sing en diep te dink oor die lewe en die liefde.

“My CD is een wat ’n mens aanspoor om die lewe elke dag opnuut aan te pak, ongeag vir die feit dat dit soms moeilik is en alles nie altyd volgens plan verloop nie. Die Here verwag van jou om Hom te bly vertrou, aan te hou en die wenstreep in die oog te hou,” verduidelik die sanger.

“Ek wou graag die album so saamstel dat elke lied as ’n enkelsnit op sy eie staan en uitgegee k

image-.jpg
0

Johan Anker van The Voice SA het ‘n debuutalbum

Johan Anker van The Voice SA-faam het sy aanhangers se asems behoorlik weg geslaan met sy lang verwagte debuutalbum, Hoop & Bid, wat uiteindelik verlede maand vrygestel is. Hierdie uitreiking is voorafgegaan deur sy vertolking van Leonard Cohen se bekende treffer, Hallelujah, tydens sy heel eerste oudisie op The Voice SA 2016 wat reeds deur meer as 285 000 mense op YouTube gekyk is.

Dié opwindende nuweling wat reeds vanaf 9-jarige ouderdom sing, was nie net ’n lid van die Drakensbergse Seunskoor nie, maar is ook ’n begaafde akteur wat al in verskeie verhoogproduksies te sien was.

Hoop & Bid verteenwoordig ’n weldeurdagte kombinasie van ligte, klassieke en geestelike musiek om ’n deurlopende inspirerende boodskap van hoop aan sy luisteraars te bied. Dié mengsel van roerende lirieke sowel as ritmiese melodieë beloof om nie net in luisteraars se gedagtes vas te steek nie, maar om hulle ook te laat nadink en om vir hul nuwe hoop te gee.

image-.jpg
0

Kom ons kyk na ‘n goue oue:- Zirk Bergh

Zirk Bergh was ‘n Afrikaanse sanger en kitaarspeler vir wyle Worsie Visser. Hy was bekend vir liedjies soos Ek hou nie van werk nie, Wie’t Al Daai Blomme Geplant en Dis soos dit is by die Weskus.

Hy is op 14 Desember 2013 oorlede nadat hy homself en 3 ander geskiet het.

Diskografie
Die Beste Uit Die Weste…, 2008 CDR/BOWLINE
Zirk Bergh KKNK 2007 DVD, 2008 BOWLINE
Hoe Lank Gaan Velddrif Nog Visvang?, 2007 CDR/BOWLINE
My “bezirkste” treffers, 2004 FANTASIA
My Eie Plaas, 2003 FANTASIA
Teer Strate Vol Gate, 2002 FANTASIA
Ons Ouma Se Pot, 2001 TRIO
Dis Die Weskus, 1999 TRIO
Die Eensame Krokodil, 1997 TRIO

Loer hier onder na een van sy musiekvideo’s:- Zirk Bergh – Wie’t daai blomme geplant in Namakwaland en dan kyk ook na Ysterwiel Krywa

image-.jpg
0

Hanco, ‘n negentienjarige sing oor ‘eie lewenservarings’

Die 19-jarige sanger en liedjieskrywer van Tzaneen, Hanco, het onlangs ’n platekontrak by die gewilde platemaatskappy David Gresham geteken.

Boonop spog hy nou ook met sy debuutenkelsnit Ek en Jy, wat hy self gepen het. Die liedjie, wat deur Ziggy vervaardig is, gaan oor die oomblik wanneer jy jou beter helfte vas hou en veilig laat voel.

“Dit is vir my ’n groot voorreg om my enkelsnit, Ek en Jy vry te stel. Ek hou daarvan om oor my eie lewenservarings te skryf en dit is hoekom Ek en Jy vir my so belangrik en spesiaal is,” vertel Hanco.

Hanco woon tans in Pretoria en sy eerste kennismaking met die verhoog was op die ouderdom van nege. Die hande klap van die gehoor is ’n herinnering wat hom vir altyd sal bybly.

Vir die afgelope vier jaar het hy

image-.jpg
0

‘N brokkie inligting oor Chris Coetzer een van die Drie Tenore

Chris Coetzer is sinoniem met Suid-Afrika se Drie Tenore. Coetzer sing reeds van kindsbeen af as solis.

Hy is bekend vir sy geestelike sang sowel as “Golden Oldies” wat mense se hartsnare roer. Hy het ook al op televisieprogramme soos Noot vir Noot, Pasella en Binnelanders verskyn.

Coetzer het reeds vele albums die lig laat sien. In Junie is sy CD, Tydloos 2, in die Staatsteater in Pretoria bekend gestel en met ope arms ontvang.

Coetzer se Kerssang-DVD-en-CD-kombinasie beeld ons Verlosser Jesus Christus se geboorte as ’n waardering van die Skepping uit, en van liefde en lewe wat gratis aan ons gegee is.

Sy klassieke aanslag bied gehore die geleentheid om die siel te voed met musiek en lirieke wat weer sin

image-.jpg
0

Kom ons kyk sobietjie na Ray Dylan se indrukwekkende Bio

Ray Dylan (Jacobus Frederik Jersich, gebore 15 Augustus 1978 in Odendaalsrus) is ‘n bekende Afrikaanse sanger. Van sy treffers sluit in Hokaai Stoppie Lorrie, Jessica, Breek die Ys en Asemloos.

In 2010 ontvang hy ‘n SAMA-toekenning in die kategorie beste country-album (Afrikaans) vir Goeie Ou Country.

JAKES, soos sy beste vriende hom noem, of Jaco vir sy familie en geliefdes, is in standerd agt uit die skool geskors omdat sy musiekloopbaan vir hom belangriker as skoolwerk was.

Sedert 2002 ken Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers hom as die vaardige sanger RAY DYLAN.

Sedert sy albumdebuut met die CD New Kid In Town het dinge vir hom gebeur: onder meer die duettreffer It’s Your Love – saam met Karen Zoid.

Die afgelope jare het Select-Musiek sy talent en veelsydigheid op talle saamgestelde albums benut. Die musikale wiele het begin rol en nou’s dit tyd om te sê: Hokaai, Stoppie Lorrie!

Dit was die eerste treffer

image-.jpg
0

Marcato se tweede album, “Vrede vir almal” is hier

Marcato se tweede album, Vrede vir almal… wat onlangs bekend gestel is, beloof om hulle aanhangers met ’n splinternuwe klank en introspektiewe lirieke sowel as ’n stewige dosis sosiale kommentaar te verras. ’n Uiteenlopende verskeidenheid van temas soos identiteit, vriendskap, verhoudings, geldgierigheid, misdaad, oorlog, droogte en besoedeling word op dié album aangespreek deur ’n alomteenwoordige derdepersoonsverteller wat op al tien die snitte aan die woord is. Dit volg na die sukses wat Marcato aanvanklik as ’n drieledige groep oor die afgelope tien jaar reeds met hul debuutalbum, When his whistle blows bereik het.

Die titelsnit, Vrede vir almal… beklemtoon dat mense ten spyte van al die lewe se uitdagings slegs vrede sal kan vind deur hoop uit die verlede vir die hede sowel as die toekoms te put.

Die eerste enkelsnit vanaf dié album, Silhoeëtte beskryf algehele verlatenheid waartydens mense met die foute van hul verlede gekonfront

image-.jpg
0

Ghoema Nuus:- ‘n gekroonde groep se nuwe musiekvideo laat die voete jeuk

“Vlugvoetig se musiekvideo is een groot Kaleidoskopiese partytjie van kleur, ritme en genotvolle danspassies – in ’n egte Swing-dansstyl uit die vyftigs! Die liefdesverhaal wat afspeel, is een van hoop vir die sogenaamde bleeksiele wat duidelik met hulle unieke danspassies óók ’n meisie se hart kan verower!

As jy nie luskry om te dans saam met hierdie jolige spulletjie nie, moet jy dalk die volumeknoppie net nóg ’n bietjie opdraai,” sê Kaleidoskoop se Anique Jordaan oor die video van hulle nuutste enkelsnit wat pas op kykNET Top 20 bekendgestel is en almal aan die praat het.

Dit is die duo, wat bestaan uit Jouba en Anique Jordaan, se derde enkelsnitvrystelling vanaf hulle album, Gunsteling Seisoen, wat in 2018 ’n Ghoema-toekenning gewen het vir Beste Album deur ’n Groep/Duo.

Hierdie opgewekte liedjie, met ’n voetjeuklekker Folk-Swing-styl, gaan oor ’n meisie wat onwillekeurig in ’n man se kop kom ronddans, is deur Joub

image-.jpg
0

Top 20 vir die week: 18 Junie 2018

Aan al die Vaders wat ons berigte volg hoop julle het ‘n wonderlike dag gehad en dat julle sommer lekker bedref was. Jay behou sy eerste posisie hierdie week met sy liedjie “Lê ‘n bietjie langer”. Elandré spring ook op na die 3de posisie met sy treffer “Honderd duisend maal”. Ons het ook ‘n nuweling […]
image-.jpg
0

Nuwe musiekvideo vry gestel deur André Schwartz:- ‘Tweede Kans’

Die musiekvideo van André Schwartz se nuwe enkelsnit, Tweede Kans, is pas uitgereik en is besig om soos ’n veldbrand versprei.

“Ons het die video by Atlantic Studios (waar kykNET-programme, soos Suidooster en Tussen Ons, ook opgeneem word) in Kaapstad verfilm. Homebrew Films het dié projek vervaardig en beeldmateriaal van André se grootste hoogtepunte is uit die argiewe versamel en ingesluit in die eindprojek,” verklap Leo Smit, die uitvoerende vervaardiger van die sanger se nuutste album. “Die video self, het tien ure geneem om te verfilm en die opname is die dag nadat André klaar gemaak het met die Kaapse speelvlak van The Sound of Music.”

Die konsep agter hierdie meesterstuk was ’n spanpoging deur Leo en André en die inspirasie daarvoor het gekom toe hulle na ou foto’s gekyk het wat dié musieklegende onlangs opgespoor het uit sy jonger dae. Die idee daaragter, is om te reflekteer en te projekteer en half nostalgies terug te kyk n

image-.jpg
0

Gehoor van Carlo, leer hom ken, hier is ‘n kort Bio van hom

Carlo (Volle naam Carlo de Goede) is ‘n Suid-Afrikaanse musikant. Hy het sy sangloopbaan op ouderdom 12 begin en het mettertyd menige diplomas en trofeë gewerf. Terwyl hy nog op skool was, is hy gekies om die hoofrol in ‘n musiekblyspel van die bekende “Grease” te speel in Johannesburg.

In 2001 is hy gekies om Suid-Afrika te verteenwoordig in Amerika as ‘n kunstenaar vir Mother City Records (gestig deur Mr Eddie Singleton, eienaar van Mo-Town Records VSA). Carlo was ook die hoofsanger van die groep “Amy Blue” wat heel dikwels by La Med, Kampsbaai opgetree het. In sy kort tydjie by “Blue Productions” het hy die verhoog in ‘n verskeidenheids-konsert met die bekende Sonja Herholdt gedeel by die High Street Teater.

H

image-.jpg
0

Joe Foster gesels meer oor sy nuwe album

Drie jaar nadat die sanger en liedjieskrywer, Joe Foster, sy Ghoema-bekroonde album Hartklank vrygestel het, doen hy dit weer.

Hy vat as’t ware die ‘volgende stap’ met hierdie nuwe album. Alhoewel hy gedurende die twee albums reeds talle liedjies en projekte aangepak het, het hy gevoel dat die tyd nou reg is vir ’n volgende album.

Twee van die dertien liedjies op die album is reeds vrygestel en goed ontvang deur die publiek. Vrede Maak en Look Away, Joe se eerste Engelse snit, het sedert die uitreiking daarvan gereeld op treffersparades gekuier. Hierdie twee snitte is ’n lusmaker van wat aanhangers van die nuwe album kan verwag, wat vroeg in Augustus vrygestel word.

Aanhangers kan ook solank gereed maak vir Joe se volgende enke

subway-1447365
0

South Africa The MOST Dangerous Tourist Country in The World For Solo Women Travelers, By Far!

A study of the world’s most dangerous tourist countries for women traveling alone reveals the good, the bad, the ugly and then all three in one at the top of the list, or rather bottom: South Africa, which stands out head and shoulders above countries like Brazil, Mexico, Iran, Morocco, etc. as the most dangerous tourist destination for solo women travelers. The "good" in South Africa's "Good, Bad and Ugly, is it's attitude towards women from a religious perspective, whereas all the Muslim countries, predictably, take top honours here... but shhh, don't tell the liberal mainstream media, we would not want hard facts to get in the way of their fake news...
SAUK TV: Vetkoekpaleis Seisoen 2 Episode 9  – ‘n Nuwe vennoot
0
26:01

SAUK TV: Vetkoekpaleis Seisoen 2 Episode 9 – ‘n Nuwe vennoot

Boeboe se vriend, Pelvic, kraak sy pelvis en Sherridon se niggie moet in die Vetkoekpaleis kom help. Mnr. Louw, die skoolhoof, bied Frik 'n goeie bedrag aan vir 'n vennootsjkap in die Vetkoekpaleis. Die personeel kom egter nie oor die weg met die nuwe vennoot nie en dit lei tot 'n vuisgeveg in die Vetkoekpaleis.