SA-nuus616 Videos

’n Blik op Mike Bolhuis
0
01:40

’n Blik op Mike Bolhuis

Maroela Media het die private speurder Mike Bolhuis gevra wat die boodskap is wat hy hoop mense neem uit die nuwe televisiereeks Bolhuis wat handel oor die sake wat hy en sy span speurders ondersoek. Die reeks vertoon tans op kykNET-kanaal 144 op Woensdagaande om 20:00. Kyk die video om te hoor wat hy hierop antwoord. * Hierdie verslag is saamgestel deur Esté Meyer Jansen. * Videoredigeering deur Marius Vermaak. * Besoek Maroela Media vir meer oor hierdie storie: https://maroelamedia.co.za/vermaak/televisie/n-blik-op-mike-bolhuis/
Slimkoppe spog met besonderse Lego-robotte
0
02:14

Slimkoppe spog met besonderse Lego-robotte

Suid-Afrika het beslis nie ʼn tekort aan jong slimkoppe wat in robotika belangstel nie – dit is nou as ʼn mens moet oordeel aan die 72 spanne wat aan vanjaar se Wêreld Robotika Olimpiade (WRO) tydens die Oktober-skoolvakansie deelgeneem het. Die spanne het dit op 29 September by die Thinus Bester-saal van die Tshwane-Universiteit vir Tegnologie uitgespook om met die titel weg te stap as die land se beste robotbouers en -programmeerders. * Hierdie verslag is saamgestel deur Esté Meyer Jansen. * Videoredigeering deur Marius Vermaak. * Besoek Maroela Media vir meer oor hierdie storie: http://spens.co.za/kCx
Drama in hof waar pastoor verskyn
0
01:37

Drama in hof waar pastoor verskyn

ʼn Onbekende vrou het Dinsdag vir drama in die hooggeregshof in Port Elizabeth gesorg toe polisiebeamptes haar fisiek uit die hofgebou moes dra waar ʼn Nigeriese pastoor op aanklagte van mensehandel verskyn het. Foto: ANA
Buurtwaglid gee eerste treë ná skietvoorval
0
00:17

Buurtwaglid gee eerste treë ná skietvoorval

’n AfriForum-buurtwaglid van Pretoria het ’n maand nadat hy vermoedelik met ’n AK47 in die rug geskiet is, sy eerste treë in die hospitaal gegee. Video: Verskaf
Simon Talking about Suidlanders Activity
0
02:02

Hond net betyds gered voor trok hom sleep

ʼn Oplettende wetstoepassingsbeampte van die Yavapai-distrik in Arizona in die VSA het ʼn hond se lewe gered oomblikke voordat hy agter ʼn vragmotor gesleep sou word. Die voorval het op 8 September 2018 buite ʼn Shell-vulstasie langs ʼn snelweg in Ash Fork gebeur. Video: Yavapai County Sheriff's Office
Forum Nuus: Rooimiere verwyder betreders van Maserumule-plaas
0
01:11

Forum Nuus: Rooimiere verwyder betreders van Maserumule-plaas

Die betreders wat onlangs dr. Motodi Maserumule, ʼn uitvoerende direkteur van die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR) se grond in die noorde van Pretoria beset en probeer verkoop het, asook alle strukture wat deur hulle opgerig is, is vanoggend deur die balju vanaf Maserumule se grond verwyder met bystand deur die Rooimiere en die SAPD.
Forum Nuus: Belê in dié koshuis, belê in mense en belê in hoop!
0
02:27

Forum Nuus: Belê in dié koshuis, belê in mense en belê in hoop!

Die Anker van De Goede Hoop is vandeesweek tydens ’n spog geleentheid bekendgestel en het ten doel om geleenthede te skep om die koshuis te ontwikkel en uit te brei en hoop te gee aan studente wat andersins nie die geleentheid sou hê om verder te studeer nie. Word vandag 'n Anker van De Goede Hoop by www.degoedehoop.co.za
Sabotasie dalk rede vir substasie-brand
0
00:57

Sabotasie dalk rede vir substasie-brand

ʼn Video het aan die lig gekom wat toon dat die oorsaak van die reusebrand by die Eikenhof-substasie, wat talle Johannesburgse woonbuurte sonder elektrisiteit én watertoevoer gelaat het, moontlik die gevolg van opsetlike sabotasie was. (Video: Verskaf)
Speaker in Baai sy pos kwyt
0
00:34

Speaker in Baai sy pos kwyt

Raadslede reageer nadat die speaker van die Nelson Mandelabaai-metro, Jonathan Lawack, Maandagoggend tydens ʼn raadsvergadering uit sy amp verwyder is (27 Augustus 2018). Video: ANA
Bela-Bela-baken brand af
0
00:28

Bela-Bela-baken brand af

ʼn Gewilde baken in Bela-Bela, die Limpopo-vakansiedorpie, het Vrydagnag tot op die grond afgebrand. Na wat verneem word, het die brand omstreeks 21:30 by die Rodeos-restaurant en kuierplek van die Bela-Bela Waterfront ontstaan, waarna dit vinnig na die omliggende hout en grasdak strukture versprei het.
Mense op dak vasgekeer toe brand uitbreek
0
00:33

Mense op dak vasgekeer toe brand uitbreek

Brandbestryders moes Donderdag (16 Augustus 2018) na ʼn toneel in Rissikstraat in Johannesburg haas nadat ʼn brand by ʼn gebou uitgebreek en talle mense op die dak vasgekeer is.
Man verskyn ná moord op 5-jarige
0
00:43

Man verskyn ná moord op 5-jarige

Betogers het Donderdag (26 Julie 2018) buite die landdroshof in Khayelitsha in Kaapstad saamgedrom waar ʼn man verskyn het vir die verkragting en moord op ʼn vyfjarige dogtertjie van dié woongebied. Foto: ANA