SA-nuus616 Videos

Forum Nuus: Gerrie Nel in hof teen Ford
0
02:48

Forum Nuus: Gerrie Nel in hof teen Ford

Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, het vandag namens die Jimmy-gesin in die Wes-Kaapse hoë hof verskyn in die geregtelike ondersoek na die dood van Reshall Jimmy. Jimmy het in Desember 2015 doodgebrand toe die Ford Kuga wat hy bestuur het aan die brand geslaan het. Ford-motormaatskappy is ook ’n party tot die verrigtinge. Die geregtelike ondersoek is uitgestel tot 18 Maart 2019. Dié ondersoek sal bepaal of Ford vir Jimmy se dood vervolg kan word.
Forum Nuus: AfriForum Jeug gaan woeker in 2019
0
03:42

Forum Nuus: AfriForum Jeug gaan woeker in 2019

Die burgerregtewaghond AfriForum se jeugvleuel staan ywerig reg om vanjaar met roepingsgedrewenheid te takel. Bestuurslede van verskeie AfriForum Jeug-takke het onlangs tydens ’n opleidingskamp bymekaar gekom om hul strategie vir die komende jaar, asook die aksies wat daaruit voortspruit, te bespreek.
Passasiers spring uit brandende bus
0
00:12

Passasiers spring uit brandende bus

Buspassasiers moes Maandagaand, 28 Januarie 2019 inderhaas by die ruite van die voertuig uitspring nadat die bus op die M1 by Savannah Park in Durban aan die brand geslaan het. (Video: Verskaf)
Speaker in Baai sy pos kwyt
0
00:44

Brand op Delmas

Twee mense is op Woensdag 16 Januarie dood in ’n brand in die middedorp van Delmas, Mpumalanga.
Dit sal ly tot konfrontasie met die Veiligheidsmagte
0
01:38

Uniforms en helder kleure om 9-jarige ‘vegter’ te groet

Chris en Yolandé von Wielligh sing ‘n lied wat vir Gidion du Toit geskryf is tydens Gidion se gedenkdiens by Saterdagoggend, 15 Desember 2018 by die NG Gemeente Moreletapark in Pretoria. Yolandé het die lied spesiaal vir Gidion geskryf. Gidion is op 27 November vanjaar oorlede nadat hy sedert sy geboorte ‘n dapper stryd teen Fanconi-anemie geveg het. (Videogreep: Maroela Media)
Bus met petrolbom bestook; bestuurder kritiek
0
00:08

Bus met petrolbom bestook; bestuurder kritiek

ʼn MyCiti-busbestuurder is ernstig beseer nadat die bus wat hy bestuur het Maandagaand omstreeks 22:00 in Roodebloemstraat in Woodstock, Kaapstad met ʼn petrolbom bestook is. (Video: ANA)
STROOP: Renosterfliek kry staande applous van plaaslike gehoor
0
02:19

STROOP: Renosterfliek kry staande applous van plaaslike gehoor

Bonné De Bod, aanbieder en vervaardiger, deel haar boodskap aan Suid-Afrikaanse kykers oor die kwessie van renosterstropery. Susan Scott, regisseur van STROOP, het ook ʼn voorbeeld gegee van die werklike krag van sosiale media in die stryd teen die renosterkrisis. * Hierdie verslag is saamgestel deur Esté Meyer Jansen. * Videoredigeering deur Marius Vermaak. * Besoek Maroela Media vir meer oor hierdie storie: https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/renosterfliek-kry-staande-applous-van-plaaslike-gehoor/
Tehuis-staking: Pasiënt oorlede
0
00:31

Tehuis-staking: Pasiënt oorlede

Die staking by die San Michele-tehuis in Brakpan aan die Oos-Rand is Maandag tydelik opgeskort nadat ’n pasiënt van dié tehuis oorlede is.
Gestremdes aan eie lot oorgelaat weens staking
0
00:12

Gestremdes aan eie lot oorgelaat weens staking

Die bestuur van San Michele-tehuis vir psigiatriese en gestremde pasiënte in Brakpan aan die Oos-Rand moet bontstaan om na nagenoeg 200 pasiënte om te sien sedert die meeste lede van die tehuis se personeel begin staak het. (Video: Solidariteit Helpende Hand)
Stappie nader aan grondonteiening sonder vergoeding
0
01:03

Stappie nader aan grondonteiening sonder vergoeding

Die parlement se grondwetlike hersieningskomitee het vanoggend die verslag, waarin aanbeveel word dat die Grondwet gewysig moet word om uitdruklik voorsiening te maak vir onteiening sonder vergoeding, aanvaar. Na afloop van die vergadering het lede van die EFF gedans en gesing om die aanvaarding van die verslag te vier. (Video: EFF)
Hiér is die feite oor die nuwe skokdwelm in Pretoria
0
11:12

Hiér is die feite oor die nuwe skokdwelm in Pretoria

Video’s van jong mans en kinders wat aanvalle kry en psigotiese episodes beleef nadat hulle ʼn onbekende middel gerook het, word wyd op sosiale media versprei. Maroela Media het onder meer met ʼn slagoffer in een van dié video’s, hul ouers en paramedici wat na verskeie van dié gevalle uitgeroep is, gepraat om meer te wete te kom. (Video: Pieter Cloete/GrootFM)
It’s Time: ‘Ons wil deel wees van iets groots’
0
01:47

It’s Time: ‘Ons wil deel wees van iets groots’

ʼn Uiteenlopende groep mense was Saterdag by die It’s Time-byeenkoms by die Rhino Park-vliegveld, oos van Pretoria, te sien, maar almal was dit eens – hulle is daar om verandering in Suid-Afrika teweeg te bring.
‘Duduzane vervolg om Jacob Zuma te straf’
0
00:19

‘Duduzane vervolg om Jacob Zuma te straf’

Duduzane Zuma, ʼn seun van oudpres. Jacob Zuma, het Vrydag 26 Oktober vlugtig op ʼn aanklag van strafbare manslag in die Randburg‑landdroshof verskyn. Die saak spruit uit die noodlottige voorval in 2014 waarin Zuma se Porsche met ʼn taxi gebots en die dood van die Zimbabwiese burger Phumzile Dube veroorsaak het. Video: ANA