Die N3 naby Mooirivier in KwaZulu-Natal is Donderdagoggend gesluit nadat sewe vragmotors vroegoggend op dié pad deur betogers aan die brand gesteek is.
AfriForum Trauma-ondersteuningseenheid het onlangs ’n funksie aangebied vir vrouens wat slagoffers van plaasaanvalle was of geliefdes deur ’n plaasmoord verloor het.
“Jou hele lewe is omvergegooi. Jy moet trek en skielik drie kinders alleen grootmaak. Dis regtig moeilik. Met die hulp van familie, vriende, AfriForum en die Here se genade, word dinge wel bietjie makliker,” het Malindi Schoonraad, wie se man verlede jaar tydens ’n plaasaanval doodgeskiet is, tydens dié funksie gesê.
Die geregtelike doodsondersoek na Reshall Jimmy, wat in Desember 2015 doodgebrand het toe die Ford Kuga wat hy bestuur het aan die brand geslaan het, sal Maandag in die Wes-Kaapse hoë hof voortduur. Daar word verwag dat persone wat na bewering naby die toneel was op die aand van die voorval en die dag daarna, volgende week sal getuig.
19 Maart 2019 - Verskeie gebiede rondom Midrand beleef tans ʼn kragonderbreking ná ʼn brand by Allandale-substasie in Midrand.
Lees meer: https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/brand-by-midrand-substasie/
Andrew Leask, ondersoeker by AfriForum se privaatvervolgingseenheid, verduidelik kortliks hoe dag een van die geregtelike doodsondersoek na Reshall Jimmy in die Wes-Kaapse hoë hof verloop het. Jimmy het in Desember 2015 doodgebrand toe die Ford Kuga wat hy bestuur het aan die brand geslaan het.
Die Boerevrou Gedenkboek 2019, ʼn publikasie wat die ontstaan van die eerste Afrikaanse vrouetydskrif honderd jaar gelede gedenk, is vroeër die maand by die Afrikaanse Protestantse Akademia (APA) naby Loftuspark in Pretoria bekendgestel.
*Die APA het die video verskaf.
ʼn Maand ná die ineenstorting van Hoërskool Driehoek se loopbrug het Maroela Media met die skoolhoof Hein Knoetze gesels. Hy deel sy getuienis oor die ongeluk wat die gemeenskap en die land aan die hart geruk het.
* Hierdie verslag is saamgestel deur Esté Meyer Jansen.
* Videoredigeering deur Marius Vermaak.
* Besoek Maroela Media vir meer oor hierdie storie: https://spens.co.za/m0j
Sy het byna oornag die splinternuwe sensasie onder Afrikaanssprekendes geword – die jong meisie wat reguit met haar fiets teen ʼn rugbypaal vasry en haar ma wat reageer met die nou byna ikoniese “My f** Marelize”. Maar Marelize Horn (19) van Windhoek in Namibië het nooit kon dink haar flater sou só wyd versprei dat dit naderhand die hele Suid-Afrika aan die skater het nie. "Dit voel onwerklik!" het sy aan Maroela Media gesê.
AfriForum het vandag die diereskuiling Wollies in Pretoria-Noord besoek as deel van hul Ankerdorppadskou. Tydens die besoek het die burgerregte-organisasie bome geplant en ingesamelde kos, speelgoed en komberse aan die diereskuiling oorhandig.
Volgens Jaco Grobbelaar, AfriForum se distrikskoördineerder vir groter Pretoria-Noord, is die aksie se doel om dié mense by te staan wat die harde werk moet doen om vir hawelose honde en katte te sorg. “AfriForum ondersteun graag die organisasie in sy doel om vir dié honde en katte ’n heenkome te wees en daarom wil ons graag help. Ons het besluit om bome te plant sodat die diere nie in die son hoef te lê nie en ook om kos en speelgoed in te samel wat Wollies sal help om na die diere om te sien,” sê Grobbelaar.
AfriForum het vandag sy Ankerdorppadskou in Waverley, Pretoria, voortgesit waartydens die burgerregte-organisasie dié woongebied verbeter het deur verbleikte padtekens te verf. Die projek is geïdentifiseer weens die veiligheidsrisiko wat ongemerkte paaie vir padverbruikers en skoliere inhou. Die opknappingswerk is hoofsaaklik in strate rondom skole in die Moot gedoen.
AfriForum het reeds vandeesweek gewoeker en reuseskoonmaakaksies in Moreletapark en Lyttelton geloods. Môre word die diereskuiling Wollies in Pretoria-Noord besoek. AfriForum nooi die publiek uit om dié geleentheid by te woon om self ’n verskil in hulle gemeenskap te maak. Lede van die publiek kan ook skenkings by die skuiling aflaai. Vir meer inligting oor die padskou besoek AfriForum se webtuiste www.ankerdorp.co.za.
AfriForum het vandag as deel van sy #AnkerdorpPadskou ’n reuseskoonmaakaksie in Moreletapark, Pretoria, geloods waartydens die gebied rondom ’n vervalle winkelsentrum ontbos en skoongemaak is. Dít vorm deel van verskeie groot aksies wat regoor Pretoria plaasvind. Dié inisiatief word môre in die Waverley-area voortgesit waar die organisasie verbleikte padtekens naby skole gaan verf. AfriForum nooi die publiek uit om dié geleentheid by te woon om self ’n verskil in hulle gemeenskap te kom maak. Selfdoen skep hoop. Word deel van die oplossing.
AfriForum het vandag met sy Ankerdorppadskou in Pretoria afgeskop. Tydens vandeesweek se loodsing gaan AfriForum-personeel inspring om onder meer vullis langs strate op te tel, padtekens te verf en te help met ontbossing van gebiede. ’n Besoek sal ook aan ’n diereskuiling gebring word waar skenkings van die publiek oorhandig sal word.
Die Ankerdorppadskou is ’n veldtog waartydens hoop in verskeie dorpe in die land geskep gaan word. Deur die loop van die jaar gaan daar vir vier weke lank op verskeie dorpe gefokus word. Selfdoenaksies gaan in sewe dorpe in ses provinsies aangepak word. Tydens dié padskou sal gemeenskappe ook geleentheid kry om self moue op te rol om hul omgewings en dorpe in geheel beter en skoner te maak.
Die dorpe wat deur die loop van die jaar aan die beurt kom is Rustenburg, George, Nelspruit, Tzaneen, Krugersdorp, Secunda en Bethlehem. Gemeenskapslede kan steeds deel van hierdie opwindende projekte wees selfs al woon hulle nie in een van die betrokke dorpe nie. Inwoners van omliggende dorpe word ook uitgenooi om deel te neem en ’n verskil te maak om ’n beter toekoms te skep.
| FORUM NUUS |
In samehang met die viering van Internasionale Moedertaaldag, wat jaarliks op 21 Februarie gevier word, beloon AfriVriendelik innoverende Afrikaanse ondernemings. Die Tinteltong Toekennings word daarom toegeken aan ondernemings of mense wat dienste in Afrikaans lewer of Afrikaans bevorder deur kreatief met dié taal om te gaan.
“Dit wys jou net wat kan gebeur as AfriForum en munisipaliteite hande vat,” meen Esther Swart, voorsitter van AfriForum se Westonaria-tak, oor die Libanon-vullisterrein se merkwaardige resultate in dié burgerregte-organisasie se jaarlikse vullisterreinoudit.
Sowat 'n duisend lede van die Centurion-gemeenskap het gisteraand by Leriba Lodge in Pretoria vergader om aan AfriForum ’n formele mandaat te gee om ’n residensiële grondeis, wat ongeveer 4 000 hektaar se onroerende eiendom raak en nagenoeg 2 000 huisgesinne betrek, teen te staan.
ʼn Veldbrand wat sedert Maandagaand in die Kaapse Wynlande woed hou tans ‘n bedreiging vir Franschoek en omliggende plase in.
Lees Maroela Media se berig hier: https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/fotos-en-video-veldbrand-buite-beheer-in-kaapse-wynlande/
ʼn Massiewe reddingspoging het Maandagoggend in Newlands-East in Durban plaasgevind toe reddingswerkers moes spook om ʼn pasgebore babadogtertjie uit ʼn stormwaterdreinpyp te red. (Video: Rescue Care Paramedics)
Christine Buchanan en Louiza Rademan, die mede-eienaars van Oh-Lief, ’n reeks natuurlike en organiese lyf-en babasorg-produkte, is onlangs aangewys as die wenners van AfriVriendelik se jaarlikse entrepreneurskompetisie. In dié video deel hulle die inspirerende wyse waarop hulle reeks ontstaan het, asook hoe waardevol ’n platform soos AfriVriendelik vir entrepreneurs is.
Julian Brown, die baasbrein agter ʼn perlemoenstroopsindikaat, het Woensdag emosioneel geraak toe hy in die hooggeregshof in Port Elizabeth geroep is om ter versagting van sy vonnis te getuig. Brown is vroeër skuldig bevind aan rampokkery en oortreding van die Wet op Marienehulpbronne. Die vonnisuitspraak sal na verwagting op 1 Maart gelewer word. (Video: ANA)