A study of the world’s most dangerous tourist countries for women traveling alone reveals the good, the bad, the ugly and then all three in one at the top of the list, or rather bottom: South Africa, which stands out head and shoulders above countries like Brazil, Mexico, Iran, Morocco, etc. as the most dangerous tourist destination for solo women travelers. The "good" in South Africa's "Good, Bad and Ugly, is it's attitude towards women from a religious perspective, whereas all the Muslim countries, predictably, take top honours here... but shhh, don't tell the liberal mainstream media, we would not want hard facts to get in the way of their fake news...
AfriForum gaan volstoom voort om die steenkoolmyn by die Krugerwildtuin teen te staan. Strafregtelike klagtes gaan ook binnekort ingedien word. Luister hier na die waarskuwings van ’n omgewingskenner indien met ontginning van steenkool in dié area in Mpumalanga voortgegaan word. Jy kan ook help. Steun ons veldtog by http://bit.ly/2JLQkHv.
Angela Harris, ʼn onderwyser van die VSA wat spesialiseer in robotika, het hierdie week in Suid-Afrika twee seminare saam met die Skoleondersteuningsentrum (SOS) aangebied waar sy onderwysers oor die vak toegespreek het.
Lees die storie op Maroela Media: https://spens.co.za/nu2
Plaaslike besighede, skole én vrywilligers het vandeesmaand moue opgerol en tydens AfriForum se Ankerdorppadskou in Tzaneen verskeie projekte aangepak om die dorp te verbeter én in die proses hoop te skep. In dié video gesels Magnus Steyn, hoof van Hoërskool Merensky, oor die opknappingswerk wat die organisasie by die skool verrig het, asook die sukses van die eerste Dink of Sink- uitdunrondte in die Verre-Noorde, wat by dié spogskool aangebied is.
Thandi Modise, speaker van die nasionale vergadering, het vandag vir die eerste keer in die Potchefstroomse landdroshof verskyn op aanklagtes van dieremishandeling.
Die saak is uitgestel tot 30 Oktober vir voorverhoor-beraadslaging tussen haar regspan en AfriForum, wat Modise privaat vervolg namens die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV). ’n Verhoordatum sal na verwagting dan bepaal word.
“AfriForum se privaatvervolgingseenheid is juis gestig om in sake soos dié van Modise, waar die NVG oënskynlik om politieke redes sy plig versuim, toe te tree en privaat te vervolg om geregtigheid te help verseker,” sê Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum.
Skole, plaaslike besighede en die gemeenskap het hande met AfriForum gevat om ’n verskil in hul dorp te maak tydens vandeesmaand se Ankerdorppadskou in Tzaneen. Verskeie skoonmaakaksies en opknappingswerk is in die dorp aangepak, die Dink of Sink-skoledebatskompetisie is vir die eerste keer in dié streek aangebied en plaaslike besighede is verras met middagetes.
Is daar ’n toekoms vir Afrikaners?
In die laaste Quo Vadis-gespreksreeks gesels Ernst Roets met Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging en Barend Uys, adjunk-uitvoerende hoof van AfriForum, oor die maniere waarop Afrikaners kan help bou aan ’n blink toekoms.
Danksy die burgerregte-organisasie AfriForum gaan die Nkungumathe-gemeenskap van Nkandla na ‘n jare lange stryd nou ’n skool ryker word.
Regter Rashid Vahed het vandag in die hoë hof in Pietermaritzburg in die gemeenskap se guns beslis om die KwaZulu-Natalse onderwysdepartement te dwing om vir hulle ’n skool te bou. Dít volg nadat dié gemeenskap van Nkandla vir AfriForum in Februarie 2017 om hulp genader het om druk op die regering te plaas om die Khuba Hoërskool te bou wat vroeër aan hulle belowe is.
Die jonk en dinamiese entrepreneurs Charl Oberholzer, Jana Nel en Sandri Loubser, is drie van duisende entrepreneurs wie se ondernemings op die AfriForum Netwerk geregistreer is. In dié video gesels die nuwe Forum Tydskrif-voorbladgesigte oor hul besighede en die belangrikheid van netwerk.
Wees deel van die AfriForum Netwerk en lys jou besigheid by www.afriforumnetwerk.co.za.
Die burgerregte-organisasie AfriForum se internskapprogram vir studente en jong werkendes van verskeie AfriForum Jeug-takke het vandeesweek amptelik afgeskop.
Ses jongmense neem vanjaar aan dié program, wat sedert 2014 deur AfriForum aangebied word, deel.
Volgens Marike van As, opleidingsbeampte van AfriForum Jeug, het die internskap ten doel om ʼn verrykende ervaring te wees wat studente blootstel aan die verskillende bedrywighede van dié burgerregte-organisasie.
Tydens die internskapprogram sal interns onder meer leer hoe AfriForum en die Solidariteit-beweging se strukture werk, die geleentheid kry om saam met AfriForum se provinsiale koördineerders selfdoenprojekte aan te pak, woordvoerderopleiding ontvang en leer oor erfenisbewaring.
’n Totaal van sowat 900 onderwysers en hoofde het vanjaar die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) se Onderwyskongres bygewoon. Die SOS het ’n groot verskeidenheid kundiges gekry om kongresgangers in die Wes-Kaap, Vrystaat en Gauteng oor uiteenlopende onderwerpe toe te spreek.
Die polisie in die Vrystaat is op soek na die bestuurder van ʼn wit bakkie wat die 22-jarige Jason Pieters op 8 Junie 2019 by ʼn rooi lig reg van agter getref en hom met ernstige beserings in 'n hospitaal gelaat het. Lees meer:
AfriForum se Nelspruit-tak het reeds moue opgerol en gewoeker tydens die organisasie se #AnkerdorpPadskou.
Verder het die Nelspruit-tak, in samewerking met verskeie plaaslike besighede, ’n selfdoenaksie by die Pro Gratia-leersentrum vir spesiale onderrigbehoeftes gehou. Dié skool ontvang geen subsidiëring van die regering nie en is afhanklik van hul beperkte skoolfondse en die hulp organisasies soos AfriForum en die plaaslike gemeenskap om aan te hou groei.
Die buurtwagte in Nelspruit en Witrivier, asook die Nelspruit Concerned Citizens-inisiatief, het ook ’n gesamentlike buurtwagpatrollie gehou.
Verder het Ernst Roets, adjunk-uitvoerende hoof van AfriForum, het sy Quo Vadis-gespreksreeks in dié dorp aangebied, waar die kernfokus op die toekoms van Suid-Afrikaanse onderwys was.
Verskeie selfdoenaksies lê steeds voor. Volg AfriForum Nelspruit se Facebook-groep om op hoogte te bly van AfriForum se #AnkerdorpPadskou: https://www.facebook.com/groups/afriforumnelspruit/