Verashni Pillay-appèlverhoor: Uitspraak voorbehou
Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandeesweek sy argumente as ’n respondent aangevoer tydens die persombudsman se appèlverhoor in die saak teen Verashni Pillay, voormalige hoofredakteur van HuffPost South Africa.
Dít volg na AfriForum HuffPost SA en Pillay aangekla het vir die publikasie en verdediging van dié artikel, getiteld “Could it be time to deny white men the franchise?”, waarin onder meer aangevoer word dat wit mans van hul stemreg vir 20 tot 30 jaar ontneem moet word om ten einde “wanbalanse” reg te stel.