Top 20 vir die week: 14 Mei 2018
Juanita du Plessis vier vanjaar haar 20ste jaar in die musiekbedryf. Haar loopbaan het in 1998 afgeskop met haar debuutalbum, Juanita. Die bekende liedjie “Ska-Rumba” was haar goue eier op die album.
Sy het onlangs ‘n nuwe enkelsnit, “Dankie vir jou liefde”, bekendgestel en die liedjie is tans een van die 20 liedjies wat die meeste op iTunes afgelaai word. Sy betree ons Top 20 op nommer 12 met haar nuwe liedjie.
Janie Bay ft Hunter Kennedy met hulle liedjie “Wag vir jou” is uit ons Top 20 die week.
Tarryn Lamb, die hoofsanger van die groep Blackbyrd, neem die week se nommer 1 posisie in met haar liedjie “Mal oor jou”.
Kom ons spring weg en kyk na die stand van sake op ons Top 20 lys vir die week wat voorlê:-
1. Tarryn Lamb – “Mal oor jou”
2. Elandré – “Die lyn”
3. Jo Black – “Die vrou wat ek liefhet”
4. Elizma Theron – “Marilyn Monroe”
5. Bok van Blerk & Robbi



