Leoné Lauren (Lauren Copley) met Sien jou môre
>Lauren Copley is ‘n Suid-Afrikaanse kunstenaar wat ‘n florerende loopbaan as ‘n tiener in die 1970s gehad het. Sy het reeds op die ouderdom van 11 haar eerste album vrygestel, as Leoné Lauren, en het daarna verskeie treffers gehad met haar vrystellings op solus sewe. Hiervoor het sy twee Goue Plaat-toekennings ontvang, en het ook in 1973 Suid-Afrika by die Tokio Musiekfees in Japan verteenwoordig toe sy slegs 15 jaar oud was.