Musiek414 Videos



[Wen] Gaan vir Goud-konsert draai by Emperors Palace
Paarl : Mel Botes: Poets, Wine & Song
Top 20 vir die week: 3 April 2018
Die sangeres Elizma Theron is terug!! Sy het ‘n splinternuwe enkelsnit, “Marilyn Monroe”. Die musiekvideo wat saam met die enkelsnit bekend gestel is, is besonders aangesien die sangeres se ma, sussie en vriendin teenoor haar in die musiekvideo vir die liedjie speel. Elke dame kan soos Marilyn Monroe voel. Sy betree die Top 20 op posisie nommer 19.
Na slegs ‘n week op die nommer 1 posisie, maak Appel plek vir Bok van Blerk en Robbie Wessels se duet “Die Sluise van die Hemel”.
Kom ons spring weg en kyk na die stand van sake op ons Top 20 lys vir die week wat voorlê:-
1. Bok van Blerk & Robbie Wessels – “Die sluise van die hemel”
2. Appel – “Boer loop deur my are”
3. Steve Hofmeyr – “Redgebed”
4. DECA en Len Muller – “Oorwin”
5. Elandré – “Die lyn”
6. Liezel Pieters – “Sing jou hart uit”
7. Kurt Darren – “Haal asem”
8. Jo Blac
Joe Foster het verskillende gesigte “ontmasker” in sy nuwe video
Almal dra maskers – ’n geforseerde glimlag is seker een van die bekendstes. Ons steek graag weg wie ons werklik is en wat ons voel. Niemand wil hê die wereld moet hulle swakheid sien nie.
Dit was juis die idee agter Joe Foster nuwe musiekvideo, vir die snit, Look Away. “Om al hierdie emosies en gevoelens wat mens deurgaan in ’n moeilike tyd, vas te vang op my gesig in karakters, kleur, en maskers, terwyl ek emosieloos voor my uitstaar. Die maskers praat dus oor wat ek binne voel en kontrasteer dit wie ek eintlik is,” vertel Joe.
Die storielyn speel af in ’n gerieflike studio in Honeydew. Dit is hier waar die ongelooflike film span, Silo Art Motion Skills en Creative Chaos grimeerkunstenaar bymekaar kom om jou op ’n reis van gevoelens te neem.
Die groep Heuwels Fantasties vier ’n dekade met ‘alles van die beste’
Hoe kies jy jou gunsteling liedjie(s) van die gewildste Afrikaanse groep in die land, Die Heuwels Fantasties? Jy kan nie…
Met treffer na treffer, het hierdie talentvolle ouens dit gelukkig makliker vir almal gemaak deur self die beste van die bestes te kies met die vrystelling van Alles Van Die Beste – ’n CD én DVD wat die hoogtepunte van ’n dekade se unieke skeppings van Die Heuwels Fantasties in een versameling ten toon stel!
En beste van als? Die Heuwels Fantasties is terug met ’n splinternuwe treffer enkelsnit, Niks en Nêrens, wat verseker diep in almal se harte gaan kruip – beskikbaar saam met Alles Van Die Beste.
Vir die eerste keer is die musiekvideo van Niks en Nêrens ook boonop vrygestel.
Hoofsanger van die groep, Pierre Greeff, sê oor Niks en Nêrens: “Dit maak nie saak waar jy jouself bevind of hoe hopeloos jy voel nie. Wanneer jy omring is met die regte mense, wat waarlik vir jou lief is, is jy tuis.”
<Top 20 vir die week: 11 Junie 2018
Tarryn Lamb verloor die week haar nommer 1 posisie en Jay skiet op na daardie nommer 1 posisie toe met sy treffer liedjie ‘Lê ‘n bietjie langer’.
Dirk van der Westhuizen se nuwe treffer liedjie ‘Sexy vir my’ kom die week in op nommer 16 (loer hier onder na die musiekvideo). Willem Botha betree ook die week die Top 20 met sy treffer “Enigste man op aarde” op die nommer 20 posisie (luister hier onder na ‘n klankgreep van sy liedjie)
Kom ons spring weg en kyk na die stand van sake op ons Top 20 lys vir die week wat voorlê:-
1. Jay – “Lê ‘n bietjie langer”
2. Tarryn Lamb – “Mal oor jou”
3. Juanita du Plessis – “Dankie vir jou liefde”
4. Elandré – “Die lyn”
5. Karen Zoid – “Hoe ek voel”
6. Brendan Peyper – “Klim jou Everest”
7. Jo Black – “Die vrou wat ek liefhet”
8. Elandré – “Honderd duisend maal”
9. Elizma Th
GOUE STATUS vir Franja du Plessis se album
Sy het reeds haar eie stempel op die Suid-Afrikaanse musieklandskap gemaak, en haar goue status is ’n bewys daarvan.
Franja du Plessis, die dogter van die immergewilde, Juanita du Plessis se debuut-album het vroeër vanjaar die winkelrakke getref. Nooit sou sy kon raai dat dié album so weghol sukses sou wees.
Franja het haar goue toekenning vanoggend op die GROOT Ontbyt op kykNET ontvang. Sy skryf op haar Facebook-blad: “Soooo baie dankie aan almal wat my album al gekoop het! Julle sal nooit weet hoe baie dit vir my beteken nie!”
Ons resensent, Leoné Prinsloo, beskryf Franja se album as volg: “Hierdie album wat deur betekenisvolle lirieke sowel as aansteeklike ritmes gekenmerk word, bied ’n groot verskeidenheid liedjies wat ewe goed op die lang pad en die dansbaan ontvang behoort te word.”
Loer hier onder na een van haar treffer musiekvideo’s:- Franja du Plessis – Stad van verlange
Nuwe pop-enkelsnit en video bekend gemaak van Xander Joubert en dit veroorsaak ’n opskudding!
Draai jou radio harder, want Xander Joubert se eerste enkelsnit, Aardbewing, is beslis nie iets wat jy wil mis nie.
Die liedjie is pas vrygestel en reg om die radiogolwe oor te neem. Dit spog met ’n verfrissende nuwe popklank, waaroor luisteraars gaan mal wees en wat nog lank gaan koning kraai op die dansvloer.
Dié splinternuwe sangsensasie se lekkerluister-popstem is die perfekte pasmaat vir hierdie polsende goedvoeltreffer uit Werner Beukes se pen. Aardbewing is ’n interessante popverwerking, met ’n moderne sokkiedans-aanslag, wat gaan oor verliefwees en al die emosies en opwinding wat daarmee saamgaan. Die snit se opgewekte wysie sal nie net jou voete laat jeuk om te dans nie, maar is ook een van daardie liedjies wat in jou kop bly vassteek – lank nadat jy dit vir die eerste keer gehoor het.
“Die hele doel van popmusiek is eenvoud… met ander woorde – min woorde, so die storie is eenvoudig. Dit gaan oor iemand wat smoorverlief i
Top 20 vir die week: 23 Julie 2018
Vandeesweek op ons Top 20 lys het van die sangers so paar plekke gespring of afwaarsts gegaan op ons lys. Daar was 6 snitte wat die week gestyg het en 11 wat afwaarts gesak het. Maar wie weet hoe die Top 20 volgende week gaan lyk.
Snotkop het ook die week sy verskyning gemaak op ons Top 20 met sy stoute liedjie “Souserig”, daardie liedjie is in op nommer 19. Ek moet sê, sy nuuste album Sous vaar tans baie goed by die musiekkettingwinkels en oortref die aanlyn verkope. Loer gerus hier onder na die musiekvideo.
Die deo Bok van Blerk & Robbie Wessels met hulle treffer “Die sluise van die hemel” is hulle plek kwyt op ons Top 20 hierdie week.
Kom ons spring weg en kyk na die stand van sake op ons Top 20 lys vir die week wat voorlê:-
1. Jan Blohm – “Word wakker”
2. Dirk van der Westhuizen – “Sexy vir my”
3. Jay – “Lê ‘n bietjie langer”
4. Appel – “Jagter”
5. Tarry
Stellenbosch Universiteitskoor @ Hermanus
Die Stellenbosch Universiteitskoor is een van Suid-Afrika se mees gerekende Jeugontwikkelingsprogramme en koorgeselskappe. Hulle het die laaste 82 jaar hulle merk gemaak en het oor die wereld die laaste paar jaar as Wenners by internasionale koorkompetisies uitgetree.
Datum:- 12 Augustus 2018
Tyd:- 14:30
Prys:- R130.00, Vriende Van Die Kalfiefees: R123.50
Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Hermanus ?? kliek hier !!
Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SA Radio
Gehoor van Albert de Wet, ek is seker jy het, so hier is ‘n paar ‘tit-bits’ oor hom
Albert de Wet is ‘n Afrikaanse rock-sanger en liedjieskrywer. Hy maak sy debuut as sanger in 2005 waar hy in die RSGroentjie-kategorie van die Geraas-musiektoekennings tot finalis deurdring. Sy debuutalbum, Dagboek Van ‘n Dromer word in 2006 op 19-jarige ouderdom vrygestel.
De Wet is in 2006 genomineer as ‘n finalis in die “World song vision contest” en is ook genomineer vir die beste Afrikaans Rock-album tydens die 2007-SAMA toekennings. Hy het ook nominasies tydens Huisgenoot se Tempo-toekennings, die MK89-toekennings en die Vonk-toekennings ontvang.
In 2007 stel hy sy tweede album, “3 Jaar” vry, en ook die album word genomineer vir ‘n SAMA-toekenning as beste rock-album. Met die liedjie “Wat het gebeur by Aliwal-Noord?” verower hy in 2009 die VONK-toekenning vir Liedjie van die Jaar.
In Julie 2010 stel de Wet sy derde album vry: “Die vensters na my siel”, sowel as ‘
STEVE HOFMEYR with Hand Upon My Shoulder
Jou Top 20 Afrikaanse Treffers vir die week – Kom ons ondersteun ons Afrikaanse Kunstenaars.
Saldanha: Albert Frost Live at Blue Bay Lodge
Piet Botha se jongste uitreiking gaan ‘old school’ met Die Middernagtrein
Sewe jaar ná sy laaste offer in Afrikaans, stel Piet Botha Die Middernagtrein in Maart aan die wêreld bekend.
Hierdie album, sê Piet, “het weer terug na die old school gegaan”. Hy en die manne van sy band Jack Hammer is vars uit die ateljee waar hulle vir drie weke aan Die Middernagtrein by Wolmer Records gewerk het.
“Daar is goed in die lewe waarvoor mens nie kan weghardloop nie,” sê Piet. “Dis maar die noodlot, dís wat die middernagtrein is. Dis spookagtig, verbode, soos wanneer mens huis toe ry ná ’n gig in die middel van die nag. Die middernagtrein is maar ’n metafoor vir life on the road.”
Hierdie is Piet se sesde Afrikaanse album, uit ’n totaal van sestien vollengte albums.
Aanhangers van Piet en Jack Hammer wat iets rustiger verwag het, mag dalk verras wees. Lanie van der Walt, die album se regisseur van Wolmer Records en ’n ou lid van Jack Hammer, het saam met Jake Gunn en Johnathan Martin, weer op die sn
DZL se nuwe album sonder tierlantyntjies is hier
Suid-Afrika se aantreklikste sangduo is terug met ’n splinternuwe album, Realiteit, wat nie net gaan voortbou op die unieke alternatiewe country-popklank waarvoor hulle bekendheid verwerf het nie, maar ook die kieskeurigste musiek-oor tevrede sal stel.
DZL, wat bestaan uit Andries Hendrik Potgieter en Wiaan Fourie, se tweede album is pas vrygestel en dié kombinasie van opgewekte deuntjies en hartroerende ballades beloof om aanklank te vind by oud en jonk. Die cd bestaan uit tien oorspronklike liedjies, waarvan twee deur die sangpaar self geskryf is, en sluit ook drie duette asook verwerkings van ou gunstelinge in.
“So baie van wat ons doen is in ons musiek en dit is ’n realiteit vir ons, want ons is wat ons sing en sing oor wat ons ervaar. Ek wil hê luisteraars moet hulself in ons liedjies herken. Dit gaan oor die daaglikse goed in die lewe, soos geloof, emosie, groei, uitdagings en opgewondenheid, wat ons almal elke dag ervaar,” verklap die
Come Worship by Malmesbury Swartland met Retief Burger en ShofarBand
Kom en aanbid vanaf saam met ons en Retief Burger en die ShofarBand. Die kaartjies kan by Shofar Malmesbury of NG Noord Gemeente gekoop word, besonderhede volg verder in die berig.
Datum:- 5 Mei 2018
Tyd:- 18:30 tot 21:30
Toegang:- R50
Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Malmesbury?? SA Radio
Die sanger Quentin Prinsloo reik sesde album uit
Quentin Prinsloo het reeds diep spore in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf getrap. Met vyf trefferalbums agter sy rug en optredes in verskeie lande oor die afgelope 17 jaar kan Quentin as een van ons land se suksevolle kunstenaars beskou word.
En asof sy CV nie alreeds indrukwekkend genoeg is nie, het hy onlangs ook sy sesde album, Suurstof, die lig laat sien.
Volgens ’n verklaring het treffers op dié album reeds die top 20 ranglyste uitgeklim. “My musiek is ’n deurdagtige en gebalanseerde snoering, met fyn balans tussen energieke ritmes en roerende ballades,” sê Quentin.
Meeste van die liedjies is uit Quentin se eie pen, maar hy het ook die hulp van liedjieskrywers soos Johan Oberholzer, Rudi Claase en vele meer ingeroep.
Quentin was onder meer in die Bakgat-fliek te sien, en het ook die temalied gesing. Verder het hy ook sy lyf TV-aanbieder gehou, spog met sewe musiekvideo’s en ’n DVD agter sy naam.
Met die nuwe albu
Nuwe musiekvideo uit van Verona
Verona het beslis geen bekendstelling nodig in vermaakkringe nie. Dié kleindorpiemeisie van Meyerton het oor die afgelope paar jaar nie net naam gemaak as realiteitsprogramster, radio-omroeper en televisieaanbieder nie, maar ook as joernalis, vervaardiger en sanger.
Haar eerste Afrikaanse enkelsnit, Maskers, vanaf haar gelyknamige debuut album wat eersdaags uitgereik word, is onlangs vrygestel en het reeds ’n Nr. 1 plek op beide 90.6 VCR en SFM Streek se trefferparades bereik. Die snit, wat deur haar en Hugo Ludik geskryf is, het ’n folk-pop-aanslag met betekenisvolle lirieke en ’n meesleurende wysie wat die luisteraar vir lank sal bybly.
“Dit gaan oor die maskers wat jy dra in jou lewe. Die meeste van ons skuil agter maksers om ons ware self weg te steek en te beskerm. Dikwels bang om onsself te wys. Ons steek ook seerkry en swaarkry so weg. In hierdie liedjie probeer ek mense aanpor om van daardie maskers ontslae te raak waaraan jy so swaar
Brendan Peyper:- 10 dinge wat jy nie geweet het nie
Die plaaslike sanger Brendan Peyper het die internet aan die gons. Sy solo-album, Stop, wag, bly nog ’n bietjie, is nou te koop en die musiekvideo van die titlesnit is reeds meer as 400 000 keer op YouTube gekyk.
Hier is 10 goed wat jy dalk nie van dié 19-jarige geweet het nie.
1. Hy verkies brunette, tog is die plaaslike, blonde sangeres Charlize Berg sy celeb-crush: “Sy het ’n sexy stem en ’n unieke teenwoordigheid op die verhoog.”
2. Hy handhaaf ’n gesonde leefstyl. Brendan spandeer daagliks tot twee ure in die gim en sy dieetis ryk aan proteïene en min koolhidrate, vet en suiker: “Ek het verlede jaar laas sjokolade geëet … en eet liewer hoender en tuna as gemorskos.”
3. Brendan se ma hou nie daarvan dat meisies hom vra om sy hemp uit te trek nie: “Sy was gelukkig nooit teenwoordig wanneer dit gebeur nie.”
4. Hy gee glad nie om dat mense hom met die bekende Afrikaanse san
Jy ken die sanger, Danie Botha, hier is ‘n kort Bio van hom
Dit was al singende op die skoolstoep waar Danie Botha se sangtalent as ‘n graad een-leerling deur ‘n onderwyseres raakgesien is. Vandat hy kan onthou, was dit sy lewensdroom om ‘n sanger te word.
Hy is op 25 Junie 1964 in Pretoria gebore. Sy kinderjare bring hy deur op Rietvlei, ‘n kleinhoewe buite Rustenburg. Van kleintyd af is hy ‘n natuurmens en dit is dan ook waar hy steeds elke beskikbare tydjie deurbring. Staptogte, duik, jag of diepsee-visvang.
Op laerskool presteer hy as leier en uitstaande sportman met provinsiale kleure in rugby, krieket en stoei. Tog was sang vir hom steeds sy groot liefde en vertolk hy deur die loop van sy skoolloopbaan hoofrolle in operettes soos “Student Prince” en “Sound of Music”.
Tydens hierdie hoërskooldae leer hy homself kitaar speel en begin as sanger en musikant by verskillende funksies optree.
Na hierdie vol en gelukkige jare op Rustenburg doen h
Ken jy vir Carlo, hier is ‘n kort Bio van hom
Carlo (Volle naam Carlo de Goede) is ‘n Suid-Afrikaanse musikant. Hy het sy sangloopbaan op ouderdom 12 begin en het mettertyd menige diplomas en trofeë gewerf. Terwyl hy nog op skool was, is hy gekies om die hoofrol in ‘n musiekblyspel van die bekende “Grease” te speel in Johannesburg.
In 2001 is hy gekies om Suid-Afrika te verteenwoordig in Amerika as ‘n kunstenaar vir Mother City Records (gestig deur Mr Eddie Singleton, eienaar van Mo-Town Records VSA). Carlo was ook die hoofsanger van die groep “Amy Blue” wat heel dikwels by La Med, Kampsbaai opgetree het. In sy kort tydjie by “Blue Productions” het hy die verhoog in ‘n verskeidenheids-konsert met die bekende Sonja Herholdt gedeel by die High Street Teater.

H
Nuwe enkelsnit van Mari Bosman uit en sy vier vrouwees
Mari Bosman het pas haar nuwe enkelsnit, As Vrou, ter viering van Vrouemaand- en dag vrygestel. En nes haar siening van vrouwees, gaan die liedjie liefde en omgee in sy verskillende vorme uitstraal…
“Omdat dit Vrouemaand en binnekort ook Vrouedag is, wou ek graag iets daarbuite sit ter viering van vroulike rolmodelle. Ek wou ook uitbeeld waarna ek streef in my eie vrouwees,” vertel die sangeres, wat die enkelsnit saam met die skrywer Vaughan Gardiner gepen het. Hugo Ludik en Vaughan het die verwerking daarop gedoen.
’n Musiekvideo, wat deur Deon van Wyk opgeneem en vervaardig is, word ook vrygestel en dra nes die liedjie self ’n sterk boodskap aan vroue oor.
Mari sê sy hoop die nuwe liedjie sal mense laat goed voel, inspireer
