Musiek414 Videos

image-.jpg
0

Kom vier Afrikaans in die Vrystaat!!

Dit is amper tyd vir die vierdie Ek ♥ DIE VRYSTAAT FEES in Bloemfontein en hierdie een gaan nog beter en groter wees as van te vore.

Datum:- 22 September 2018

Tyd:- 09:00 tot laat

Toegang:- R180 – R250:- per persoon met eie kombers of stoel; R500 per persoon vir bespreekte BBP-sitplekke en wynproe-konsert met uitgesoekte kunstenaars; en R1 500 vir ’n bespreekte tafel waar ses mense kan sit.


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Bloemfontein?? SA Radio
radio – kaya fm
0

Ntsiki slams Kaya FM for giving Bob Mabena’s show to a white guy

While handing out shade, the poet also said Bonang Matheba and Khanyi Mbau’s ‘grey matter content is pending’. Outspoken poet Ntsiki Mazwai took to Twitter over the weekend to express both her confusion and disdain for the decision by Kaya FM on who will be replacing veteran radio host Bob Mabena. The breakfast slot has […]
musiek – top 20 4
0

Hier is jou Top 20 vir die week van 16 Oktober 2017

Hier is jou Top 20 vir hierdie week, met ‘n paar verassings. Die Afrikaanse sangers Leah en Jo Black se liedjie “Nooit alleen” betree die week se Top 20 in die tiende plek. Manie Jackson betree die Top 20 die week, wie weet wat met sy treffer gaan gebeur. Kyk ek moet sê dat elke […]
0

Stellenbosch: Mozart “Magic Marriage Madness”

Mozart se skatkis van komposisies is van die mees geliefde musiek ter wereld en in hierdie produksie word die bekendste arias uit `Magic Flute`, `Marriage of Figaro` en `Cosi fan tutte` gehoor. THREE of UCT`s Opera School`s most talented young stars perform a mosaic of OPERA scenes from Mozart. Date:- 2nd March 2018 Time:- From 20:15 until 22:00
image-.jpg
0

Vredenburg: WESKUS KUIERFEES

Weskus Kuierfees op die Weskus Sportsgronde is ‘n MOET die jaar! Heeldag vermaak vir die hele gesin. Kom KUIER saam!!!

Datum:- 7 April 2018

Tyd:- 09:00 tot laat

Toegang:- Gratis


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Vredenburg ?? SA Radio
image-.jpg
0

Stef Bos tree op in Sasolburg

Stef Bos soek na die KERN van alles. Hy weet hy gaan dit nooit vind nie, maar hy bly soek in woorde en songs, gedigte en stories.

Die een oomblik is hy skreeusnaaks, dan weer kry jy hoendervleis en wil `n traan wegpik. Maar dis lewens-eg – soos die boek van Murray Janson wat sy lewe verander het.

Datum:- 6 Mei 2018

Tyd:- 14:30

Toegang:- R150


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Sasolburg?? SA Radio
image-.jpg
0

Die duo DZL trakteer ondersteuners met ’n dag vol avontuur

Ondersteuners van die sanggroep, DZL, is onlangs met ’n avontuurdag van ’n leeftyd getrakteer. Die manne het in April hulle nuuste enkelsnit, Het Jy Al Gelewe vrygestel waartydens hulle met radiostasies regoor die land saamgewerk het en luisteraars uitgedaag het om hulle stories te vertel waartydens hulle as’t ware die lewe by die horings gepak het.

Het Jy Al Gelewe, die eerste enkelsnit vanaf DZL se nuwe album, Realiteit, is ’n lekkerluister country-popdanstreffer wat gaan oor die vreugde van die lewe en om elke oomblik saam jou beste pêl of geliefde te geniet.

“Ons het sulke wonderlike terugvoer van die luisteraars gekry en het toe die beste stories gekies en hierdie luisteraars, saam met hulle deelnemende radiostasies genooi om ’n dag vol avontuur saam met ons te spandeer,” vertel Wiaan Fourie.

Op Saterdag, 12 Mei, het die wenners en die ondersteunende radiostasies wat Pretoria FM, Bosveld Stereo, 90.6 VCR, Overvaal Stereo, Eas

image-.jpg
0

Optrede deur Manuel en Zita: Toeka en Nou – Pretoria

Vir een middag bring die legende Manuel Escorcio en die besonder talentvolle Zita Pretorius, twee gerespekteerde solo-kunstenaars, hul produksie Toeka en Nou na die verhoog van die Atterbury-teater. Die deel van ‘n unieke repertoire gevul met magiese solos en ‘n vloei van duette in harmonie.

Datum:- 17 June 2018

Tyd:- 15:15

Toegang:- R150 – R170


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Lynnwood?? kliek hier !!


Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!


Styl, ‘n oorvloed van sjarme, ‘n tikkie humor en hemelse stemme. Manuel en Zit

image-.jpg
0

Gehoor van Henri Alant, lees meer hier onder oor die sanger

Henri Alant is ‘n 26 jarige Afrikaanse kunstenaar vanuit Pretoria en dié nuwe sangsensasie beskik oor alles wat nodig is om hom stewig in die Afrikaanse musiekmark te vestig! Sy album “Bly by my” gaan sy aanhang, in Suid-Afrika aansienlik vergroot.

Henri is nou gekontrakteer deur Fantasia musiek / en word versprei deur Coleske Artists van Suid-Afrika alhoewel dit nie sy eerste kennismaking met die opname-ateljee is nie; hy het in 2008 sy eerste demo CD gemaak en 2 liedjies op die CD was nommer 1 op van S.A. se plaaslike radiostasies. Sowel het hy ‘n nominasie lasjaar los geslaan waarvan hy 2de gekom het onder van S.A. se TOP kunstenaarslys.

“Ek het November 2009 my platekontrak los geslaan”, vertel hy. “My platebase het my volle spasie gegee om liedjies te skryf en te kon kies en wat ‘n voorreg is dit nie vir enige nuwe kunstenaar wat onder so groot platemaatskappy val om spasie te kan hê nie.” Ek is baie

image-.jpg
0

BEESKRAAL stel ‘n nuwe enkelsnit vry – ’20 jaar in die Kraal’

Die beeste was uit in die veld, maar het weer kraal toe gekom vir verskeie redes; eerstens om te spog met 20 jaar in die musiekbedryf en tweedens met ‘n splinternuwe album, “20 jaar in die Kraal”.

Dié Pretoria Rock-groep het die volk vasgevang in die laat 90’s met hul unieke ‘rock’ klank wat bestaan het uit tradisionele instrumente wat gemeng was met ‘rock’ instrumente. Toe al was hul al as revolusionêr gebrandmerk. BEESKRAAL is seker dié bekendste Rock groep in die land wat nie net spog met treffer-op-treffer nie, maar ook met energieke optredes waar elke lid sy individuele vernuf op hul instrumente wys. En jy hoef nie te wonder of hierdie om-die-kraal praatjies is nie, want BEESKRAAL het al soveel toekennings ingepalm wat bewys het, hierdie is A-graad ‘bees’.

Die nuwe album is ‘n versameling van hul grootste treffers oor die jare en sluit liedjies in soos ‘Strate van Pretoria’, Redes, Duisend Ure, Plaasdorp”, ens. Hull

image-.jpg
0

Hier is ‘n kort Bio van Bouwer Bosch

Bouwer Bosch (gebore in Pretoria in 1984) is ‘n Suid-Afrikaanse sanger-liedjieskrywer, musikant, akteur en entrepreneur. Hy stel sy eerste album Almal maak Voute in 2011 vry, en word vereer met ‘n Ghoema-trofee vir beste nuweling vir dié album in 2012. Sy album Hopelik is in 2016 vrygestel.

Bosch voltooi sy skoolloopbaan in Potchefstroom en verwerf ‘n BA-graad in Kommunikasiekunde aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom in 2009. Hy is ook deel van die musiekgroep Straatligkinders wat in 2006 gestig is. In 2013 maak hy sy debuut as akteur in die film Klein Karoo. Hy was ook te sien in kykNET se Donkerland en Ligte Kamera Liefde.

Sy maatsappy, Bouwer Bosch Films, vervaardig musiekvideo’s en hy is ook ambassadeur vir sy eie liefdadigheidsorganisasie, Liefde Wen.

image-.jpg
0

Hanna Boss en Burgerd Botha maak wonderlike musiek saam

Hanna Boss se debuut-album, Verf Jouself, is gedurende Februarie 2018 uitgereik en die eerste twee enkelsnitte vanaf dié moderne Afrikaanse Popalbum, Verf Jouself en Mekaar Bedoel (met Burgerd Botha), pryk sedertdien op die trefferparades van radiostasies landswyd.

Nou stel Hanna haar derde enkelsnit vanaf hierdie treffende album bekend. Dis Nou Verby het onlangs radiostasies landwyd oorrompel, en gaan verseker in die voetspore van haar vorige treffers volg.

“Ek het hierdie liedjie geskryf terwyl ek werklik gesukkel het in ’n sekere seisoen van my lewe om aan te beweeg. Deels met die hoop dat die seisoen weer vernuwe sal word. Maar, soos ek ook moes leer dat jy nooit reëndruppels terug kan gooi in die wolke nie, moes ek aanvaar dat die seisoen verby was en ek kon niks van die tyd terugdraai nie.

SA Radio

image-.jpg
0

Die sanger Karla du Plessis is ‘n stil dame, maar hier is ietsie oor haar

Karla du Plessis is die jongste dogter van die Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer Koos du Plessis.

Koos du Plessis het die lied Karla oor haar gesing. Sy is nou self een van die bekendste sangeresse en liedjieskrywers van die Afrikaanse musiekbedryf.

Op haar eerste twee albums sing sy liedjies van haar vader. Op die album “Woordeloos” sing sy saam met haar vader “As jy my kon volg” waar die stemme digitaal saamgestel is.

Saam met Theuns Jordaan sing sy die lied “Wie weet” wat die temalied van die TV program Jopie Adam was.

Vir haar derde album “Steeds op vrye voet” is sy bekroon as die beste album deur ‘n sangeres.

Loer hier onder na een van haar musiekvideo’s:- Theuns Jordaan & Karla du Plessis – Wie weet

Caroline Grace – Voor Jou
0
03:16

Caroline Grace – Voor Jou

Music video by Caroline Grace performing Voor Jou. © 2019 Universal Music (Pty) Ltd South Africa http://vevo.ly/KCDY19
musiek – top 20
0

Jou Top 20 vir die week, met ‘n paar verassings.

Hier is jou Top 20 vir hierdie week. En wat ‘n verrasing het ons nie in die week se keuses nie. Ruan Josh en Franja du Plessis is nommer 1 die week met hulle liedjie “Ek wil lewe”, hierdie broer en suster trio mag maar sing. Hoop om hulle vir ‘n hele paar weke op […]
radio – top 20 2
0

Jou Top 20 vir week 12 November 2017

Hier is jou Top 20 vir hierdie week, in vandeesweek se SAUKRadio se Top 20 is daar baie ‘rond-gespring’ deur die kunstenaars. Steve Hofmeyr is sy nommer 1 en 3 posisies kwyt en skuif af tot nommer 4. Joshua na die Reën my sy liedjie “2017” kom in op nommer een, nogal vir die tweede […]
image-.jpg
0

Die duo DZL se nuwe enkelsnit “Het Jy Al Gelewe”, is ‘avontuurlustig’

Die manne van DZL word daaraan geken dat hulle nie iets op die gewone, tradisionele manier doen nie. Dit blyk duidelik met die bekendstelling van hulle nuwe enkelsnit Het Jy Al Gelewe, wat vandag, 23 Maart 2018, op radiostasies regoor die land vrygestel word.

Die manne het ook ’n lekker verrassing vir hulle ondersteuners; die publiek kan ’n avontuur saam met Andries en Wiaan los slaan.

Lede van die publiek word uitgenooi om hulle stories te vertel waartydens hulle die lewe as’t ware by die horings gepak het. Die beste stories wen dan ’n avontuurlustige uitstappie met die twee manne.

“Ons hou mos daarvan om altyd iets mal aan te vang wat die bloed deur jou are laat bruis en daarom gee ons lede van die publiek die geleentheid om so ’n avontuur met ons mee te maak,” vertel Andries.

Het Jy Al Gelewe, die eerste enkelsnit vanaf DZL se nuwe album, Realiteit is ’n lekkerluister country-popdanstreffer wat gaan oor die vreugde van

image-.jpg
0

Omroeper en sanger, Martin Bester reik nuwe musiekvideo uit

Martin Bester het geen bekendstelling nodig nie. Van ’n bekroonde radio-omroeper, televisieaanbieder, akteur en seremoniemeester tot ’n volwaardige musikant in murg en been.

Die musiekvideo van sy nuutste enkelsnit, Ek Het Geweet, is pas vrygestel en is ’n ware spieëlbeeld van wie Martin is.

Ek Het Geweet is een van daardie liedjies wat jou voete laat jeuk om te dans, met ’n wysie wat onmiddellik in jou kop kom vassteek en jou uitnooi om lekker saam te sing.

“Die video is in die middestad van Pretoria geskiet. Die video is eerlik, onopgesmik, rou en energiek. Die sentrale tema is die weerspieling van my lewendige optredes wat ongelooflik belangrik en deel van my is.

Dit is vir my belangrik dat die video nie te ‘skoon’ was nie, want die liedjie gaan oor emosies en ons wou daardie gevoel vasvang en oordra. Ons het ’n baie groot drone gebruik om als vas te vang – mens kry die gevoel dat daar wel hartseer is ja, maar d

image-.jpg
0

Die band 1925band vra ‘Waarom’ met nuwe snit

Die populêre broer-trio van die 1925Band, Reno, Jeff en David-Lee Gericke, het pas hul nuwe enkelsnit, Waarom, vrygestel.

Waarom, is geskryf deur ’n familie-lid, Gert Steenberg (Stoney), terwyl Jeff ’n paar jaar gelede daar gekuier het. “Almal het altyd baie vrae. Die grootste vraag is Waarom?. Waarom is die hemel blou, Waarom het ek die lied geskryf? Ons as band, vra gereeld, Waarom? Die lied herinner ons dat die antwoord by jouself lê – wie en wat jy wil wees. As jy jouself vra, dan word die antwoord gebore,” vertel David-Lee Gericke.

Waarom volg na vrystellings soos Eintlik Nogal Baie, Gedig op my Arm, Al Te Min Te Veel Gevra en Fynbos, wat steeds gereelde blootstelling op radio en televisie landwyd geniet. Hulle album, Eintlik Nogal Baie, is in 2017 vrygestel.

Die groep toer tans in Holland en doen ook landwye BeeGees Tribute vertonings wat baie gewild en in aanvraag is. Met hulle talent en uitstekende harmonie, bring hulle die s

image-.jpg
0

Nuwe enkelsnit uit van Sharoney en dit gaan harte steel

Suid-Afrika se gunsteling-borrelende blondekop, Sharoney, is terug met ’n splinternuwe enkelsnit wat sommer diep in luisteraars, van alle ouderdomme, se harte gaan kruip.

“Crush is ’n tipiese hoërskoolmeisieliedjie. Elke meisie was al verlief, veral op skool. Soms bly hierdie spesifieke outjie jou ‘crush’ vir nog lank na matriek. Dit gee jou skoon vlinders in die maag as jy aan hom dink. Jy bloos as hy met jou praat en soms kan jy nie help om net te glimlag as jy sy naam sien nie,” vertel die sangeres oor hierdie snit uit die pen van Hugo Ludik en Kyle Grant. “Die liedjie het my onmiddellik getrek omdat ek self al ’n ‘crush’ gehad het op iemand toe ek jonger was. Dit beskryf so mooi hoe ek op daardie spesifieke tyd gevoel het, maar toe het ek nie die regte woord gehad om dit vas te vang nie.”

Dié lekkerluistertreffer bou voort op die ritmiese popmusiekstyl waarvoor die sangeres bekendheid verwerf het en nooi jou uit om spontaan

image-.jpg
0

Dis Innibos 2018 tyd, jy mag dit nie mis nie!!

Die tyd het aangebreek vir die gewildste kunstefees in Suid-Afrika. Soos oudergewoonte gaan die Standard Bank-hoofverhoog die plek wees vir elke musiekliefhebber met iets vir elke smaak.

Datum:- 27 Junie – 1 Julie 2018

Tyd:- 08:00 tot laat

Toegang:- Enkeldagkaartjie: R120.00, Kinders 0-13 jaar gratis toegelaat
Kinders se kaartjies is slegs beskikbaar by die feesgronde


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Nelspruit?? kliek hier !!


Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek

image-.jpg
0

Ons sal jou nie vergeet nie Chris Blignaut, nog ‘n goue oue wat ons verloor het

Chris Blignaut (1897–1974) was ’n Afrikaanse sakeman, sanger en liedjieskrywer. Hy was die eerste Suid-Afrikaanse sanger wat ’n kontrak met ’n platemaatskappy aangegaan het (in 1930). Van sy treffers sluit in: Ou Ryperd, Ou Tante Koba, Die Donkie en Daar Oorkant Die Spruit. Hy het altesame 120 opnames oor sy loopbaan gemaak.

Hy kon nie ’n bestaan voer van musiek alleen nie en het as jong man by ’n assuransiemaatskappy gewerk met musiek as sy stokperdjie. Gedurende die vroeë twintigerjare het hy aanvanklik sangonderrig van Aimee Parkinson ontvang en daarna ook van Alfred Bell, madam Palmer en signor Pentuzzi. In 1923 het hy eerste gekom in ’n radiotalentwedstryd en verskeie medaljes en diplomas in die Johannesburgse kunswedstryd verower.

Hy het ook in musiekblyspele en operettes opgetree. Dit was gedurende daardie tyd dat hy die eerste keer in Afrikaans op die verhoog gesing het met sy vertolking van Daar oorkant die spruit wat goed ontv