Musiek414 Videos



Janita Claassen is ‘n legendariese sangeres, sy het ons gegroet, maar haar musiek sal voortleef
Op 24 Oktober 2005 het Suid-Afrika een van die gewildste Afrikaanse kunstenaars verloor toe Janita Claassen aan kanker oorlede is.
Janita is op 30 April 1947 op die Noord-Kaapse dorp Warrenton gebore. Sy het matriek behaal aan die Hoërskool Vereeniging en daarna BA (HOD) aan die destydse Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys gestudeer.
Sy het byna nege jaar lank skoolgehou. In 1976 het sy ’n oudisie geslaag om in ’n koffiehuiskonsert op televisie op te tree, maar dit was eers toe die Musiek-en-Liriekbeweging in 1979 ontstaan het dat sy in die musiekbedryf beland het.
In daardie jare het die bekende sanger Jannie du Toit musiekaande by sy huis naby die dieretuin in Pretoria gehou, en Janita was deel van die groep. Een van Janita se gereelde liriekskrywers, Babs Pretorius, het die woorde van een van die snitte op Jannie se debuutalbum, Liedjie vir jou, naamlik “Magnoliadal”, geskryf. Jannie is goed bevriend met Babs
STEVE HOFMEYR sing Daar Waar Jy Moet Wees
Manie Bodenstein mag ons dalk verlaat het, maar sy musiek lewe nog
Oom Manie Bodenstein (15 Julie 1928 — 17 Oktober 2013) is ‘n bekende Suid-Afrikaanse konsertinaspeler.
Hy het van vroeg af in musiek belanggestel en op 8-jarige ouderdom reeds begin mondfluitjie speel. Sy eerste album is in 1947 opgeneem.
Diskografie
Van Manie se albums sluit in:
Deur Die Jare 1947 – 1996
Twintig Van Die Beste
Boeremusiek Treffers
Boerekos – Lekker Kuier Boeremusiek
Boerekos Vol.2 – Lekker Kuier Boeremusiek
Boeremusiek Vang Spoed
RSG se Gewildste
So Ry Die Boere (saam met Blackie Swart)
Luister hier onder na een van sy musiekstukke:- Manie Bodenstein – Oom Hans se gemmerdans
Bok van Blerk – Boksburg – Johannesburg
Meer as `n dekade van Bok van Blerk en dis net die begin! Kan jy onthou waar jy was of waarmee jy besig was toe jy die eerste keer Bok van Blerk se De La Rey oor die radio hoor speel het?
Moeilik om te glo, maar ons praat van 12 jaar terug, daardie oomblik toe die klank van Afrikaanse musiek verfris is en mense laat regop sit het.
Datum:- 20 April 2018
Tyd:- 19h00
Prys:- R120
Of jy nou kan onthou presies waar jy was 12 jaar terug toe jy die naam Bok van Blerk die eerste keer gehoor het of nie, een ding is `n feit, as Afrikaner het jou bors so bietjie geswel van trots en jou hart so bietjie warmer geklop. Bok is baie beskeie oor die eer en sal altyd erkenning gee aan sy aanhangers, die mense wat hom ondersteun, wat sy musiek koop en by sy konserte opdaag, die mense wat hom gebring het van De La Rey tot nou.
Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in
Riana Nel se derde Afrikaanse album is uit
Riana Nel se derde Afrikaanse album, “Jy sal weet” wat vroeër vandeesmaand bekend gestel is, verstom weereens met meesleurende melodieë en betekenisvolle lirieke wat beslis menige hartsnare gaan roer. Dit volg kort op die ongekende sukses van haar vorige Afrikaanse albums, “Die Moeite Werd” waarmee sy in 2011 die mark betree het en “Die Regte Tyd” wat in 2015 as die topverkoper album van die jaar by die gesogte SAMA-toekennings aangewys is. Sy het egter reeds vanaf ‘n baie jong ouderdom met haar Gospel albums, “Oopmond”, “The Cure” en “Someone with skin” binne die internasionale mark bekendheid verwerf.
Dié boorling van Namibië wat self vir die skryf van byna al die liedjies op hierdie album verantwoordelik was, het deur die jare heen vir haar persoonlike, byna introspektiewe skryfstyl bekend geword. “Jy sal weet” waaraan sy twee jaar lank geskaaf het, is beslis geen uitsondering nie, want sy is intussen getroud en het ook on
Gehoor van Jennifer Zamudio, lees verder en leer haar ken
Jennifer is gebore in Gansbaai en het grootgeword aan die Weskus dorpie Laaiplek (Velddrif). Sy het gematrikuleer aan die Hoërskool Swartland te Malmesbury. Hierdie gewilde sangeres is die afgelope 25 jaar woonagtig in Pretoria en sing reeds die afgelope 16 jaar professioneel.
Sy het haar sangloopbaan begin by Anneli van Rooyen se sangskool, Promuzik in Pretoria. Jennifer het aan die begin van haar loopbaan bekend gestaan as “Die Singende Pers Sensasie”. Haar pers haarkleur het haar beslis laat uitstaan en word nog lank onthou.
Jennifer is ‘n Afrikaanssprekende sangeres en haar unieke van, Zamudio, is haar eie en is van Spaanse afkoms. Dit word foneties as volg uitgespreek “Za-moe-die-hou”. Jennifer vermaak gehore nasionaal met haar energieke en natuurlike verhoogspersoonlikheid in die kommersiële genre. Sy is al deur die Vrouekeur Tydskrif bestempel as die “Vrou met die Ontwerperstem”. Jennifer se talent is raakgesien in die j
Ghoema-musiekpryse 2018 – Hier’s die benoemings vir Afrikaanse Musiek
Op Sondag 29 April 2018 om 20:00 sal die ganse Afrikaanse musiekbedryf by die Theatre of Marcellus by Emperors Palace in Kempton Park byeenkom om te hoor wie vanjaar as wenners uit die stryd om die gesogte Ghoema-musiekpryse tree.
Die Ghoemas, vanjaar in sy sewende jaar, is die enigste onafhanklike toekennings vir Afrikaanse musiek.
Die stemproses sal via SMS plaasvind (besoek die Ghoema-webblad vir meer).
Hier is vanjaar se benoemdes:
BESTE NUWELING VAN DIE JAAR
1 Caroline Grace – Eindelose Liefde
2 Elandre – Kleindorp-Dromer
3 Fatman – Boom Baby
4 Jo Black – Skepe
5 Tussen Sterre – Kosmies
BESTE KOMPOSISIE VAN DIE JAAR
1 Elvis Blue – Die Brug (Geskryf deur Elvis Blue)
2 Elvis Blue – Elke Hart (Geskryf deur Elvis Blue)
3 Elvis Blue – Werner (Geskryf deur Elvis Blue)
4 Dewald Wasserfall – Laat Die Lig Inkom
Die jong sangeres Taye Brink se eerste enkelsnit beïndruk
Die opgewekte, voetstamplekker wysie en vrolike lirieke van die sangeres Taye Brink se nuwe liedjie, Wat As, gaan beslis binnekort ’n gunsteling wees op al wat ’n partytjie en dansvloer is. Hierdie enkelsnit is pas vrygestel en reeds besig om die trefferleer op iTunes te klim.
Wat As is geskryf deur ADAM se Hugo Ludik en gaan oor twee mense wat mekaar vind, maar nie seker is of dit ware liefde is nie. Albei besef egter dat hulle nie hierdie kans moet laat verbygaan nie, want wie nie waag nie wen nie.
“Ek glo dat luisteraars beslis by die tema van hierdie snit sal aanklank vind. My doel is om mense te raak met die waarheid wat vasgevang is in my musiek en ek glo dat dié liedjie juis ander sal inspireer om ’n bietjie meer in hulleself te glo,” vertel Taye oor haar eerste Afrikaanse enkelsnit wat spog met ’n lekkerluister Country-Pop-aanslag.
“Die liedjie is baie goed ontvang die paar keer wat ek dit tydens ’n vertoning gesing het,
Optrede te Langebaan: Mathys Roets by Pirates
Kom vier saam met die gewilde Suid-Afrikaanse sanger MATHYS ROETS sy 21ste jaar in die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf, gevul met persoonlike sowel as beroepshoogtepunte wat sy vertonings altyd gesog maak.
Datum:- 16 Mei 2018
Tyd:- 20:00 tot 23:00
Toegang:- R80
Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Langebaan?? Click Here !!
Corlea Botha, die dame met die stem van ‘n engel
Die berig is ongelukkig in Engels, dit kom direk van haar persoonlike blad af.
Corlea was born on 16 August 1987 and grew up in Delmas/Springs.
Her talent was discovered at the age of three.She started vocal training and keyboard lessons at the tender age of five. Over the next seven years she competed in over fourty Eisteddfods and National Singing Competitions, walking away as winner in most.
In 1996 she made her Theater Debut at the Pretoria States Theater in an Italian Opera “La Boheme” and in “Sound of Music” as the youngest Von Trapp daughter, Gretl. Performing with great talents such as Mimi Coertse, Jarmilla Tellinger, Judy Page and Anne Power, Corlea stole the hearts of many. In the same year she walks away a winner as the youngest competetor in her age group 5-8 years in the National Competition “Reik Na Die Sterre”.
In 1997 she released her firs
Kom ons onthou van die Legendes van Afrikaanse Musiek: Só word Lucas onthou
Hier is ’n hele paar dinge wat jy dalk nie van Lucas Maree geweet het nie.
Legendes van Afrikaanse Musiek fokus vandeesweek op die legendariese sanger en liedjieskrywer Lucas Maree. Lucas het in 2011 ’n jarelange stryd teen kanker verloor, maar word vandag nog onthou vir die liefde wat hy vir ander gewys het.
Sy vrou, Ilse, en twee van sy drie dogters onthou die legende só:
Lucas se vrou, Ilse
* Hy het “handyman”-werkies verpes en eerder gesê “bel iemand”, veral vir ’n verstopte dreinpyp.
* Hy was mal daaroor om skoon te wees en lekker te ruik, en het Clicks se rakke leeg gekoop as daar ’n lekkerruikgoed-uitverkoping was.
* Hy kon nie by ’n jas-, tas-, boek- of CD-winkel verbystap nie. Hy het nie daarvan gehou om saam te gaan inkopies doen nie, tensy daar ’n boekwinkel was (dan kon ons gaan shop en hom later by die boekwinkel kry).
* Hy was mal oor “ro
Nuwe musiekvideo uit van Rocco de Villiers – Kortbroek en Langkouse
Die eerste musiekvideo vanaf Rocco de Villiers se nuutste album, kortbroek, langkouse, is pas vrygestel en het reeds soos ’n veldbrand onder aanhangers versprei.
Die produksie is behartig deur Gerhard van Rooyen (GVR) en sy produksiespan en is geskiet by Safari Tuinsentrum in Lynnwoodweg, Pretoria. Gerhard vertel dat die konsep gebaseer is daarop dat ons onsself in die daaglikse lewe van ’n kous bevind.
“Ek dink daar is mense wat hulself met die kous se lewe kan vereenselwig, waar jy vasgevang is in die gewone roetine. Jou lewe het stagneer en jy vind jouself in ’n gemaksone. Kous het ’n droom. Hy sien daagliks die prentjie van Rocco en sy musiek wat êrens ver weg is op ’n eiland en hy voel hy is vir meer bedoel in die lewe. Kous maak dan die besluit om weg te breek van die ordinêre om sy droom te vervul. Hy gaan op ’n avontuur om Kouseiland te gaan soek.”
Die album en liedjie heet kortbroek, langkouse en die storie van kouseil
‘N Kort ek kragtige Bio van die wel bekende sanger Jurie Els
Jurie Els is ‘n bekende Afrikaanse liedjieskrywer en sanger. Hy het bekendheid verwerf toe hy in 1991 as die algehele wenner van die eerste Noot vir Noot TV-vasvraprogram op televisie uit die stryd getree het. Els begin sy sangloopbaan in 1993 deur saam met Ken Mullan voor regstreekse gehore op te tree.
Sy album Vat-Vat, was ‘n platinumverkoper in 1995. Sedert 1994 het hy 36 albums/DVD’s die lig laat sien. Hy het sedert 1984 meer as 600 liedjies se lirieke vir meer as 50 Suid-Afrikaanse kunstenaars geskryf, insluitende treffers vir kunstenaars soos Sonja Herholdt, Rina Hugo, Gé Korsten, Carike Keuzenkamp, Bobby Angel, Robbie Klay, OTH, Joanna Field, Caroline du Preez, Nádine en Patricia Lewis.
Els matrikuleer in 1981 van die Hoërskool Vrede en trou in 2005 met die hoogspringer en tweemalige Olimpiese silwermedalje-wenner Hestrie Cloete. Hulle het twee kinders: Chrizette en Jason John Els.
Lee Scott, ‘n sanger en aanbieder van ‘n gewilde TV program is g’n vreemdeling!
Die sanger en TV-aanbieder, Lee Scott, kén van klippe kou en harde werk. Sy professionel musiekloopbaan het immers in 2006 begin. Hy het in daardie jaar vir drie maande musiekteater aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) studeer voor hy ’n oudisie vir die boyband, Hi-5, afgelê het.
Ná hy gekies is as een van die vyf lede, het die groep vir ’n jaar saam musiek gemaak voor hul in 2007 ontbind het. “Ek het toe begin fokus op my sololoopbaan,” vertel Lee.
Dis ook hier waar dinge vir Lee begin vlamvat het. In Augustus 2010 reik hy sy solo-debuutalum Die Enigste Manier uit. Die album bevat twaalf liedjies in Afrikaans en Engels en sommige daarvan uit sy eie pen. Benewens vir sy debuutalbum het Lee ook opgetree by die Eurovision sangkompetisie in Noorweë.
Verlede jaar het Lee Scott die musiekbedryf stormgeloop met die uitreiking van sy nuwe enkelsnit Perfekte Vreemdeling. “Perfekte Vreemdeling gaan oor enige mens wat sit en dag
Sangeres Arina de Wit, is ‘n sangeres van formaat, hier is ‘n kort Bio van die dame
Suid Afrika se Diva!! maak haar verhoogdebuut op 5 jarige ouderdom en neem gedurende haar skoolloopbaan aan verskeie verhoogproduksies deel. Daarna volg drama studies aan die Universiteit van Stellenbosch waar sy ook sang onderrig ontvang van Prof. George van der Spuy.
Arina woon daarna vir ‘n paar jaar in Namibia waar sy bekendheid verwerf met verskeie TV – en Swaruk – musiek en drama produksies en as wenner van ‘n nationale musiekkompetisie.
Sy maak haar SA televisie buiging in Spies en Plessis met haar en Jan Spies se liedjie “Rietjiesfluit”. Sy vestig haar daarna in Pretoria en haar debuut CD word in 1992 vrygestel. Die album sluit o.a. “Wals van die Somer” en Skatkis vol Drome” in. Op “No Regrets” haar volgende album wat in 1994 uitgereik is, is talle immergewilde, romantiese treffers in Engels en Frans.
In 1996 verskyn ‘n Afrikaanse album “Voorbegin” met talle gewilde radiotreffers. Dit word gevolg met die baie
Manie Jackson tree op by die Vrystaat Kunstefees 2018 – Bloemfontein
Die 2019 Bok Radio Bootvaart beloof om DIE GROOTSTE partytjie van die jaar te wees! Luisteraars kan uitsien na optredes deur 22 Kunstenaars wat oor die 4 dae gaan optree. Alle vermaak op die Deck, in die Crystal Lounge en Disco is gratis.
Datum:- 9 Julie 2018
Tyd:- 19:00
Toegang:- R150
Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Bloemfontein?? kliek hier !!
Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou
[Wen] Parow en Polisiekar nooi jou vir musiek en speletjies
Kom ons loer ‘n bietjie na Kurt Darren se lewe
Kurt Darren, gebore Kurt Johan van Heerden, is ‘n bekende Afrikaanse sanger, liedjieskrywer en TV-aanbieder. Darren se debuutalbum, For Your Precious Love, is in 1995 vrygestel. In 2002 maak hy sy deurbraak in die Afrikaanse musiekbedryf met sy album Meisie Meisie.
Darren se musiek kan ook in Nederland en Vlaams België gehoor word, maar word meestal deur ander kunstenaars gesing. Sy liedjies “Staan op”, “Meisie meisie”, “Kaptein span die seile”, “Af en af” en “Bloubergstrand se sonsak” (Nederlandse Vinzzent, Dromendans 2012) is voorbeelde hiervan.
In 2010 ontvang Darren twee SAMA-toekennings vir beste verkopers in die afdelings “true tone”-aflaaideuntjie vir “Kaptein” en vollengte-aflaaideuntjie vir “Af en Af”.
Klipwerf Orkes! – Vyftig goue jare vol hoogtepunte
Die Klipwerf Orkes is terug met ’n splinternuwe album, 50 Jaar se Hoogtepunte, en dié album, wat pas vrygestel is, het reeds goue status bereik.
Met hierdie album vier hulle die ongelooflike mylpaal van vyftig jaar in die Afrikaanse musiekbedryf deur hul grootste treffers op een album vas te vang.
Na 20 jaar het die Klipwerf Orkes hulle eerste album vrygestel en daarna aanhangers jaarliks met ’n nuwe album bederf. Met albumverkope van meer as 1,4 miljoen, is dié orkes een van die mees suksesvolle orkeste in Suid-Afrika.
Uit 29 albums het sewe albums platinumstatus bereik en 22 albums goue status. Onder die hoogtepunte van hul loopbaan is verskeie SAMA-benoemings en die erkenning wat hulle deur die ATKV, vir die bevordering van Afrikaanse musiek, ontvang het.
Gedurende hul 40ste bestaansjaar het hulle ook ’n toekenning van die Hantam Vleisfees ontvang vir gewaardeerde bydrae tot die sukses van die fees.
Vir die Klipwerf Or
Solo-enkelsnit uit deur Abel Knobel
Die sanger Abel Knobel, wat bekendheid verwerf het as lid van die groep NRG Energie, het onlangs sy solo-enkelsnit Die Stilte Het Gepraat uitgereik.
Die snit wat as ’n mid-tempo ballade kan beskryf word, is deur Abel en Pierre Rossouw geskryf toe hy deur diep waters is. “Die pyn wat gepaard gaan met die verlies van ’n liefde, om meer spesifiek te wees is die inspirasie agter die snit,” sê hy.
Volgens Abel is die doel agter sy debuut enkelsnit om agter te kom wie hy regtig as solo-kunstenaar is. “Die laaste ding wat ek wou doen was om die proses aan te jaag. As mens net iets vrystel wat nie goed deurdink is nie, en ook nie outentiek of authentic aan jou is nie, sal dit nooit so groot impak maak nie, en ek dink ons mark is op ’n plek waar die publiek honger is vir iets wat real en honest is.”
Met die snit het Abel unversiële temas soos eensaamheid en verwerping direk probeer aanspreek. En vertel: “Maak nie saak hoe alleen of verw
’n Ietsie nuurts vir die Noord-Kaap:- Droomvanger Orkes
Die splinternuwe vierstuk-orkes, Droomvanger, wat bestaan uit Pierré Meintjes (sang en klavier), Warrick Waddington (kitaar), Rikus Maritz (baskitaar) en Ryno Groenewald (dromme), is reg om die Noord-Kaap in alle glorie te verteenwoordig.
Die groep het tans hul eerste demosnit Erkenning opgeneem en nóg opwindende musiek vloei reeds deur hul pen. Ryno en Pierré skryf die musiek saam. “Ek pen die woorde en Pierré sit die melodie by op die klavier. Ons is regtig ’n goeie span,” sê Ryno.
Erkenning is ’n jaar terug geskryf en vertel die storie van hoe mens so ’n bietjie moet lewe. “Bring vir my die donker, sak vir my die son is metafories vir die aand, wat beteken dat ons slegs dan met ons geliefdes en vriende kuier, omdat ons deur die dag te besig is met werk of ander verpligtinge,” vertel Ryno.
Die groep spog reeds met tien oorspronklike liedjies wat reeds geskryf, gekomponeer en ingeoefen is. Boonop tree hulle vir die eerste kee