Dit is met trots dat ons met julle kan deel dat ZITA Pretorius, Dinsdag 1 Oktober, haar nuutste solo-enkelsnit, ‘LIGTE SKYN’ vrystel aan radio en media landswyd.
Sedert Zita die Afrikaanse musiek mark in 2011 betreë het, groei sy van krag tot krag. Zita spog met verskeie albums op haar kapstok en ook ‘n hoop nominasies en toekennings. Sy is vars, oorspronklik and steeds verrassend.
>Lauren Copley is ‘n Suid-Afrikaanse kunstenaar wat ‘n florerende loopbaan as ‘n tiener in die 1970s gehad het. Sy het reeds op die ouderdom van 11 haar eerste album vrygestel, as Leoné Lauren, en het daarna verskeie treffers gehad met haar vrystellings op solus sewe. Hiervoor het sy twee Goue Plaat-toekennings ontvang, en het ook in 1973 Suid-Afrika by die Tokio Musiekfees in Japan verteenwoordig toe sy slegs 15 jaar oud was.