Bestel blomme aanlynOrder flowers online

Musiek414 Videos

image-.jpg
0

Opvoering by Huis Maerua Goue Oues Fees – Windhoek

Galaxy Promotions in samewerking met Huis Maerua bied ‘n musiek konsert en markdag aan om fondse vir Huis Maerua in te samel en bewustheid te skep.

Datum:- 19 Mei 2018

Tyd:- 09:00 tot 22:00

Toegang:- R$120


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Windhoek?? kliek hier !!


Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!


Adres:- Doc Jubber Hockey Fields – Hockey Union En Jubber Hockey Fields, Cricket street Olympia, Windhoek.

GPS Koordinate:- -22.606642,17.087989

Kaartjies beskikbaar by SA Radio

image-.jpg
0

Die duo Twee: Sirkels Album Bekendstelling – Pretoria

Kort op die hakke van hul eerste weghol sukses album, Piekniek vir Twee, volg die kykNET Afri-Visie wenners, TWEE, se volgende album, SIRKELS.

Datum:- 17 Mei 2018

Tyd:- 19:15

Toegang:- R150 – R175

Herman en Maria se unieke en eerlike vertolking van hulle liedjies het gou gehore se harte gesteel! Luisteraars kan huil, dans, glimlag,n nostalgies wees, om die braaivleisvuur kuier of alleen met oorfone stil wees en luister. Herman noem dat hy juis weer kies om nie die stories te deel wat hom inspireer het om die liedjies te skryf nie, omdat hy wil he die luisteraar moet na aanleiding van hul eie ervaringe aanklank vind by die lirieke en universele temas.


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Lynnwood?? kliek hier !!<

image-.jpg
0

Ontmoet vir Liza Brönner, ‘n Afrikaanse sangeres van formaat

Liza Brönner is ‘n Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. Haar debuutalbum, Onderstebo is op 21 September 2009 deur EMI vrygestel. Hierdie album is herverpak en op 29 Maart 2010 met vier nuwe snitte as Asemloos uitgereik (ook deur EMI).

Haar derde album, Vir eers is dit net ek… is op 01 September 2011 deur HIT Records vrygestel. Hierdie album is opgeneem en verwerk deur Johan Rautenbach wat vele bekende Suid-Afrikaanse sangers se albums reeds met groot sukses opgeneem het (onder andere die van Eden, Lianie May, Bok van Blerk, Bobby van Jaarsveld, ens.)

In Mei 2013 wen Brönner ‘n werklikheidsprogram wat ‘n plaasvervanger vir die rol van Liefling (gebaseer op die rolprent) soek,[1] om die verhoogstuk aan te pak. Sy lewer ‘n puik vertolking van die hoofrol, “Liefling” teenoor die bekende Bobby van Jaarsveld.

Ná 2 jaar se optredes en promosiewerk vir haar album, “Vir eers is dit net ek” het 2Br

image-.jpg
0

Drie van die Bestes 20 jaar lank – Pretoria

“Drie van die Bestes” – Kevin Leo, Mathys Roets en Danie Niehaus ? bekoor gehore al meer as 20 jaar met wonderlike humor en musiek.

Datum:- 13 Mei 2018

Tyd:- 15:15

Toegang:- R180 – R200


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Lynnwood?? kliek hier !!

Is u opsoek na goedkoop vliegtuig
image-.jpg
0

Top 20 vir die week: 7 Mei 2018

Nadat Elandré einde verlede maand ‘n Ghoema-toekenning vir die beste Country-album van die jaar gewen het, neem hy die week die nommer 1 posisie in my sy treffer “Die lyn”. Dus skuif daar ‘n bietjie skommeling in ons Top 20 vir die week.

Ons het ook nuwe toetredes vir die week, dit is Jan Bloukaas en Mariné Moffat met hulle liedjie “Desembers” en dan Jay met sy liedjie “Lê ‘n bietjie langer”.

Mag al die moeders ‘n wonderlike Moedersdag geniet!! Loer hieronder vir ‘n spesiale liedjie net vir julle !!

Kom ons spring weg en kyk na die stand van sake op ons Top 20 lys vir die week wat voorlê:-

1. Elandré – “Die lyn”
2. Bok van Blerk & Robbie Wessels – “Die sluise van die hemel”
3. Tarryn Lamb – “Mal oor jou”
4. Jo Black – “Die vrou wat ek liefhet”
5. Steve Hofmeyr – “Redgebed”
6. Appel – “Boer loop deur my are”
7. Li

image-.jpg
0

Optrede te Langebaan: Mathys Roets by Pirates

Kom vier saam met die gewilde Suid-Afrikaanse sanger MATHYS ROETS sy 21ste jaar in die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf, gevul met persoonlike sowel as beroepshoogtepunte wat sy vertonings altyd gesog maak.

Datum:- 16 Mei 2018

Tyd:- 20:00 tot 23:00

Toegang:- R80


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Langebaan?? Click Here !!
image-.jpg
0

Die sang groep Tussen Sterre betower met aansteeklike lirieke

TussenSterre is Suid-Afrika se nuwe, vars Afrikaanse Pop/Rock-groep wat in 2015 gestig is deur Jan-Mattys van Lill, Martin Clifford Earle en SJ van Dyk.

TussenSterre se eerlike lirieke, ernergieke musiek en elektriese klanke is bestem om mense van alle ouderdomme regoor Suid-Afrika aan te raak.

Die groep beoog om die Arikaanse mark te revolusioneer met hul unieke skryfstyl en passie om die Afrikaanse taal lewendig te hou.

“Ons maak nie net musiek nie, ons verduidelik emosies wat mense oor die algemeen mee sukkel om met woorde te sê” vertel hulle.

TussenSterre se eerste enkelsnit, Wonder Steeds, is beskikbaar op iTunes waarvan die musiekvideo in Julie 2016 vrygestel gaan word.

Loer hier na hulle musiekvideo:- Tussen Sterre – Wonder Steeds

image-.jpg
0

Die band 1925band vra ‘Waarom’ met nuwe snit

Die populêre broer-trio van die 1925Band, Reno, Jeff en David-Lee Gericke, het pas hul nuwe enkelsnit, Waarom, vrygestel.

Waarom, is geskryf deur ’n familie-lid, Gert Steenberg (Stoney), terwyl Jeff ’n paar jaar gelede daar gekuier het. “Almal het altyd baie vrae. Die grootste vraag is Waarom?. Waarom is die hemel blou, Waarom het ek die lied geskryf? Ons as band, vra gereeld, Waarom? Die lied herinner ons dat die antwoord by jouself lê – wie en wat jy wil wees. As jy jouself vra, dan word die antwoord gebore,” vertel David-Lee Gericke.

Waarom volg na vrystellings soos Eintlik Nogal Baie, Gedig op my Arm, Al Te Min Te Veel Gevra en Fynbos, wat steeds gereelde blootstelling op radio en televisie landwyd geniet. Hulle album, Eintlik Nogal Baie, is in 2017 vrygestel.

Die groep toer tans in Holland en doen ook landwye BeeGees Tribute vertonings wat baie gewild en in aanvraag is. Met hulle talent en uitstekende harmonie, bring hulle die s

image-.jpg
0

Makietie te Wellington Op ń Stasie fees

Die Stasiefees vanaf 11 tot 12 Mei is voorwaar ‘n opskop wat die erfenis, verskillende kulture en gees van gemeensaamheid meesterlik saamsnoer en vier. Kom na Stokery Straat vir ‘n geleentheid wat geeneen mag misloop nie!

Datum:- 11 & 12 Mei 2018

Tyd:- 09:00 tot laat

Toegang:- R150


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Wellington?? SA Radio
image-.jpg
0

Sangeres Hanna Boss en Burgerd Botha werk saam!

Hanna Boss se splinternuwe debuutalbum, Verf Jouself, is pas uitgereik en menseverhoudings is die sentrale inspirasie agter die musiek.

Sy beskryf dit as ’n moderne Afrikaanse popalbum, waarvan die titelsnit presies verklap waar sy tans in haar lewe is en wat sy moes doen om hier te kom.

Haar eerste enkelsnit, ook getiteld, Verf Jouself, vanaf die nuwe album is gedurende 2017 uitgereik en het binne die eerste twee weke na vrystelling die treffeparades oorgeneem en ook die Nr. 1 posissie op GrootFM se Groot 20 bereik. Die musiekvideo is ook gereeld te sien op verskeie televisiekanale soos kykNET, SABC 2 en MyTV.

Haar tweede enkelsnit, Mekaar Bedoel, is ’n duet saam met alombekende Burgerd Botha (Romanz) en word nou, gedurende die maand van liefde, aan radiostasies landswyd uitgereik. Hulle deel ’n hegte vriendskap wat oor baie jare strek en volgens Hanna was Burgerd die natuurlike keuse vir hierdie duet.

Die liedjie vier daardie a

image-.jpg
0

Lucas se liedjies – Kiekies – Stellenbosch

Lucas Maree as liedkunstenaar het min gelykes in Afrikaans. Jannie du Toit en Thean Kotze (stigterslid van Ses Snare) herontdek sy verbeeldingryke kyk na die lewe en laat die gehoor met persoonlike anekdotes iets beleef van sy uitsonderlike menslikheid en kreatiewe gees.

Datum:- 15 Mei 2018

Tyd:- 19:00

Toegang:- R120

Twee ervare verhoogkunstenaars bied die liedjies van hulle gewaardeerde vriend, kollega en `n legende van Afrikaanse musiek passievol aan. Soos Lucas self die sestigs se folk gesing het met die klem op fyn afgeronde kitaarspel, harmoniee en tekste wat iets te se het, beweegThean en Jannie singend en spelend deur die wonderlike landskap van verhale, ideale, wysheid en drome wat die ou Groot Beer – soos sy vriend Coenie de Villiers hom genoem het ? daargestel het.


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Stellenbosch??

image-.jpg
0

Die sanger Burgerd Botha reik debuut solo-album én enkelsnit uit

Burgerd Botha het beslis geen bekendstelling nodig nie. Hierdie talentvolle kunstenaar, met sy sielvolle stem, was nie net vir sewe jaar betrokke by die bekroonde groep Romanz nie, maar tree ook gereeld op by van die land se grootste feeste en konserte. Sy langverwagte debuut solo-album is pas vrygestel en beloof om aanhangers se asems weg te slaan.

Hartlagsiel is ’n pragtige kombinasie van ligte akoestiese popmusiek, hartroerende ballades en interessante elektroniese klanke, wat luisteraars sal uitnooi om saam te sing en diep te dink oor die lewe en die liefde.

“My CD is een wat ’n mens aanspoor om die lewe elke dag opnuut aan te pak, ongeag vir die feit dat dit soms moeilik is en alles nie altyd volgens plan verloop nie. Die Here verwag van jou om Hom te bly vertrou, aan te hou en die wenstreep in die oog te hou,” verduidelik die sanger.

“Ek wou graag die album so saamstel dat elke lied as ’n enkelsnit op sy eie staan en uitgegee k

image-.jpg
0

Come Worship by Malmesbury Swartland met Retief Burger en ShofarBand

Kom en aanbid vanaf saam met ons en Retief Burger en die ShofarBand. Die kaartjies kan by Shofar Malmesbury of NG Noord Gemeente gekoop word, besonderhede volg verder in die berig.

Datum:- 5 Mei 2018

Tyd:- 18:30 tot 21:30

Toegang:- R50


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Malmesbury?? SA Radio
image-.jpg
0

Cape Town Grand Jol Suidooster Sepie

Kom PARTYTJIE saam by die TygerBurger Grand Jol op 5 Mei en ontmoet die sterre van Suidooster Trek jou dansskoene aan en kuier een aand saam vanaf 19h00 tot laat. Met gewilde kunstenaars soos Kurt Darren, Emo Adams, Garth Taylor, Loyiso, Tarryn Lamb en Salome op die grootste dansvloer in Kaapstad.

Die GrandArena sal vir hierdie eiesoortige geleentheid in `n spoggerige dansvloer omskep word en gaste sal geleentheid kry om die aand verby te dans.

Datum:- 5 Mei 2018

Tyd:- 19:00 tot 23:30

Toegang:- R240


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly naby Grand West Casino & Entertainment World?? SA Radio

image-.jpg
0

Opvoering te Stellenbosch : 401 Rozendal Danie Niehaus

Hiermee word u hartlik uitgenooi om ‘n lekker vertoning deur die bekende Danie Niehaus en smaaklike ete te kom geniet by 401 Rozendal. Die kaartjieprys sluit in ‘n heerlike verwelkomingsdrankie, Canapés en ‘n smaaklike 3 gang maaltyd voorberei deur Two Chefs. Daar sal ook ‘n kontantkroeg beskikbaar wees.

Datum:- 4 & 5 Mei 2018

Tyd:- Geen inligting verskaf

Toegang:- R580 p.p. – Semi-formeel


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Rozendal?? SA Radio

image-.jpg
0

Top 20 vir die week: 1 Mei 2018

In vandeesweek se SAUK Radio Top-20 is daar 10 liedjies wat hul posisies verbeter het, 8 wat momentum begin verloor het en 2 liedjies wat hul plekke behou het.

Na die Ghoema-musiektoekennings het aanlynverkope van die wenners in verskeie kategorieë die hoogtes ingeskiet. Jo Black se “Skepe” was die mees afgelaaide liedjie in die Afrikaanse kategorie. Sy liedjie “Die vrou wat ek liefhet” bring na nommer 7. Ander Ghoema-wenners soos Steve Hofmeyr, Kurt Darren, Appel en Anders, het ook Maandag onder die Top-20 afgelaaide Afrikaanse liedjies geëindig.

Brendan Peyper betree die Top-20 met sy nuwe liedjie “Klim jou Everest” op nommer 15, julle kan na die nommertjie luister volgende week !!

Kom ons spring weg en kyk na die stand van sake op ons Top 20 lys vir die week wat voorlê:-

1. Bok van Blerk & Robbie Wessels – “Die sluise van die hemel”
2. Elandré – “Die lyn”
3. Appel – “Boer loop deur my are

image-.jpg
0

Die Ghoema-musiekpryse vir 2018 is in: En die wenners is…

Op Sondag 29 April om 20:00 het die ganse Afrikaanse musiekbedryf by Emperors Palace in Kempton Park byeenkom om te hoor wie met Ghoema Musiektoekennings wegstap.

Die Ghoemas, vanjaar in sy sewende jaar, is die enigste onafhanklike toekennings vir Afrikaanse musiek.

KLIK HIER VIR DIE BENOEMINGS
Hier is die volledige lys van wenners:

BESTE NUWELING VAN DIE JAAR
Jo Black – Skepe

BESTE KOMPOSISIE VAN DIE JAAR
1 Elvis Blue – Die Brug (Geskryf deur Elvis Blue)

BESTE HIP-HOP-LIEDJIE VAN DIE JAAR
YOMA – Wille Kat (Geskryf deur Claudia Witbooi [YOMA])

BESTE POP-ALBUM DEUR ’N MANLIKE KUNSTENAAR
Jay – So Lank Sal Ek Jou Liefhê
Kurt Darren – Laat Die Dansvloer Brand

BESTE POP-ALBUM DEUR ’N VROULIKE KUNSTENAAR
Karlien van Jaarsveld – Sing Vir Liefde

BESTE

image-.jpg
0

Stef Bos tree op in Sasolburg

Stef Bos soek na die KERN van alles. Hy weet hy gaan dit nooit vind nie, maar hy bly soek in woorde en songs, gedigte en stories.

Die een oomblik is hy skreeusnaaks, dan weer kry jy hoendervleis en wil `n traan wegpik. Maar dis lewens-eg – soos die boek van Murray Janson wat sy lewe verander het.

Datum:- 6 Mei 2018

Tyd:- 14:30

Toegang:- R150


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Sasolburg?? SA Radio
image-.jpg
0

Karlien van Jaarsveld & orkes tree op – Atterbury Theatre – Lynnwood

KARLIEN VAN JAARSVELD, multi platinum kunstenaar tree op met `n 3 stuk orkes. Sy neem jou op `n reis van haar lewe met liedjies uit haar eie pen, maar ook liedjies van ander kunstenaars wie se musiek ook deel van haar lewe vorm en vir sy baie respek het.

Datum:- 3 Mei 2018

Tyd:- 19:15

Toegang:- R160 – R180

image-.jpg
0

Kom beleef Stef Bos Kern – Pretoria

Stef Bos soek naar die KERN van alles. Hij weet hy gaan dit nooit nie vind nie, maar hy bly soek In woorde en songs gedigte en stories. Die ene keer is hy skreeusnaaks, dan weer kry jy hoenervleis.

Datum:- 5 Mei 2018

Tyd:- 19:15

Toegang:- R160 – R180

image-.jpg
0

Dié Bekende Sanger kry die stem agter ‘n kykNET- sitkom

Op 9 April 2018 het daar ’n splinternuwe Afrikaanse sitkom, Mense Mense, op kykNET afgeskop. Die Nouvanaand Films-produksie sluit nie net ’n sterbelaaide rolverdeling in nie, maar ook ’n prettige temalied deur die gewilde sanger en liedjieskrywer, Len Muller in.

Vrede is ’n opgewekte kontemporêre snit in Len se kenmerkende Afrikaans-akoestiese styl en is geskryf in samewerking met Roan van As en Raldo Mattheus. Alhoewel daar ’n baie diep boodskap in die lirieke skuil, het die liedjie ’n ligte aanslag met ’n wysie wat in jou kop vassteek en jou uitnooi om saam te sing.

“Vir my gaan dit oor elke mens se strewe na vrede en hoe ek myne kan vind in God, veral wanneer die lewe en omstandighede my anders laat voel,” deel die musikant. “Ek worstel self met angs en depressie en wou graag iets skryf wat vrede verkondig aan diegene wat met dieselfde dinge worstel.”

image-.jpg
0

2018 SAMA 24: Die Afrikaanse benoemings!

Dis weer tyd vir die South African Music Awards (SAMA), wat vir die 24ste keer deur die Recording Industry of South Africa (RiSA) aangebied word. Die jaarlikse geleentheid vereer van die beste talent oor ’n tydperk van twee dae in sleutel kategorieë.

Sommige van die benoemdes gaan ook tydens die seremonie optree, wat beloof om ’n skouspel soos min te wees.

Hier is die Afrikaanse benoemdes:

BEST ROCK ALBUM
Willim Welsyn – Blitzkriek
Fokofpolisiekar – Selfmedikasie

BESTE POP-ALBUM
Ray Dylan – Uitbasuin
Karlien van Jaarsveld – Sing Vir Liefde
Brendan Peyper – Hy Loop Oop
Kurt Darren – Laat Die Dansvloer Brand
Lianie May – Iemand Om Lief Te Hê

BESTE KONTEMPORÊRE ALBUM
Saarkie – Queen van die Toorbos
Die Heuwels Fantasties – OKAY!
Jo Black – Skepe

image-.jpg
0

Joe Foster het verskillende gesigte “ontmasker” in sy nuwe video

Almal dra maskers – ’n geforseerde glimlag is seker een van die bekendstes. Ons steek graag weg wie ons werklik is en wat ons voel. Niemand wil hê die wereld moet hulle swakheid sien nie.

Dit was juis die idee agter Joe Foster nuwe musiekvideo, vir die snit, Look Away. “Om al hierdie emosies en gevoelens wat mens deurgaan in ’n moeilike tyd, vas te vang op my gesig in karakters, kleur, en maskers, terwyl ek emosieloos voor my uitstaar. Die maskers praat dus oor wat ek binne voel en kontrasteer dit wie ek eintlik is,” vertel Joe.

Die storielyn speel af in ’n gerieflike studio in Honeydew. Dit is hier waar die ongelooflike film span, Silo Art Motion Skills en Creative Chaos grimeerkunstenaar bymekaar kom om jou op ’n reis van gevoelens te neem.