FM Radio90 Videos

image-.jpg
0

Camille:- Amerikaanse meisie sing in Afrikaans!

Camille van Niekerk is ‘n sanger en vokale instrukteur in Ventura, Kalifornië. Sy is lief vir die deel van die skoonheid en vreugde van musiek met ander, hetsy deur prestasie of onderrig.

Camille het op die ouderdom van sewe begin studeer en in musicals begin presteer. Sy het gedans, gerangskik en gespeel soos rolle in Belle in die Skoonheid en die Bees, Chiffon in Klein Winkel van Horror, en Gabriella in Hoërskoolmusiek. In 2010 het Camille begin werk aan haar BA in Musiekopvoeding aan die Azusa Pacific University, waar sy klassieke stem bestudeer het met Rebecca Genzink en jazzstem met Kristin Korb en John Proulx. Camille het op die top van haar klas met ‘n 3,98 GPA geslaag. Sy het toe haar onderrigkwalifikasie van die San Diego State University verdien en klas- en instrumentale musiek aan die klas geleer. Kort nadat sy na die LA-land verhuis het, het Camille haar privaat vokale ateljee begin, met vokale afrigting, ooropleiding en opname vir s

image-.jpg
0

Top 20 vir die week: 11 Junie 2018

Tarryn Lamb verloor die week haar nommer 1 posisie en Jay skiet op na daardie nommer 1 posisie toe met sy treffer liedjie ‘Lê ‘n bietjie langer’.

Dirk van der Westhuizen se nuwe treffer liedjie ‘Sexy vir my’ kom die week in op nommer 16 (loer hier onder na die musiekvideo). Willem Botha betree ook die week die Top 20 met sy treffer “Enigste man op aarde” op die nommer 20 posisie (luister hier onder na ‘n klankgreep van sy liedjie)

Kom ons spring weg en kyk na die stand van sake op ons Top 20 lys vir die week wat voorlê:-

1. Jay – “Lê ‘n bietjie langer”
2. Tarryn Lamb – “Mal oor jou”
3. Juanita du Plessis – “Dankie vir jou liefde”
4. Elandré – “Die lyn”
5. Karen Zoid – “Hoe ek voel”
6. Brendan Peyper – “Klim jou Everest”
7. Jo Black – “Die vrou wat ek liefhet”
8. Elandré – “Honderd duisend maal”
9. Elizma Th

image-.jpg
0

Sangeres Chanell van den Bergh is ‘twee tree’ nader aan haar droom

Chanell van den Bergh het onlangs haar splinternuwe enkelsnit, Twee Tree vrygestel.
Dié snit, geskryf deur Chanell en Daniel Po, handel oor die tipiese Engelse gesegde, I’ve got your back – die gevoel in ’n vriendskap of verhouding waar jy weet iemand sal altyd agter jou staan, ongeag wát.

Chanell hoop om met dié country/pop enkelsnit te slaag daarin om die publiek vir ’n paar minute weg te neem uit hul realiteit. “Ek hoop mense sal dit goed ontvang en dat hul sommer sal wil dans wanneer hul dit hoor.”

Die musiekvideo, vervaardig deur VPH Films, is in die Noorde van Pretoria geskiet, want hulle wou graag ’n treinspoor insluit in die tonele. Chanell vertel dat die opname groot pret was en dat alles sommer vanself in plek geval het.

“Ek het nie geweet ek moet daarin dans nie, maar toe die musiek begin en almal sê ek moet dans, toe dans ek maar – en geniet dit,” vertel sy.

Chanell is intussen ook besig met haar

image-.jpg
0

Top 20 vir die week: 13 August 2018

In vandeesweek se Top 20 lys het van die sangers weer sobietjie wipplank gery en daar is nuwe toevoegings. Kom ons kyk gou wat gebeur het, 6 snitte wat die leer geklim het, 11 wat sobietjie teruggesak het, een wat onveranderd gebly het en 2 nuwe liedjies wat die week die Top 20 betree het.

Tarryn Lamb se liedjie “Mal oor jou” neem die week die nommer 1 posisie in. Dit is natuurlik te danke aan haar debuuralbum wat onlangs bekendgestel is.

Elandré met sy liedjie “Die lyn” en Almero met sy treffer “Monochromie” is hulle plekke op die Top 20 kwyt. Daar die nommer 19 posisie is nou Angel de Lange sin met haar treffer “Juwele” en Jennifer Zamudio is ons nommer 20 posisie met haar treffer “Altyd myne”.

Kom ons s

image-.jpg
0

PAARL Piekniekkonsert / Picnic Concert: Die Heuwels Fantasties – 24 March 2018

Heuwels en hul fantastiese klanke bestyg die berg by Taalmonument / Language Monument’s mountain alive with the sound of the hills! Dit is die laaste konsert van hierdie somerseisoen en ten gunste van die Laat ons Lees!-geletterheidsprojek vir kinders.

Date:- 24 March 2018

Time:- From 20:00 until 21:00

Address:- At Paarl Monument, Gabbema Doordrift St, Suider-Paarl, Western Cape, South Africa
Gabbema Doordrift St, Suider-Paarl, Western Cape, South Africa

Price:- R70- R140 P.P.

Die vertoning begin om 20:00 in die Tuinteater – ‘n kleinboetie van die bekende Paarl Amfiteater – op die sagte grasperk reg aan die voet van die monument terwyl die son se laaste strelende strale kwyn. Besoekers is welkom om vooraf die beeldskone omgewing via wandelpaaie te verken terwyl die kinders hulself in die speelparkie vermaak.

Bring jou eie dranki

image-.jpg
0

Lucas se liedjies – Kiekies – Stellenbosch

Lucas Maree as liedkunstenaar het min gelykes in Afrikaans. Jannie du Toit en Thean Kotze (stigterslid van Ses Snare) herontdek sy verbeeldingryke kyk na die lewe en laat die gehoor met persoonlike anekdotes iets beleef van sy uitsonderlike menslikheid en kreatiewe gees.

Datum:- 15 Mei 2018

Tyd:- 19:00

Toegang:- R120

Twee ervare verhoogkunstenaars bied die liedjies van hulle gewaardeerde vriend, kollega en `n legende van Afrikaanse musiek passievol aan. Soos Lucas self die sestigs se folk gesing het met die klem op fyn afgeronde kitaarspel, harmoniee en tekste wat iets te se het, beweegThean en Jannie singend en spelend deur die wonderlike landskap van verhale, ideale, wysheid en drome wat die ou Groot Beer – soos sy vriend Coenie de Villiers hom genoem het ? daargestel het.


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Stellenbosch??

0

Saldanha: Albert Frost Live at Blue Bay Lodge

Albert Frost is back at Blue Bay Lodge after a super successful show this year. Date of performance:- 10 FEBRUARY 2018 Time of the event:- From 19:00 until 23:00 Place were event will be held:- At Henry Wicht Ave Saldanha, Western Cape, South Africa
image-.jpg
0

Georic Lomas se debuutalbum op pad, kyk uit daarvoor!

Dit was die jaar 2013, en tussen al die bekendes in die rolverdeling van die gewilde musiekfilm, As Jy Sing, het ’n nuweling die oog en die oor gevang.

Amper 4 jaar later en Georic Lomas het nie net ’n getroue groep bewonderaars opgebou nie, maar na die uitreiking van sy eerste treffer, Bazaruto, hier teen die einde van verlede jaar, kom die opwindende nuus dat sy debuutalbum binnekort op die rakke sal wees.

Maar voor die CD die winkels gaan tref teen Junie, sal ’n paar liedjies vanaf die album, getiteld Silhoeët, reeds vanaf 17 Maart beskikbaar wees op iTunes en Apple Music. Silhoeët sal 14 liedjies in totaal bevat met Johan Vorster, Christoph Kotzé en Georic homself wat pen op papier neergesit het.

Die eerste liedjie wat nou aan radiostasies gestuur sal word heet Die Leeu, en is ’n lekker vinnige dansnommertjie wat gewild sal wees onder almal wat jonk en jonk van gees is. Daar word ook reeds beplan aan die musiekvideo vir die liedj

image-.jpg
0

Nuwe enkelsnit/musiekvideo uit van Chanell van den Bergh

Ná die suksesvolle uitreiking van Chanell van den Bergh se enkelsnit, Twee Tree, is die blondekop sangeres terug met ’n nuwe enkelsnit, wat Oorlog heet.

Oorlog, wat deur Chanell self geskryf is, is ’n pop/country/rock liedjie wat handel oor ’n innerlike geveg wat uiteindelik tot die einde van ’n verhouding kan lei. “Ek het Oorlog al ’n jaar terug geskryf, en ek voel musiek moet ’n mens ’n gevoel kan gee en mense deur moeilike tye dra,” sê sy.

Chanell hoop dat haar gehoor met die liedjie kan vereenselwig, en sê: “Ek dink ons almal was al in so ’n verhouding waar jy baklei teen liefde.” Volgens die sangeres het musiek haar altyd deur moeilike tye gedra, en sy hoop dat haar musiek iemand anders weer deur soortgelyke tye kan dra.

Die musiekvideo vir die snit is ook deur Chanell self finansier. “Ons het geen begroting gehad, maar ek was super blessed deur ongelooflike vriende te kan hê, wat kamera toerusting gehad het wa

image-.jpg
0

Due Bottomless Coffee sing pragtig in Afrikaans

Bottomless Coffee moes vir die perfekte dag wag om die video vir hul eerste Afrikaanse liedjie Ek Sal Wag te skiet.

Een van die lede, Lourens Rabé verduidelik: “Ons het Ek Sal Wag begin konseptualiseer rondom die gevoel van winter. Die liedjie was geskryf tydens toer op ’n koue en grys dag in Londen, en ons wou hierdie selfde gevoel vasvang op die video. Ons moes daarom die weervoorspelling dophou siende dit steeds somer was toe ons die video moes skiet. Toe die nodige kouefront uiteindelik op pad was, moes ons alles opsy skuif en dinge vir die maak van die video blitsvinnig reël.”

Volgens Lourens was die weer op die dag self ook maar op en af. Na ’n tydperk van “jakkals trou met wolf se vrou” kon hul net gedeeltelik verfilm as dit bewolk was en moes elke keer stop sodra die son uitgekom het.

“Ons is toe so 18:00 na die Paarl-berg en teen daardie tyd het die wolke behoorlik ingerol. Dit het soos winter in sy volle glorie gevoel.

image-.jpg
0

Die duo DZL se nuwe enkelsnit “Het Jy Al Gelewe”, is ‘avontuurlustig’

Die manne van DZL word daaraan geken dat hulle nie iets op die gewone, tradisionele manier doen nie. Dit blyk duidelik met die bekendstelling van hulle nuwe enkelsnit Het Jy Al Gelewe, wat vandag, 23 Maart 2018, op radiostasies regoor die land vrygestel word.

Die manne het ook ’n lekker verrassing vir hulle ondersteuners; die publiek kan ’n avontuur saam met Andries en Wiaan los slaan.

Lede van die publiek word uitgenooi om hulle stories te vertel waartydens hulle die lewe as’t ware by die horings gepak het. Die beste stories wen dan ’n avontuurlustige uitstappie met die twee manne.

“Ons hou mos daarvan om altyd iets mal aan te vang wat die bloed deur jou are laat bruis en daarom gee ons lede van die publiek die geleentheid om so ’n avontuur met ons mee te maak,” vertel Andries.

Het Jy Al Gelewe, die eerste enkelsnit vanaf DZL se nuwe album, Realiteit is ’n lekkerluister country-popdanstreffer wat gaan oor die vreugde van

image-.jpg
0

Sangeres Hanna Boss en Burgerd Botha werk saam!

Hanna Boss se splinternuwe debuutalbum, Verf Jouself, is pas uitgereik en menseverhoudings is die sentrale inspirasie agter die musiek.

Sy beskryf dit as ’n moderne Afrikaanse popalbum, waarvan die titelsnit presies verklap waar sy tans in haar lewe is en wat sy moes doen om hier te kom.

Haar eerste enkelsnit, ook getiteld, Verf Jouself, vanaf die nuwe album is gedurende 2017 uitgereik en het binne die eerste twee weke na vrystelling die treffeparades oorgeneem en ook die Nr. 1 posissie op GrootFM se Groot 20 bereik. Die musiekvideo is ook gereeld te sien op verskeie televisiekanale soos kykNET, SABC 2 en MyTV.

Haar tweede enkelsnit, Mekaar Bedoel, is ’n duet saam met alombekende Burgerd Botha (Romanz) en word nou, gedurende die maand van liefde, aan radiostasies landswyd uitgereik. Hulle deel ’n hegte vriendskap wat oor baie jare strek en volgens Hanna was Burgerd die natuurlike keuse vir hierdie duet.

Die liedjie vier daardie a

0

Jo Black maak rolprentdebuut in ‘Susters’

Dalk het hy al vir ’n geruime tydjie soos ’n akteur begin voel as mens in ag neem die musiekvideo van sy treffer, Skepe, is reeds meer as 2 miljoen keer op YouTube gekyk. Maar nou het Jo Black en sy baard die grootskerm betree met die aankondiging dat hy sy opwagting gaan maak in die rolprent Susters. Jo sluit aan by ’n sterk rolverdeling wat Leah, Quanita Adams en Diaan Lawrenson in die hoofrolle insluit. Dié verhaal gaan oor drie aangenome susters wat van mekaar vervreemd geraak het en hoe hulle op ’n ontdekkingsreis gaan met die afsterwe van hul moeder. Dis ’n reis gevul met tere herinneringe, interessante karakters, ongelooflike mooi plekke en dit wat die skoner geslag baie goed mee is – hoe om sakke vol pret te hê.
image-.jpg
0

Adam optrede te Weiveld in Pretoria area. Lekker Langarm Musiek Saterdagaand!

Weiveld is Pretoria se Nuutste, Grootste en Beste Kuierplek. Weiveld is elke Vrydag en …Saterdagaand oop vir lekker kuier en die BESTE in langarm musiek.

Datum:- 6 April 2018

Toegangs prys:- R 50 en deure open 19:00,
tensy anders aangedui.

Daar tree ook kunstenaars van tyd tot tyd op en kaartjies vir hierdie geleenthede is beskikbaar by itickets.co.za. Alle informasie rakende hierdie optredes verskyn ook by itickets.co.za en kaartjiepryse wissel.

image-.jpg
0

Top 20 vir die week: 18 Junie 2018

Aan al die Vaders wat ons berigte volg hoop julle het ‘n wonderlike dag gehad en dat julle sommer lekker bedref was. Jay behou sy eerste posisie hierdie week met sy liedjie “Lê ‘n bietjie langer”. Elandré spring ook op na die 3de posisie met sy treffer “Honderd duisend maal”. Ons het ook ‘n nuweling […]