Boer345 Videos



Darling: Musiek Piekniek onder die Sterre met Nedine Blom:
Top 20 vir die week: 9 April 2018
Vernon Barnard, die sanger wat ‘Voel’ sing, het ‘n nuwe treffer, sy splinternuwe liedjie is “Alles om my”, die nuwe pop-liedjie betree hierdie week ons Top 20 op die 20ste posisie.
DZL en ADAM betree ook hierdie week ons Top 20. ADAM het die afgelope naweek hulle splinternuwe album “Bewe” bekendgestel. DZL se liedjie “Het jy al gelewe” is in posisie nommer 17 en ADAM met hulle liedjie “Haar vuur” is in posisie nommer 16. Loer hieronder na ‘n video van ADAM se liedjie “Haar vuur” in die Die Groot Ontbyt studio. Loer ook hier onder na die treffer van DZL “Het jy al gelewe”
Robbie Wessels & Bok van Blerk behou die nommer 1 posisie die week met hulle treffer “Die sluise van die hemel”.
Kom ons spring weg en kyk na die stand van sake op ons Top 20 lys vir die week wat voorlê:-
1. Bok van Blerk & Robbie Wessels – “Die sluise
Cape Town Grand Jol Suidooster Sepie
Kom PARTYTJIE saam by die TygerBurger Grand Jol op 5 Mei en ontmoet die sterre van Suidooster Trek jou dansskoene aan en kuier een aand saam vanaf 19h00 tot laat. Met gewilde kunstenaars soos Kurt Darren, Emo Adams, Garth Taylor, Loyiso, Tarryn Lamb en Salome op die grootste dansvloer in Kaapstad.
Die GrandArena sal vir hierdie eiesoortige geleentheid in `n spoggerige dansvloer omskep word en gaste sal geleentheid kry om die aand verby te dans.
Datum:- 5 Mei 2018
Tyd:- 19:00 tot 23:30
Toegang:- R240
Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly naby Grand West Casino & Entertainment World?? SA Radio
Die sanger Quentin Prinsloo reik sesde album uit
Quentin Prinsloo het reeds diep spore in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf getrap. Met vyf trefferalbums agter sy rug en optredes in verskeie lande oor die afgelope 17 jaar kan Quentin as een van ons land se suksevolle kunstenaars beskou word.
En asof sy CV nie alreeds indrukwekkend genoeg is nie, het hy onlangs ook sy sesde album, Suurstof, die lig laat sien.
Volgens ’n verklaring het treffers op dié album reeds die top 20 ranglyste uitgeklim. “My musiek is ’n deurdagtige en gebalanseerde snoering, met fyn balans tussen energieke ritmes en roerende ballades,” sê Quentin.
Meeste van die liedjies is uit Quentin se eie pen, maar hy het ook die hulp van liedjieskrywers soos Johan Oberholzer, Rudi Claase en vele meer ingeroep.
Quentin was onder meer in die Bakgat-fliek te sien, en het ook die temalied gesing. Verder het hy ook sy lyf TV-aanbieder gehou, spog met sewe musiekvideo’s en ’n DVD agter sy naam.
Met die nuwe albu
Nuwe musiekvideo uit van Burgerd Botha – Die Sterre
Burgerd Botha het pas sy debuut solo-album, Hartlagsiel, vrygestel en dit slaan reeds aanhangers se asems weg!
Die Sterre, die nuutste enkelsnitvrystelling wat onlangs uitgereik is, is deur Stephantasties geskryf en vervaardig en het ’n treffende akoesties elektroniese aanslag. “Dit gaan oor daardie fase in ’n verhouding waar jy besef dat jy besig is om verlief te raak en dit so lekker is dat jy voel dat die heelal maar kan stilstaan. Jy sukkel om die regte woorde te sê as jy in haar oë staar en al wat jy kan uitkry is: ‘Ek’s lief vir jou!’,” sê die Burgerd.
LEES OOK: Burgerd Botha reik debuut solo-album én enkelsnit uit
Die musiekvideo vir hierdie pragtige liedjie word nou uitgereik en gaan gepaard met asemrowende visuele elemente en beligting. Die video is vervaardig deur Christiaan Wolf by Brickwolf Creative Studios en dit het hulle nege ure geneem om die video te skiet.
Burgerd en Christiaan het die konsep vir die video saam ontwi
Charlize Berg is bekend en hier is ‘n stukkie meer inligting oor haar
Charlize Berg, gebore op 10 April 1992 in Centurion, is ‘n Afrikaanse sangeres wat van kleins af begin sing het.
Tussen 2008 en 2009 tree sy saam met die Suid-Afrikaanse sanger, Kevin Leo op. Hulle neem hulle eerste album, Sentimental, saam op. In 2010 teken sy ‘n platekontrak met Select Music en in 2011 word haar eerste solo-album, Charlize Berg vrygestel. In 2012 word sy genomineer vir ‘n SAMA-prys.
Ons vra onverskoning dat haar biografie in Engels is.
I am a talented 21 year old South African lady that has been singing from a young age. My parents discovered that I have an exceptional voice when I was 12, and encouraged me to start singing. At first I sang at small functions, but as I grew older I participated in a few competions like the highly recommended talent competition for young artists (Artistic Gauteng) were I took gold in 2 categories namely Classical and Light music Award.
In 2006/2007 I was chosen to repr
Jak de Priester – Die Winterkonsert te Atterbury Theatre
Jak de Priester se produksie – Die Winterkonsert, bevat 90 min van sy nuutste liedjies en stories oor mense en plekke in ons reenboogland. Sy nuutste album met dieselfde titel, wat in September 2017 die lig gesien het, bring liedjies wat weereens die hartsnare op verskeie maniere sal roer.
Datum:- 29 Julie 2018
Tyd:- 16:15
Toegang:- R160 – R180
Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Lynnwood ?? kliek hier !!
Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!
Die album is ook benoem vir `n GHOEMA Toekenning vir Beste Kontemorere album. Jdp het die laaste 16 jaar bekend geraak as `n sanger/liedjieskrywer wat sy aanhangers een
Top 20 vir die week: 30 Julie 2018
In vandeesweek se Top 20 lys het van die sangers so paar plekke gespring of afwaarsts gegaan op ons lys. Daar was 4 snitte wat die week gestyg het en 12 wat afwaarts gesak het en een nuwe toetrede. Maar wie weet hoe die Top 20 volgende week gaan lyk.
Die man met die sterk stem, Jo Black, is vandeesweek in die nommer 1 posisie met sy treffer “Een klein klippie”
Die stoutseun van Afrikaans, Snotkop, was weer die afgelope week die topverkoper onder die Afrikaanse albums in die kettingwinkels. Daai “Sous” liedjie maak omtrent opslae.
Die langverwagte treffer van Tarryn Lamb “Mal oor jou” is hier. Sy kom in op ons Top 20 in die 9de posisie. Loer gerus hier onder na haar musiekvideo oor die liedjie, en natuurlik is daar nog ‘n verrassing, ‘n bonus musiekvideo van haar.
Leon Gropp met sy treffer “Bakenlig” is sy plek kwyt op ons Top 20, maar Joe Foster vat daai 20ste plekkie in met sy nuwe treffer – “Volgende stap”.
Top 20 vir die week: 13 August 2018
In vandeesweek se Top 20 lys het van die sangers weer sobietjie wipplank gery en daar is nuwe toevoegings. Kom ons kyk gou wat gebeur het, 6 snitte wat die leer geklim het, 11 wat sobietjie teruggesak het, een wat onveranderd gebly het en 2 nuwe liedjies wat die week die Top 20 betree het.
Tarryn Lamb se liedjie “Mal oor jou” neem die week die nommer 1 posisie in. Dit is natuurlik te danke aan haar debuuralbum wat onlangs bekendgestel is.
Elandré met sy liedjie “Die lyn” en Almero met sy treffer “Monochromie” is hulle plekke op die Top 20 kwyt. Daar die nommer 19 posisie is nou Angel de Lange sin met haar treffer “Juwele” en Jennifer Zamudio is ons nommer 20 posisie met haar treffer “Altyd myne”.
Kom ons s
07 PLAASVEILIGHEID: UITKLOPGAS
Jou Top 20 vir die week, met ‘n paar verassings.
Die duo DZL se nuwe enkelsnit “Het Jy Al Gelewe”, is ‘avontuurlustig’
Die manne van DZL word daaraan geken dat hulle nie iets op die gewone, tradisionele manier doen nie. Dit blyk duidelik met die bekendstelling van hulle nuwe enkelsnit Het Jy Al Gelewe, wat vandag, 23 Maart 2018, op radiostasies regoor die land vrygestel word.
Die manne het ook ’n lekker verrassing vir hulle ondersteuners; die publiek kan ’n avontuur saam met Andries en Wiaan los slaan.
Lede van die publiek word uitgenooi om hulle stories te vertel waartydens hulle die lewe as’t ware by die horings gepak het. Die beste stories wen dan ’n avontuurlustige uitstappie met die twee manne.
“Ons hou mos daarvan om altyd iets mal aan te vang wat die bloed deur jou are laat bruis en daarom gee ons lede van die publiek die geleentheid om so ’n avontuur met ons mee te maak,” vertel Andries.
Het Jy Al Gelewe, die eerste enkelsnit vanaf DZL se nuwe album, Realiteit is ’n lekkerluister country-popdanstreffer wat gaan oor die vreugde van
Sangeres Chanell van den Bergh is ‘twee tree’ nader aan haar droom
Chanell van den Bergh het onlangs haar splinternuwe enkelsnit, Twee Tree vrygestel.
Dié snit, geskryf deur Chanell en Daniel Po, handel oor die tipiese Engelse gesegde, I’ve got your back – die gevoel in ’n vriendskap of verhouding waar jy weet iemand sal altyd agter jou staan, ongeag wát.
Chanell hoop om met dié country/pop enkelsnit te slaag daarin om die publiek vir ’n paar minute weg te neem uit hul realiteit. “Ek hoop mense sal dit goed ontvang en dat hul sommer sal wil dans wanneer hul dit hoor.”
Die musiekvideo, vervaardig deur VPH Films, is in die Noorde van Pretoria geskiet, want hulle wou graag ’n treinspoor insluit in die tonele. Chanell vertel dat die opname groot pret was en dat alles sommer vanself in plek geval het.
“Ek het nie geweet ek moet daarin dans nie, maar toe die musiek begin en almal sê ek moet dans, toe dans ek maar – en geniet dit,” vertel sy.
Chanell is intussen ook besig met haar
Die duo Twee: Sirkels Album Bekendstelling – Pretoria
Kort op die hakke van hul eerste weghol sukses album, Piekniek vir Twee, volg die kykNET Afri-Visie wenners, TWEE, se volgende album, SIRKELS.
Datum:- 17 Mei 2018
Tyd:- 19:15
Toegang:- R150 – R175
Herman en Maria se unieke en eerlike vertolking van hulle liedjies het gou gehore se harte gesteel! Luisteraars kan huil, dans, glimlag,n nostalgies wees, om die braaivleisvuur kuier of alleen met oorfone stil wees en luister. Herman noem dat hy juis weer kies om nie die stories te deel wat hom inspireer het om die liedjies te skryf nie, omdat hy wil he die luisteraar moet na aanleiding van hul eie ervaringe aanklank vind by die lirieke en universele temas.
Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Lynnwood?? kliek hier !!<
’n Ietsie nuurts vir die Noord-Kaap:- Droomvanger Orkes
Die splinternuwe vierstuk-orkes, Droomvanger, wat bestaan uit Pierré Meintjes (sang en klavier), Warrick Waddington (kitaar), Rikus Maritz (baskitaar) en Ryno Groenewald (dromme), is reg om die Noord-Kaap in alle glorie te verteenwoordig.
Die groep het tans hul eerste demosnit Erkenning opgeneem en nóg opwindende musiek vloei reeds deur hul pen. Ryno en Pierré skryf die musiek saam. “Ek pen die woorde en Pierré sit die melodie by op die klavier. Ons is regtig ’n goeie span,” sê Ryno.
Erkenning is ’n jaar terug geskryf en vertel die storie van hoe mens so ’n bietjie moet lewe. “Bring vir my die donker, sak vir my die son is metafories vir die aand, wat beteken dat ons slegs dan met ons geliefdes en vriende kuier, omdat ons deur die dag te besig is met werk of ander verpligtinge,” vertel Ryno.
Die groep spog reeds met tien oorspronklike liedjies wat reeds geskryf, gekomponeer en ingeoefen is. Boonop tree hulle vir die eerste kee
Nuwe enkelsnit vrygestel deur Dawie de Jager
Dawie de Jager is beslis nie ’n onbekende gesig in die musiekbedryf nie. Hy het nie net die ‘oor’ van Bobby van Jaarsveld en The Voice SA-aanhangers gedurende die tweede seisoen van dié realiteitsprogram gevang nie, maar is ook die kreatiewe komponis agter die klankbane van verskeie lokettreffers, waaronder Roepman, Sy Klink Soos Lente, Jonathan, Verraaiers en is tans ook besig met Stroomop.
Nou is hy weer in die kollig met sy splinternuwe enkelsnit, Beyond Infinity, wat pas bekendgestel is en beloof om luisteraars weer van vooraf te beïndruk en sy loopbaan ’n verdere hupstoot te gee.
Die musikant, met sy kenmerkende hoedjie, se diep storievertellerstem is die perfekte pasmaat vir hierdie hoendervleismooi kontemporêre snit uit sy eie pen. Beyond Infinity is belaai met emosie en laat jou onmiddellik besef hoeveel liefde Dawie het vir dit wat hy doen. Die snit se meesleurende wysie is nie net sag op die oor nie, maar is ook iets wat lank in jo
Manie Bodenstein mag ons dalk verlaat het, maar sy musiek lewe nog
Oom Manie Bodenstein (15 Julie 1928 — 17 Oktober 2013) is ‘n bekende Suid-Afrikaanse konsertinaspeler.
Hy het van vroeg af in musiek belanggestel en op 8-jarige ouderdom reeds begin mondfluitjie speel. Sy eerste album is in 1947 opgeneem.
Diskografie
Van Manie se albums sluit in:
Deur Die Jare 1947 – 1996
Twintig Van Die Beste
Boeremusiek Treffers
Boerekos – Lekker Kuier Boeremusiek
Boerekos Vol.2 – Lekker Kuier Boeremusiek
Boeremusiek Vang Spoed
RSG se Gewildste
So Ry Die Boere (saam met Blackie Swart)
Luister hier onder na een van sy musiekstukke:- Manie Bodenstein – Oom Hans se gemmerdans
Snotkop het ‘n nuwe album uit en dit is ‘onverantwoordelik lekker’
Snotkop het ’n soliede reputasie van albums wat so oorloop van lekkerkry dat dit voel of dit onwettig behoort te wees. Sy kraakvars nuwe vrystelling, SOUS is geen uitsondering nie.
Van die eerste pols tot die laaste eggo in die dertien snitte wat die album beslaan is dit duidelik dat hierdie ’n gekonsentreerde sous, propvol Snotkop-oemf is: ritmies, selfversekerd, tong in die kies, meer as net ’n bietjie stout, bekkig en braaf!
Daar’s dik baslyne wat enige iets binne dieselfde skakelkode as jou kuier sal skud, met ’n gesonde dosis techno, afgewissel met meer akoestiese oomblikke, en selfs ’n brokkie reggae en ’n tikkie sakkie-sakkie hier en daar – iets wat ewe tuis sal wees by ’n sokkie dansvloer, klub of ’n strandpartytjie vir die boeke.

M
Nuwe musiekvideo vrygestel deur Sharoney – ‘Crush’
Sharoney, se nuwe enkelsnit, Crush, kan gereeld op radiostasies landwyd gehoor word en die musiekvideo vir hierdie liedjie is ook onlangs bekendgestel!
“Crush is ’n tipiese hoërskoolmeisieliedjie. Elke meisie was al verlief, veral op skool. Soms bly hierdie spesifieke outjie jou ‘crush’ vir nog lank na matriek. Dit gee jou skoon vlinders in die maag as jy aan hom dink. Jy bloos as hy met jou praat en soms kan jy nie help om net te glimlag as jy sy naam sien nie,” vertel die sangeres oor hierdie snit uit die pen van Hugo Ludik en Kyle Grant.

“Die liedjie het my onmiddellik getrek omdat ek self al ’n ‘crush’ gehad het op iemand toe ek jonger was. Dit beskryf so mooi hoe ek op daardie spesifieke tyd gevoel het, maar toe het ek nie die regte woord geh
Kom vier Afrikaans in die Vrystaat!!
Dit is amper tyd vir die vierdie Ek ♥ DIE VRYSTAAT FEES in Bloemfontein en hierdie een gaan nog beter en groter wees as van te vore.
Datum:- 22 September 2018
Tyd:- 09:00 tot laat
Toegang:- R180 – R250:- per persoon met eie kombers of stoel; R500 per persoon vir bespreekte BBP-sitplekke en wynproe-konsert met uitgesoekte kunstenaars; en R1 500 vir ’n bespreekte tafel waar ses mense kan sit.
Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Bloemfontein?? SA Radio
