Boer345 Videos



‘N eerste snit tref ‘elke noot’ vir Emil Paul
Die nuweling, Emil Paul, se eerste enkelsnit wat Elke Noot, heet is onlangs vrygestel. Die genre van die snit kan beskryf word as ’n mengsel van pop en folk en is ’n nuwe, vars styl van Afrikaanse musiek.
Emil hoop dat mense sommer van die eerste noot sal wil dans. Hy hoop ook dat hulle die dieper betekenis sal hoor in sy lirieke en dat dit iets vir iemand sal beteken. Hopelik put hul sommer inspirasie uit die lirieke wat geskryf is deur Emil self.
Nie net skryf Emil graag sy eie liedjies nie, maar hy lewer ook insae in die vervaardiging daarvan. Hy is ook ’n kranige musikant in eie reg en bespeel ’n groot verskeidenheid instrumente o.a. klavier, ukulele, verskeie blokfluite, piccolo, trompet en kitaar.
Emil hoop dat die publiek sy enkelsnit gunstig sal ontvang. “Dit het ’n lekker klank en maak mens sommer lus om te sokkie, maar dit vertel terselfdertyd ’n storie waarmee mense heel moontlik kan identifiseer,” sê hy.
Volge
Durbanville:- Stellenberg High School, International Food Festival
Kom kuier saam ons by die Durbanville Stellenberg Hoërskool. Ons jaarlikse viering van internasionale kosse.
Datum:- 2 Mei 2018
Tyd:- 18:30 tot 22:00
Toegang:- R30
Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Stellenberg?? kliek hier !!
Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘
Nuwe debuut-album is hier van Jan Bloukaas
‘Kaasliefhebbers’ staan nader, want die dansmusiekkoning, Jan Bloukaas, is terug met ’n splinternuwe bederf vir die oor wat beslis nie misgeloop moet word nie.
Nadat dié innoverende musikant se treffer, Kaas elke Dag in 2017 die internet en Suid-Afrikaanse dansvloere kom verower het, het ’n tweede enkelsnit, kykNET en Chill kort daarna gevolg. Nóú kan aanhangers nie net uitsien na ’n splinternuwe liedjie en video, Desember, nie maar ook na sy debuut-album, Lewe, wat in Mei 2018 vrygestel gaan word.
Alhoewel Desember gaan voortbou op die unieke elektroniese klank en styl waarvoor dié musieksensasie bekendheid verwerf het, meen hy dat dit beslis ’n dieper kant van homself aan gehore gaan bekendstel. “Die liedjie gaan oor iemand spesiaal, wat vir my gevoel het soos ’n Desembervakansie, toe alles rondom my rof gegaan het. Dit is geïnspireer deur my eie Desember-ervaringe en ek glo dat almal daarmee sal kan vereenselwig, omdat die meest
Nuwe album uit van dié rebelseun Jan Blohm
Die sanger Jan Blohm se jongste vrystelling, Die Liefde Album, is pas na ses jaar uitgereik. Die Liefde Album is nie gevul met heuning-lirieke wat drup nie, maar eerder rou, eerlike waarheid wat nét Jan kan vasmessel in ’n album gevul blues, rock en poëtry.
Dié rebelseun wat ons leer ken het, is nou ouer en meer volwasse. ’n Jan wat glo dat in die tye waarin ons tans leef, liefde al is wat die wêreld nou nodig het. Dít kan jy hoor in sy lirieke, sy passie in die stiltes tussen woorde, terwyl sy eerlike, rou akoestiese melodië jou hartsnare pluk net soos die sterk kitaargedrewe liefde-album homself.
Jan glo nie aan tweedehandse liefde nie en glo liefde is ’n doen-ding, nie ’n sê-ding. Juis waaroor hy ook respektiewelik hierdie album opgeneem het waar die musikante gelyktydig gespeel het tydens die opnames, en hy glo dit die hartklop van die album gaan wees. Eerlik en rou, nés die liefde!
Aan die stuur van hierdie produksie is Joh
Ontmoet Lize Beekman in ‘n neutedop
Lize Beekman is ‘n Afrikaanse sangeres en liedjieskrywer. Sy het op 3-jarige ouderdom aangekondig dat sy eendag haar eie liedjies gaan skryf. Op 12 is haar eerste lied, Like an Eagle, deur die Country-sanger Clive Bruce opgeneem.
Beekman se lied, ’n Sonneblom uit Bethlehem, wat deur Laurika Rauch opgeneem is, is in 2002 gedurende die GMT Awards as Lied van die Jaar genomineer. Van haar ander treffers sluit in: Draadkar oor die see, Suidlandgebed en Ek het ‘n boer sien dans. Sy het haar eerste solo-uitstalling in 2013 gehou.
Diskografie
* Ek Was Al Daar DVD, 2010 SELECT
* Sit ‘n Bietjie Langs My, 2008 Lize Beekman
* Lize Beekman – Lullabies, 2007 BOWLINE
* Draadkar Oor Die See, BOWLINE
* Iemand Het Gesê, 2004 JNS
* Cake, 2000 JNS
* Eyes Of A Child, 1997
Loer hier onder aan een van haar musiekvideo’s:- Lize Beekman – Diepsee of Knysnabos<
Jy ken die sanger, Danie Botha, hier is ‘n kort Bio van hom
Dit was al singende op die skoolstoep waar Danie Botha se sangtalent as ‘n graad een-leerling deur ‘n onderwyseres raakgesien is. Vandat hy kan onthou, was dit sy lewensdroom om ‘n sanger te word.
Hy is op 25 Junie 1964 in Pretoria gebore. Sy kinderjare bring hy deur op Rietvlei, ‘n kleinhoewe buite Rustenburg. Van kleintyd af is hy ‘n natuurmens en dit is dan ook waar hy steeds elke beskikbare tydjie deurbring. Staptogte, duik, jag of diepsee-visvang.
Op laerskool presteer hy as leier en uitstaande sportman met provinsiale kleure in rugby, krieket en stoei. Tog was sang vir hom steeds sy groot liefde en vertolk hy deur die loop van sy skoolloopbaan hoofrolle in operettes soos “Student Prince” en “Sound of Music”.
Tydens hierdie hoërskooldae leer hy homself kitaar speel en begin as sanger en musikant by verskillende funksies optree.
Na hierdie vol en gelukkige jare op Rustenburg doen h
Klipwerf is in die Kaap, die fees van boeremusiek kan jy nie mis nie
Die mees populerste musiek orkes Klipwerf is hier vir `n dans party soos nog nie gesien nie. Bespreek jou kaartjies of tafel nou. Klipwerf Orkes meeste CD verkope in SA. Kom dans saam.
Datum:- 18 Augustus 2018
Tyd:- 19:00 to lekker laat
Toegang:- R150.00, Tafelsitplekke op ‘n eerste-op-die-eerste basis. ‘N tafel sit 10 gaste, kaartjies kan individueel of in groepe van 10 gekoop word.
Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Goodwood?? kliek hier !!
Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!
Wil jy adverteer op hierdie baie gewilde webwerf?
Kom ons loer ‘n bietjie na Kurt Darren se lewe
Kurt Darren, gebore Kurt Johan van Heerden, is ‘n bekende Afrikaanse sanger, liedjieskrywer en TV-aanbieder. Darren se debuutalbum, For Your Precious Love, is in 1995 vrygestel. In 2002 maak hy sy deurbraak in die Afrikaanse musiekbedryf met sy album Meisie Meisie.
Darren se musiek kan ook in Nederland en Vlaams België gehoor word, maar word meestal deur ander kunstenaars gesing. Sy liedjies “Staan op”, “Meisie meisie”, “Kaptein span die seile”, “Af en af” en “Bloubergstrand se sonsak” (Nederlandse Vinzzent, Dromendans 2012) is voorbeelde hiervan.
In 2010 ontvang Darren twee SAMA-toekennings vir beste verkopers in die afdelings “true tone”-aflaaideuntjie vir “Kaptein” en vollengte-aflaaideuntjie vir “Af en Af”.
Kannie Warries Dansorkes stek nuwe album vry:- Ernie se tokkel
Sedert die Kannie Warries Dansorkes in 2000 gestig het, was daar soos in enige orkes, ‘n paar orkeslede wat gekom en gegaan het. Dus het hulle nou ‘n witwarmspan wat outydse lekkerkry laat herleef met nuwe styl staalsnare!
Hul eerste album is in 2007 uitgereik waarna verskeie andere hul verskyning op dansvloere landwyd gemaak het. Die huidige vyftal is Jurg Basson, Ria Best, Rudi Jooste, Ziaan Hatting & Nico Heunis.
Die albums word vervaardig deur die ervare Ernie Bates. Die KannieWarries het ‘n unieke aanslag wat al net so blinkgepoets is soos hul kitare en spog met verskeie Bobaas-Boere-toekennings en selfs Ghoemabenoemings.
Wil jy graag adverteer op hierdie baie gewilde webwerf? Stuur my ‘n e-pos by [email protected], en ek sal jou vertel hoe !!
Hul albums bestaan uit lekker-luister-liedjies wat keer dat jy eenvoudig kan stil sit. En néé, nie
Die Top 20 Afrikaanse Musiek en Kunstenare Lys
PAARL Piekniekkonsert / Picnic Concert: Die Heuwels Fantasties – 24 March 2018
Heuwels en hul fantastiese klanke bestyg die berg by Taalmonument / Language Monument’s mountain alive with the sound of the hills! Dit is die laaste konsert van hierdie somerseisoen en ten gunste van die Laat ons Lees!-geletterheidsprojek vir kinders.
Date:- 24 March 2018
Time:- From 20:00 until 21:00
Address:- At Paarl Monument, Gabbema Doordrift St, Suider-Paarl, Western Cape, South Africa
Gabbema Doordrift St, Suider-Paarl, Western Cape, South Africa
Price:- R70- R140 P.P.
Die vertoning begin om 20:00 in die Tuinteater – ‘n kleinboetie van die bekende Paarl Amfiteater – op die sagte grasperk reg aan die voet van die monument terwyl die son se laaste strelende strale kwyn. Besoekers is welkom om vooraf die beeldskone omgewing via wandelpaaie te verken terwyl die kinders hulself in die speelparkie vermaak.
Bring jou eie dranki
Die sanger Steve Hofmeyr kom SKREE in Kaapstad
Steve Hofmeyr het rede om te glimlag. Hy het sy 30ste CD opgeneem, sy 11de boek uitgegee en op 53 jaar weer pa geword! Baie om te vier… Sy dubbel platinum Country was een van Suid-Afrika se beste verkopers vir 2016 en nou kan sy leer van ondersteuners uiteindelik uitsien na SKREE, sy nuutste oorspronklike album vir sy SKREE-toer in 2018.
Datum:- 19 April 2018
Tyd:- 18h45
Toegang:- R170 – R200
Kinders:- (3 to 12 jaar): R120.00
“Ek word pal geinspireer deur mense, idees en seeninge. Ek was vir die eerste keer in jare weer lus om te skryf. SKREE is die resultaat,” het hy gese voordat hy sy internasionale toer afgeskop het in Australie en Nieu-Seeland. Hy bring dekades reeds `n voorsmakie van sy Afrika aan duisende bewonderaars oor die wereld. Hy het terugkeer huis toe vir die publikasie van sy 11de boek, `n misdaadroman genaamd Die Onaantasbare
Top 20 vir die week: 7 Mei 2018
Nadat Elandré einde verlede maand ‘n Ghoema-toekenning vir die beste Country-album van die jaar gewen het, neem hy die week die nommer 1 posisie in my sy treffer “Die lyn”. Dus skuif daar ‘n bietjie skommeling in ons Top 20 vir die week.
Ons het ook nuwe toetredes vir die week, dit is Jan Bloukaas en Mariné Moffat met hulle liedjie “Desembers” en dan Jay met sy liedjie “Lê ‘n bietjie langer”.
Mag al die moeders ‘n wonderlike Moedersdag geniet!! Loer hieronder vir ‘n spesiale liedjie net vir julle !!
Kom ons spring weg en kyk na die stand van sake op ons Top 20 lys vir die week wat voorlê:-
1. Elandré – “Die lyn”
2. Bok van Blerk & Robbie Wessels – “Die sluise van die hemel”
3. Tarryn Lamb – “Mal oor jou”
4. Jo Black – “Die vrou wat ek liefhet”
5. Steve Hofmeyr – “Redgebed”
6. Appel – “Boer loop deur my are”
7. Li
Boerseun Rider volg sy ‘plaas spore’ na sukses
Die boerseun sanger, Rider, het onlangs sy eerste enkelsnit Plaas Spore, wat nie net ’n goedvoel treffer is nie, maar ook ’n persoonlike blik op sy liefdeslewe bied, vrygestel.
Plaas Spore, wat ook op Rider se EP, Grondpaaie beskikbaar is, is deur Pierre Rossouw geskryf. Volgens Rider het hy op die liedjie besluit omdat dit na aan die hart lê. “Plaas spore het van my vriende en familie die vinnigste gegryp en die lied het baie met my persoon te doen,” vertel hy.
Rider sê dat die liedjie ’n boodskap van hoop sal oordra. “Plaas Spore se boodskap is wel dat ons almal verlore liefde iewers ervaar en dat jy net moet dans en deur dit alles glad nie ophou om te glimlag nie”
Rider, oftewel Devon de Villiers, is tans 22 jaar oud en woon in Kaapstad. Sy passie vir musiek het reeds van kindsbeen af begin toe hy die klavier en kitaar baas geraak het. Liedjieskryf het sommer vinnig gevolg.
“Oor die jare heen het my eie lewenspad op e
Nuwe musiekvideo uit deur Joe Foster
“’n Mens maak seer met woorde en juis oor daardie rede kan ’n mens nie altyd met woorde jammer sê nie, maar eerder vergifnis vra deur iemand net vas te hou.” Só sê die sanger en liedjieskrywer Joe Foster, wie se musiekvideo van sy nuwe enkelsnit, Vrede Maak, onlangs opgeneem is. Dié enkelsnit is eksklusief op die JOOX-musiekstroom app aan sy aanhangers beskikbaar gestel.
“Ek het JOOX gekies want ek dink regtig dis baie belangrik om deel te wees van hierdie platform,” het Joe vertel. Volgens Joe is JOOX perfek vir die Afrikaanse musiekbedryf – veral as mens die toekoms in ag neem waar musiekstroom-apps nóg meer gaan groei en gewilder gaan word.
Vandat Joox in Suid-Afrika bekend gestel is, het dit ’n reuse-omwenteling in die Afrikaanse
musiekwêreld veroorsaak.
Met verskeie funksies op die app het musiekliefhebbers nou hul gunsteling Afrikaanse treffers binne bereik en kan hulle selfs hul eie persoonlike speellyste saams
Corlea en Jannie Moolman tree op te KIEVITS KROON
In ‘n herderhuis en buitegeboue op ‘n landgoed van 16 hektaar. Die landgoed is onlangs as ‘die Wynlande in Gauteng’ erken weens sy argitektuur in die Kaapse Hollandse styl.
Datum:- 14 Julie 2018
Tyd:- 16:-00
Toegang:- Optrede begin om 19h00, Kaas en Wyn vanaf 16h00, Pryse – geen onder 14, Kaas en Wyn en die Skou: R380, Optrede slegs: R130
Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Pretoria?? kliek hier !!
Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!
Die landgoed is onlangs genomineer as een van Afrika se voorste vergaderings en konferensiehotelle, luukse toevlug van die
Verf Jouself is die nuwe enkelsnit uit deur Hanna Boss
Hanna Boss se enkelsnit, Verf Jouself, is gedurende Oktober 2017 uitgereik en kan reeds oor die klankgolwe van radiostasies landswyd gehoor word! Hierdie splinternuwe treffer sal ook beskikbaar wees op haar album wat die rakke gedurende Februarie 2018 sal tref!
Verf Jouself is ’n moderne Afrikaanse popliedjie, met inspirerende lirieke en ’n tikkie klassieke musiek vir ’n meer gesofistikeerde klank. Hierdie enkelsnit vind beslis aanklank by gehore van alle ouderdomme en die meesleurende wysie nooi luisteraars om lekker saam te sing.
Die musiekvideo is in ’n donker studio geskiet. “Kleur en lig speel ’n baie belangrike rol in die video. Ons het ook gebruik gemaak van balletdansers om die klassieke instrumente in die liedjie te komplementeer. Dit was nogal vir my ’n uitdaging om saam met hulle te beweeg,” vertel sy. Die video is vervaardig deur Fathom Media.
Dié sangsensasie het nog baie planne vir die toekoms en sou graag saam me
Sharoney stel nuwe musiekvideo vry ‘Crush’
Sharoney, se nuwe enkelsnit, Crush, kan gereeld op radiostasies landwyd gehoor word en die musiekvideo vir hierdie liedjie is ook onlangs bekendgestel!
“Crush is ’n tipiese hoërskoolmeisieliedjie. Elke meisie was al verlief, veral op skool. Soms bly hierdie spesifieke outjie jou ‘crush’ vir nog lank na matriek. Dit gee jou skoon vlinders in die maag as jy aan hom dink. Jy bloos as hy met jou praat en soms kan jy nie help om net te glimlag as jy sy naam sien nie,” vertel die sangeres oor hierdie snit uit die pen van Hugo Ludik en Kyle Grant.

“Die liedjie het my onmiddellik getrek omdat ek self al ’n ‘crush’ gehad het op iemand toe ek jonger was. Dit beskryf so mooi hoe ek op daardie spesifieke tyd gevoel het, maar toe het ek nie die regte woord geh
Martin Bester wil ‘sonder toestemming’ wees wie hy is!
Net wanneer jy dink dat Martin Bester jou nie nog meer kan beïndruk nie, verras dié veeslydige vermaaklikheidster en bekroonde radio-omroeper jou met iets nuut en opwindend om jou dag te maak!
Sy splinternuwe enkelsnit, Vir Die Liefde, is nie net so ’n aangename verrassing nie, maar beloof ook om baie vinnig ’n gunsteling te word op luisteraars se musiekspeellysies en op treffersparades regoor die land.
Hierdie polsende popliedjie, uit die pen van Martin, Dolf Willemse en Ewald Janse Van Rensburg, het ’n baie kragtige en inspirerende boodskap waarby oud en jonk sal aanklank vind. “Dis ’n baie persoonlike liedjie. Ek het oor die afgelope jaar weereens besef dat ’n mens partykeer ’n lyn in die sand moet trek.
Nie almal gaan v
Battle of Laings Nek
Die Eerste Vryheidsoorlog en die Anglo Boereoorlog Deel 1 van 4
Jou Top 20 vir die week – 2 November 2017
Georic Lomas se debuutalbum op pad, kyk uit daarvoor!
Dit was die jaar 2013, en tussen al die bekendes in die rolverdeling van die gewilde musiekfilm, As Jy Sing, het ’n nuweling die oog en die oor gevang.
Amper 4 jaar later en Georic Lomas het nie net ’n getroue groep bewonderaars opgebou nie, maar na die uitreiking van sy eerste treffer, Bazaruto, hier teen die einde van verlede jaar, kom die opwindende nuus dat sy debuutalbum binnekort op die rakke sal wees.
Maar voor die CD die winkels gaan tref teen Junie, sal ’n paar liedjies vanaf die album, getiteld Silhoeët, reeds vanaf 17 Maart beskikbaar wees op iTunes en Apple Music. Silhoeët sal 14 liedjies in totaal bevat met Johan Vorster, Christoph Kotzé en Georic homself wat pen op papier neergesit het.
Die eerste liedjie wat nou aan radiostasies gestuur sal word heet Die Leeu, en is ’n lekker vinnige dansnommertjie wat gewild sal wees onder almal wat jonk en jonk van gees is. Daar word ook reeds beplan aan die musiekvideo vir die liedj

