Bestel blomme aanlynOrder flowers online

Afrikaanse musiek518 Videos

photo
0

Nuwe Kunstenaar: Petra Mans met “As Musiek Groen Was”

Petra se einddoel is om erken te word as ‘n gerekende kunstenaar en leef haar daarin uit met haar sang en verhoogvertonings. Die omvang van haar stem se vermoëns laat ‘n diverse repertoire toe, in verskeie genres: ballades, ligte Jazz, Blues, kabaret, popmusiek, Gospel, sterk ballades en ‘n bietjie Country. Petra sing in Afrikaans en […]

Bekende Afrikaanse musiekgroep groet

Van Coke Kartel (Foto: Facebook) Die Afrikaanse musiekgroep Van Coke Kartel gaan nie meer musiek maak nie. Dié groep het Woensdag in ʼn Facebook-inskrywing gesê hulle het ná “’n dekade van serious wilde rock ʼn roll jols, vyf albums, vyf drummers en talle internasionale toere” besluit om te ontbind. “Ons het 16 maande laas gespeel […]

Afrikaanse Musiek is Witwarm!

Afrikaanse musiek is witwarm en vra om gehoor te word! Afrikaanse musiek vorm nie verniet een van die mees gewilde en bes-verkopende markte in die algehele Suid-Afrikaanse musiekbedryf nie. In 2009 was Juanita du Plessis en Theuns Jordaan se Bring jou Hart die land se bes-verkopende musiek-DVD. In dieselfde jaar was Elizma Theron en Nicholis […]

Afrikaanse Musiek is Witwarm – Of is dit?

Hier by AfrikaanseMusiek.net erken ons die sukses van Afrikaanse musiek die afgelope paar jaar (in terme van verkope). Maar is die gehalte van die musiek altyd so hoog? Of is die gemiddelde gehalte van die musiek en/of liriek maar taamlik laag, maar die deursneë luisteraar gee net glad nie om nie? Of was die die […]

Rebel en Ratz

Ons het onlangs begin wonder oor Kurt Darren se song Rebel en Rats – wie is hierdie twee karakters van wie hy sing? Skynbaar was dit die byname van die liedjieskrywer en sy vriend uit sy kinderjare. Maar ons kon glad nie aanklank vind hierby nie – die name het vir ons geen betekenis nie. […]

Lianie May

Lianie May is bekend vir haar goue stem en borrelende verhoog-persoonlikheid. Haar eerste enkelspeler “Jy Soen My Nie Meer Nie” het die hoogtes ingeskiet op trefferlyste landswyd en is opgevolg deur ander blitstreffers soos “Pretoria” en “Toe Stop My Hart” (opgeneem saam met Jay van die pop groep Eden). Daar word gesê dat haar musiek […]

Chris Chameleon

Voorheen bekend as die sanger en baskitaarspeler vir die rock groep Boo!, het Chris Chameleon nie gesukkel om vir homself ‘n groot groep toegewyde aanhangers te verseker aan die begin van sy solo-loopbaan nie. Chameleon is veral bekend vir sy toonsettings van verskeie Ingrid Jonker gedigte en sy “Klassieke Chameleon” vertonings, wat op CD en […]

Nicholis Louw

Nicolis Louw se albums: Formaat: CD Hier Naby Jou As Jy Ja Wil Sê Tussen Die Lakens Dans Bed Of Roses Angel In Your Eyes Ek Wonder Sal Jy Welkom By My Party Without You Anyhow Anywhere Anytime Please Don’t Cry Poison Geen Probleem Say Goodbye As Jy Weer Kyk Trying To Break My Heart […]
image-.jpg
0

Top 20 vir die week: 25 Junie 2018

Tarryn Lamb is haar eerste plek kwyt die week en daai nommer 1 posisie behoort nou aan Dirk van der Westhuizen met sy treffer “Sexy vi my”.

Ons het ‘n nuwe toetreede tot die Top 20, dis niemand anderste as Jan Blohm wat onlangs sy splinternuwe album bekendgestel het. Sy enkelsnit, ‘Word wakker’. Die treffer van hom betree die Top 20 in posisie nommer 12 (loer hier onder na ‘n musiekvideo/konsert opname van die treffer.)

Ons Top 20 sangers het almal so paar plekke gespring of van ons lys afgegaan, maar wie weet hoe die Top 20 volgende week gaan lyk.

Kom ons spring weg en kyk na die stand van sake op ons Top 20 lys vir die week wat voorlê:-

1. Dirk van der Westhuizen – “Sexy vir my”
2. Tarryn Lamb – “Mal oor jou”
3. Elandré – “Honderd duisend maal”
4. Brendan Peyper – “Klim jou Everest”
5. Juanita du Plessis – “Dankie vir jou liefde”
6. Jay – “Lê ‘n bie

0
03:06

Steve Hofmeyr featuring Demi Lee Moore – Amanda

Steve Hofmeyr featuring Demi Lee Moore – Amanda Steve Hofmeyr on iTunes : http://bit.ly/SteveHofmeyr Volg vir Steve op Facebook : http://www.facebook.com/Steve.Hofmeyr Twitter : http://www.twitter.com/Steve_Hofmeyr WWW : http://www://www.SteveHofmeyr.co.za Google+ : http://bit.ly/SteveGooglePlus
Die Bats – Groen en goud
0
02:18

Die Bats – Groen en goud

Die Bats is in Oktober 1964 gestig deur: 1. Eddie Eckstein – tromme, sanger 2. Barry Jarman – kitaar, trompet, konsertina, verskeie ander instrumente 3. Jimmy Dunning - kitaar 4. Paul Ditchfield – baskitaar, klawerbord, sanger Klaarblyklik het hulle onder mekaar gestry oor wat die naam van die groep moet wees, toe die voormalige bestuurder van hulle platemaatskappy, Matt Mann, vir hulle gesê het “you’re all bats”, bedoelende dat hulle gek is, en so het die naam dan ontstaan. Hulle eerste solus sewe “All I Got” is in 1964 uitgereik, asook hulle eerste album met dieselfde titel. In Desember 1964 het hulle vir Dusty Springfield ondersteun tydens haar Suid-Afrikaanse toer. Hulle eerste Suid-Afrikaanse Top 20 treffer was “Shabby Little Hut” wat in 1965 die #3-posisie bereik het, en vir 8 weke op die treffersparade was. Hulle het ook later daardie jaar ‘n album met dieselfde titel uitgereik. Ook in 1965 het hulle Springbok Radio se “Battle of the Beats” gewen, en het hulle liedjie “That’s How I Feel” die #13-posisie op die SA Top 20 bereik, en was dit vir 9 weke op die treffersparade. In April 1966 het hulle na Engeland vertrek waar hulle vir 18 maande saam met baie bekende kunstenaars, soos Cat Stevens, Dusty Psringfield, The Troggs, The Kinks, The Zombies en The Mindbenders opgetree het, en het ook op Britse televisie verskyn. Hulle het in September 1967 na Suid-Afrika teruggekeer, en het tussen 1968 en 1970 nog vier SA Top 20 treffers gehad. In 1970 het hulle ‘n SARIE-toekenning ontvang vir “Who’s That Girl” wat as liedjie van die jaar aangewys is. In 1971 het hulle besluit om hulle naam te verander na Impi, en het hulle meer etniese klanke aangeneem, en het ook ‘n album met dieselfde titel uitgereik, maar die jaar daarna het hulle teruggekeer na die meer bekende naam en klanke van die Bats. Die Bats het ses SA Top 20 treffers gehad: 1. Shabby little hut – 1965, #3, 8 weke 2. That's how I feel – 1965, #13, 9 weke 3. Groen en goud – 1968, #7, 9 weke 4. Weltevrede Stasie – 1968, #15, 6 weke 5. Who's that girl? – 1969, #6, 10 weke 6. Rebecca Stein – 1970, #17, 3 weke Die Bats het in 1981 opgebreek, maar het in 2000 weer bymekaar gekom, en tree nog steeds op, hoewel Paul Ditchfield reeds 80 jaar oud is, en Eddie Eckstein later vanjaar 80 sal word.
Gerrie Snyman & Die Harmoniste – Hou jou roksak
0
02:13

Gerrie Snyman & Die Harmoniste – Hou jou roksak

Gerrie Snyman is op 26 April 1906 in Greymont, Johannesburg, gebore. Op tienjarige ouderdom het hy begin traporrel speel, en kort daarna ook klavier, kitaar, konsertina, Hawaiiese kitaar, trekklavier en saksofoon leer speel. Na skool het hy hom bekwaam as ‘n skrynwerker, en in 1925 het hy sy eerste orkes gestig. Hulle het gereeld in die Labour Party Club (destyds op die hoek van Harrisson- en Kerkstraat in Johannesburg) opgetree. In 1930 en 1931 het hy sy eerste opnames gemaak vir die plate-reus “His Master’s Voice”, saam met sy orkes Die Ses Hartbrekers. Gerrie het ook op sommige van hierdie liedjies gesing, en ‘n paar daarvan self geskryf (hy het uiteindelik meer as 100 liedjies geskryf). Benewens ‘n puik musikant was Gerrie ook ‘n akteur, rolprentvervaardiger en ‘n gerekende kunsskilder. Hy het in 1926 sy eerste van meer as ‘n honderd skilderye voltooi, wat meestal op die Suid-Afrikaanse natuurlewe en pragtige landskappe gefokus was. Hy het twee maal uitstallings van sy werke in die VSA gehou, en in 1980 is al sy skilderye daar verkoop. In die 1940’s het sy saam met sy familie en ander akteurs die Gerrie Snyman Teater Geselskap op die been gebring, en verskeie toere deur ons land onderneem. Van die toneelstukke wat hulle aangebied het is, ondermeer, Die Weerwolf, Johannesburg By Nag, Die Wonderkinders Van Johannesburg, Geheime Van Donker Johannesburg en Wena. Gerrie het die bekende Boereplaas Ontspanningsoord net buite Johannesburg by Ferndale, Randburg, oor ‘n tydperk van ses jaar self gebou. Dit was ‘n uithang dansplek en slegs formele aanddrag was toelaatbaar. Sy ander groot liefde was rolprente, waarvan hy 4 vervaardig het, en ook self daarin opgetree het. Sy bekendste was sonder twyfel Die Leeu Van Punda Maria (1954) en Die Skelm Van Die Limpopo (1962). Gerrie het tot en met sy dood, op 5 Augustus 1997 in Springs, aktief gebly en sy liefde vir musiek bly uitleef. Hierdie liedjie, deur Gerrie Snyman & Die Harmoniste, is vrygestel op die album “Kaapse Nooi” (datum onbekend, maar waarskynlik in 1965). BAIE DANKIE AAN CHRISTA PRETORIUS VAN WELKOM VIR DIE LEEN VAN DIE PLAAT, EN DANKIE AAN MARIUS DE VOS VIR DIE BIOGRAFIE VAN GERRIE SNYMAN!
Gerrie Snyman & Die Harmoniste – Klein Marietjie
0
01:59