Afrikaanse musiek946 Videos

Chris du Toit – Paradyseiland
0
03:03

Chris du Toit – Paradyseiland

Christoffel Nicolaas du Toit is op 13 Julie 1929 in Bloemfontein gebore, maar sy ouers het na Johannesburg verhuis toe hy 3 jaar oud was. Hy het waarskynlik sy musiektalent van sy moeder geërf en het toevallig daarvan bewus geword nadat hy op ‘n kitaar begin tokkel het wat deur ‘n oom, wat tydens die […]
Marié du Toit – Parstyd in die Kaap
0
02:57

Marié du Toit – Parstyd in die Kaap

Marié du Toit is op 9 Mei 1967 in White Plains, New York, in die VSA gebore. Weens die aard van haar pa se werk het die gesin wêreld wyd gereis, en was sy vyf jaar oud toe sy Suid-Afrika vir die eerste keer gesien het. Sy het grootgeword in Amerika, Suid-Afrika, Australië en uiteindelik […]
Olaf Andresen met Militêre Orkes olv John Imrie – Silwerpyl (Silver arrow)
0
03:18

Olaf Andresen met Militêre Orkes olv John Imrie – Silwerpyl (Silver arrow)

Hans Olaf Waldemar Rudiger Felix Januarius Andresen is op 14 Januarie 1902 in Berlyn, Duitsland, gebore en het reeds op skool viool begin speel en sy eerste uitvoering gelewer toe hy 14 jaar oud was. Na skool het hy besluit om die wêreld te verken deur op ‘n swerftog te gaan, en het homself in […]
Ed van Wyk – Bethlehem ster, o wonderlig
0
03:05

Ed van Wyk – Bethlehem ster, o wonderlig

Edwin Carl van Wyk is op 3 September 1951 in Johannesburg gebore en het matriek geskryf aan die Hoërskool Roosevelt, waarna hy nasionale diensplig in die Lugmag voltooi het. Na diensplig het hy ‘n geleentheid gekry het om deur Europa en Suid-Amerika te reis en om ‘n aantal groot operasterre se vertonings by te woon. […]
Dimpel Pretorius & Sy Springbokspan – Sikkedoema
0
02:17

Dimpel Pretorius & Sy Springbokspan – Sikkedoema

Willem Francois (Boet of Dimpel) Pretorius is op 15 Desember 1937 in Johannesburg gebore en het matriek aan die Hoërskool D.F. Malan voltooi. Op 15 het hy aan ‘n talentkompetisie deelgeneem en ‘n goue medalje vir sang gewen, waarna sy pa vir hom ‘n kitaar gekoop het. Hy het homself hierna op kitaar toegespits en […]
Gerrie Snyman & Die Harmoniste – Lolita
0
02:25

Gerrie Snyman & Die Harmoniste – Lolita

Gerrie Snyman is op 26 April 1906 in Greymont, Johannesburg, gebore. Op tienjarige ouderdom het hy begin traporrel speel, en kort daarna ook klavier, kitaar, konsertina, Hawaiiese kitaar, trekklavier en saksofoon leer speel. Na skool het hy hom bekwaam as ‘n skrynwerker, en in 1925 het hy sy eerste orkes gestig. Hulle het gereeld in die Labour Party Club (destyds op die hoek van Harrisson- en Kerkstraat in Johannesburg) opgetree. In 1930 en 1931 het hy sy eerste opnames gemaak vir die plate-reus “His Master’s Voice”, saam met sy orkes Die Ses Hartbrekers. Gerrie het ook op sommige van hierdie liedjies gesing, en ‘n paar daarvan self geskryf (hy het uiteindelik meer as 100 liedjies geskryf). Benewens ‘n puik musikant was Gerrie ook ‘n akteur, rolprentvervaardiger en ‘n gerekende kunsskilder. Hy het in 1926 sy eerste van meer as ‘n honderd skilderye voltooi, wat meestal op die Suid-Afrikaanse natuurlewe en pragtige landskappe gefokus was. Hy het twee maal uitstallings van sy werke in die VSA gehou, en in 1980 is al sy skilderye daar verkoop. In die 1940’s het sy saam met sy familie en ander akteurs die Gerrie Snyman Teater Geselskap op die been gebring, en verskeie toere deur ons land onderneem. Van die toneelstukke wat hulle aangebied het is, ondermeer, Die Weerwolf, Johannesburg By Nag, Die Wonderkinders Van Johannesburg, Geheime Van Donker Johannesburg en Wena. Gerrie het die bekende Boereplaas Ontspanningsoord net buite Johannesburg by Ferndale, Randburg, oor ‘n tydperk van ses jaar self gebou. Dit was ‘n uithang dansplek en slegs formele aanddrag was toelaatbaar. Sy ander groot liefde was rolprente, waarvan hy 4 vervaardig het, en ook self daarin opgetree het. Sy bekendste was sonder twyfel Die Leeu Van Punda Maria (1954) en Die Skelm Van Die Limpopo (1962). Gerrie het tot en met sy dood, op 5 Augustus 1997 in Springs, aktief gebly en sy liefde vir musiek bly uitleef. Hierdie liedjie, deur Gerrie Snyman & Die Harmoniste, is vrygestel op die album “Kaapse Nooi” (datum onbekend, maar waarskynlik in 1965). BAIE DANKIE AAN CHRISTA PRETORIUS VAN WELKOM VIR DIE LEEN VAN DIE PLAAT, EN DANKIE AAN MARIUS DE VOS VIR DIE BIOGRAFIE VAN GERRIE SNYMAN!
Chris Chameleon – “Minutes to Midnight”
0
04:05

Chris Chameleon – “Minutes to Midnight”

"Minutes to Midnight" was written for Leadership for Conservation in Africa (LCA) to draw attention to their cause, which is to secure 20 million hectares of African forest for conservation by the year 2020. This is called the "20/20 Vision" campaign. (http://www.lcafrica.org/) "Minutes to Midnight" can be downloaded from http://www.chrischameleon.com and all the profits are being donated to 20/20 Vision. The song was written and composed by Chris Chameleon and produced by SAMA nominated producer Kevin Leicher. The video was conceptualised by Chris Chameleon and directed by the talented Garreth Fradgley. www.chrischameleon.com www.sheer.co.za Director/Editor : Garreth Fradgley Producers : Olivia Morgado & Garreth Fradgley Cinematographer : Justus De Jager Actors : Chris Chameleon & Rolanda Marais Set Builders : Warren Veldhuizen and Sim Mkandla Art Department : Emil Snyman, Vicki Wilson & Rowan Marghum Graphics on Computer Displays : Stephan Calitz & Martin Lippert **Many thanks to Mrs Sabine Plattner of the LCA, without whom this video wold not have been possible!**
Manie Jackson – Sprei Jou Vlerke My Kind
0
04:04

Manie Jackson – Sprei Jou Vlerke My Kind

Music video by Manie Jackson performing Sprei Jou Vlerke My Kind. (C) 2013 Sony Music Entertainment Africa (Pty) Ltd - Select Music, a division of Sony Music Entertainment Africa (Pty) Ltd http://vevo.ly/J2RmV6
Sê My
0
03:34

Sê My

Provided to YouTube by Sony Music Entertainment Sê My · Fredi Nest 20 Goue Treffers ℗ 2012 South Africa - Sony Music Entertainment Africa (Pty) Ltd, under Select Music a division of Sony Music Entertainment Africa (Pty) Ltd Auto-generated by YouTube.
Man Overboard
0
03:06

Baby

Provided to YouTube by The Orchard Enterprises Baby · Fredi Nest I Surrender ℗ 2018 IB Entertainment under exclusive license to Next Music Released on: 2018-10-15 Auto-generated by YouTube.
Fly Away
0
04:03

Fly Away

Provided to YouTube by Sony Music Entertainment Fly Away · Fredi Nest Sing John Denver ℗ 2015 SME Africa (Pty) Ltd Composer, Lyricist: John Denver Auto-generated by YouTube.
“Skyfall” Cover
0
04:46

“Skyfall” Cover

This is a cover of the song "Skyfall" I did. Originally sung by Adele. It's un-mastered and un-edited.
Prinses Delilla
0
02:57

Prinses Delilla

Provided to YouTube by Sony Music Entertainment Prinses Delilla · Fredi Nest Die Platinum Reeks ℗ 2011 South Africa – Sony Music Entertainment Africa (Pty) Ltd, under Select Music a division of Sony Music Entertainment Africa (Pty) Ltd Auto-generated by YouTube.
Charles Berman met Sam Petzer – a. Vaalhoed se baas b. Kimberley se trein
0
02:08

Charles Berman met Sam Petzer – a. Vaalhoed se baas b. Kimberley se trein

Ongelukkig kon ek geen inligting oor Charles Berman opspoor nie, maar sal die notas opdateer indien ek wel iets in die hande kry. Samuel Petzer is op 21 Junie 1901 in Oos-Londen gebore. Sy vyf broers en twee susters was almal musikaal aangelê, en kon verskeie instrumente bespeel. Sam self het reeds op die ouderdom […]
Charles Segal – Sawends
0
02:29

Charles Segal – Sawends

Charles Segal is op 15 Junie 1929 in Joniskis, Litaue, gebore, maar sy ouers het hulle in Suid-Afrika gevestig toe hy 2 jaar oud was. Hy het klassieke musiek studeer en het beide ‘n “Associate (ATCL)” en “Licentiate” van die “Trinity College of London (LTCL)” geword. He was ook ‘n stigterslid van die Suider-Afrikaanse Musiek […]
Gabriel Bayman met Ballie & Sy Bolle – Daar kom die Alibama
0
01:49

Gabriel Bayman met Ballie & Sy Bolle – Daar kom die Alibama

Gordon Charles Bayman is op 9 Januarie 1917 gebore en het sy kinderjare in die Kaap in ‘n regte storieboek-omgewing deurgebring, wat grootliks daartoe bygedra het dat hy ‘n briljante storieverteller geword het. Hy was welbekend as radio omroeper en as verhoog- en rolprentakteur, veral vir sy karakterisering van sy geliefde Kaapse Kleurling, vir wie […]
Maritsa – Verlange
0
02:46

Maritsa – Verlange

Maritza is op 20 Desember 1958 in Oos-Londen gebore as Brenda Ann du Preez. Sy het reeds op 6-jarige ouderdom begin sing en het vanaf die ouderdom van 9 sanglesse geneem. Toe sy 10 jaar oud was, het sy haar eerste talentkompetisie gewen en op 16 haar eerste solus sewe, “Verlange”, opgeneem. In 1976 het […]