Hierdie plaat verteenwoordig sekerlik een van die grootste slenters in die geskiedenis van Afrikaanse musiek, indien nie in dié van Suid-Afrikaanse musiek nie! Eerstens was daar nooit ‘n plaaslike kitaarspeler met die naam Sewes van Rooyen nie, maar was dit in werklikheid ‘n skuilnaam wat Taffie Kikillus gebruik het. Dit opsigself is nie werklik so […]
Music video by Jo Black performing Haar Naam Is Afrikaans (Official Audio).(C) 2025 Sony Music Entertainment Africa (Pty) Ltd / Precision Recording Studio (Pty) Ltd
Willem Francois (Boet of Dimpel) Pretorius is op 15 Desember 1937 in Johannesburg gebore en het matriek aan die Hoërskool D.F. Malan voltooi. Op 15 het hy aan ‘n talentkompetisie deelgeneem en ‘n goue medalje vir sang gewen, waarna sy pa vir hom ‘n kitaar gekoop het. Hy het homself hierna op kitaar toegespits en […]
Leslie Eugene Greeff is op 14 April 1921 op Bethanie in Namibië gebore, waar sy pa in diens van die S.A. Polisie was. In later jare het die gesin eers na Uitenhage verhuis waar Leslie sy laerskooldae aan Muir Kollege voltooi het, en toe na Wellington waar hy matriek aan die Hoër Jongenskool in die […]
Christiaan Jacobus le Roux is op 1 Desember 1944 in Carnarvon in die Kaapprovinsie gebore en het ook sy skoolloopbaan daar begin. Nadat sy pa oorlede is toe hy nog baie jonk was, het die familie eers na Richmond en toe na Victoria-Wes getrek waar Chris in 1963 matriek geskryf het. Hy was altyd baie […]
Die Mellotones (aanvanklik bekend as die Drie Mellotones) het bestaan uit Leonard “Len” Bobrow, Esky Jawitz en Al Mazin. Hulle het mekaar een aand op ‘n partytjie ontmoet, ‘n paar liedjies saam gesing en net daar besluit om ‘n sang trio te vorm. Hulle het in talle verskeidenheidskonserte opgetree, o.a. “Verskeidenheid Onder Die Sterre”, wat […]
Samuel Petzer is op 21 Junie 1901 in Oos-Londen gebore en het gekom uit ‘n musikale familie, met sy vyf broers wat almal verskillende instrumente kon bespeel, en sy twee susters wat orreliste was. Hy het reeds op die ouderdom van sewe die kitaar en konsertina bemeester. Na skool het hy hom as ‘n stoffeerder […]
Christoffel Nicolaas du Toit is op 13 Julie 1929 in Bloemfontein gebore, maar sy ouers het na Johannesburg verhuis toe hy 3 jaar oud was. Hy het waarskynlik sy musiektalent van sy moeder geërf en het toevallig daarvan bewus geword nadat hy op ‘n kitaar begin tokkel het wat deur ‘n oom, wat tydens die […]
Marié du Toit is op 9 Mei 1967 in White Plains, New York, in die VSA gebore. Weens die aard van haar pa se werk het die gesin wêreld wyd gereis, en was sy vyf jaar oud toe sy Suid-Afrika vir die eerste keer gesien het. Sy het grootgeword in Amerika, Suid-Afrika, Australië en uiteindelik […]
Hans Olaf Waldemar Rudiger Felix Januarius Andresen is op 14 Januarie 1902 in Berlyn, Duitsland, gebore en het reeds op skool viool begin speel en sy eerste uitvoering gelewer toe hy 14 jaar oud was. Na skool het hy besluit om die wêreld te verken deur op ‘n swerftog te gaan, en het homself in […]
Gwynneth Joubert is op 20 Augustus 1960 in Johannesburg gebore. Reeds op die ouderdom van 9 het sy by haar pa se plesieroord, Robinson Lake naby Randfontein, begin sing saam met verskeie groepe, en dis hier waar Jody Wayne haar “ontdek” het, en vir haar ‘n kontrak met die Teal platemaatskappy beding het. Haar ma […]
Malcolm Watson is in Zambië gebore en het as kind saam met sy ouers na Suid-Afrika gekom. As tiener op hoërskool het hy sy eerste groep, The Statesmen, in Pietermaritzburg gestig, en was na skool vir 6 jaar lank lid van die baie gewilde groep, The Rising Sons. Hulle het Suid-Afrikaanse Top 20 treffers gehad […]
Willem Francois (Boet of Dimpel) Pretorius is op 15 Desember 1937 in Johannesburg gebore en het matriek aan die Hoërskool D.F. Malan voltooi. Op 15 het hy aan ‘n talentkompetisie deelgeneem en ‘n goue medalje vir sang gewen, waarna sy pa vir hom ‘n kitaar gekoop het. Hy het homself hierna op kitaar toegespits en […]
Music video by Manie Jackson performing I Want to Live (Live at Stone Cradle, Centurion 2014).(C) 2014 Sony Music Entertainment Africa (Pty) Ltd, under Select Musiek a division of Sony Music Entertainment Africa (Pty) Ltd
Gerrie Snyman is op 26 April 1906 in Greymont, Johannesburg, gebore. Op tienjarige ouderdom het hy begin traporrel speel, en kort daarna ook klavier, kitaar, konsertina, Hawaiiese kitaar, trekklavier en saksofoon leer speel. Na skool het hy hom bekwaam as ‘n skrynwerker, en in 1925 het hy sy eerste orkes gestig. Hulle het gereeld in die Labour Party Club (destyds op die hoek van Harrisson- en Kerkstraat in Johannesburg) opgetree. In 1930 en 1931 het hy sy eerste opnames gemaak vir die plate-reus “His Master’s Voice”, saam met sy orkes Die Ses Hartbrekers. Gerrie het ook op sommige van hierdie liedjies gesing, en ‘n paar daarvan self geskryf (hy het uiteindelik meer as 100 liedjies geskryf).
Benewens ‘n puik musikant was Gerrie ook ‘n akteur, rolprentvervaardiger en ‘n gerekende kunsskilder. Hy het in 1926 sy eerste van meer as ‘n honderd skilderye voltooi, wat meestal op die Suid-Afrikaanse natuurlewe en pragtige landskappe gefokus was. Hy het twee maal uitstallings van sy werke in die VSA gehou, en in 1980 is al sy skilderye daar verkoop.
In die 1940’s het sy saam met sy familie en ander akteurs die Gerrie Snyman Teater Geselskap op die been gebring, en verskeie toere deur ons land onderneem. Van die toneelstukke wat hulle aangebied het is, ondermeer, Die Weerwolf, Johannesburg By Nag, Die Wonderkinders Van Johannesburg, Geheime Van Donker Johannesburg en Wena.
Gerrie het die bekende Boereplaas Ontspanningsoord net buite Johannesburg by Ferndale, Randburg, oor ‘n tydperk van ses jaar self gebou. Dit was ‘n uithang dansplek en slegs formele aanddrag was toelaatbaar. Sy ander groot liefde was rolprente, waarvan hy 4 vervaardig het, en ook self daarin opgetree het. Sy bekendste was sonder twyfel Die Leeu Van Punda Maria (1954) en Die Skelm Van Die Limpopo (1962).
Gerrie het tot en met sy dood, op 5 Augustus 1997 in Springs, aktief gebly en sy liefde vir musiek bly uitleef.
Hierdie liedjie, deur Gerrie Snyman & Die Harmoniste, is vrygestel op die album “Kaapse Nooi” (datum onbekend, maar waarskynlik in 1965).
BAIE DANKIE AAN CHRISTA PRETORIUS VAN WELKOM VIR DIE LEEN VAN DIE PLAAT, EN DANKIE AAN MARIUS DE VOS VIR DIE BIOGRAFIE VAN GERRIE SNYMAN!
Music video by Manie Jackson performing Julia. (C) 2017 Sony Music Entertainment Africa (Pty) Ltd - Select Music, a division of Sony Music Entertainment Africa (Pty) Ltd
http://vevo.ly/p6W7AL
Provided to YouTube by The Orchard Enterprises
Sak en Pak · Fredi Nest
Klanktoets, Vol.1
℗ 2018 IB Entertainment under exclusive license to Next Music
Released on: 2018-08-20
Auto-generated by YouTube.