Afrikaanse musiek946 Videos

Charles Berman met Sam Petzer se Orkes en Koor – Pale-toe
0
02:21

Charles Berman met Sam Petzer se Orkes en Koor – Pale-toe

Samuel Petzer is op 21 Junie 1901 in Oos-Londen gebore en het gekom uit ‘n musikale familie, met sy vyf broers wat almal verskillende instrumente kon bespeel, en sy twee susters wat orreliste was. Hy het reeds op die ouderdom van sewe die kitaar en konsertina bemeester. Na skool het hy hom as ‘n stoffeerder […]
Dennis van Rooyen – a. Die oukraalliedjie b. Die ou Kalahari
0
02:50

Dennis van Rooyen – a. Die oukraalliedjie b. Die ou Kalahari

Dennis van Rooyen is op 17 Junie 1920 in Pietermaritzburg gebore en het op die ouderdom van ses jaar klavierlesse begin neem. Hy het ook geleer om die orrel te bespeel en was op dertienjarige leeftyd reeds ‘n kerkorrelis. In 1939 was hy die eerste kunstenaar om in Pietermaritzburg die Hammond-orrel by huweliksonthale en ander […]
Marié du Toit – Dis nooit te laat
0
03:33

Marié du Toit – Dis nooit te laat

Marié du Toit is op 9 Mei 1967 in White Plains, New York, in die VSA gebore. Weens die aard van haar pa se werk het die gesin wêreld wyd gereis, en was sy vyf jaar oud toe sy Suid-Afrika vir die eerste keer gesien het. Sy het grootgeword in Amerika, Suid-Afrika, Australië en uiteindelik […]
Danie Pretorius – Rooi laventel
0
02:37

Danie Pretorius – Rooi laventel

Daniel Johannes Pretorius is in 1915 op Vryburg gebore, en het as tiener reeds die viool en banjo bemeester. Na skool het hy by die polisie aangesluit, maar het later in Johannesburg op die goudmyne gaan werk. In die vroeë veertigerjare het hy teruggekeer na Vryburg om sy pa se steenmakery oor te neem, en […]
Carike Keuzenkamp – Die byeboerwa
0
03:13

Carike Keuzenkamp – Die byeboerwa

Carike Keuzenkamp is op 3 Maart 1947 in Den Haag, Nederland, gebore as Elisabeth Maria Magdalena Keuzenkamp. “Carike” is afgelei van haar ouers se name, Carel en Rik. Die gesin het in 1952 na Suid-Afrika verhuis, en Carike het aan die Hoërskool Alberton matriek geskryf, waarna sy by die Universiteit van Pretoria onderwys studeer het. […]
Die Kavalier – Liefling
0
02:30

Die Kavalier – Liefling

Malcolm Watson is in Zambië gebore en het as kind saam met sy ouers na Suid-Afrika gekom. As tiener op hoërskool het hy sy eerste groep, The Statesmen, in Pietermaritzburg gestig, en was na skool vir 6 jaar lank lid van die baie gewilde groep, The Rising Sons. Hulle het Suid-Afrikaanse Top 20 treffers gehad […]
Dimpel Pretorius & Sy Springbokspan – Wanneer sien ek jou weer
0
02:46

Dimpel Pretorius & Sy Springbokspan – Wanneer sien ek jou weer

Willem Francois (Boet of Dimpel) Pretorius is op 15 Desember 1937 in Johannesburg gebore en het matriek aan die Hoërskool D.F. Malan voltooi. Op 15 het hy aan ‘n talentkompetisie deelgeneem en ‘n goue medalje vir sang gewen, waarna sy pa vir hom ‘n kitaar gekoop het. Hy het homself hierna op kitaar toegespits en […]

Afrikaanse Musiek is Witwarm!

Afrikaanse musiek is witwarm en vra om gehoor te word! Afrikaanse musiek vorm nie verniet een van die mees gewilde en bes-verkopende markte in die algehele Suid-Afrikaanse musiekbedryf nie. In 2009 was Juanita du Plessis en Theuns Jordaan se Bring jou Hart die land se bes-verkopende musiek-DVD. In dieselfde jaar was Elizma Theron en Nicholis […]
Piet Pompies met Harold Cobb en sy Orkes – Herrie what’s de merrie
0
02:18

Piet Pompies met Harold Cobb en sy Orkes – Herrie what’s de merrie

Piet Pompies is in 1922 op Willowmore gebore as Pieter van der Byl. Hy het in sy leeftyd verskeie beroepe beoefen - eers klerk en later stasiemeester by die Spoorweë, eienaar van ‘n troeteldierwinkel, perdeslagter, en natuurlik vermaaklikheidskunstenaar. Hy was meer as net ‘n sanger - hy was ook ‘n akteur, omroeper, komponis, draaiboekskrywer, goëlkunstenaar en buikspreker. Hy sal veral onthou word vir sy radioprogramme Caltex Kaskenades en Next Stop Makouvlei. In die genoemde programme het hy, benewens sy eie rolle, ook die rolle vertolk van Hanswors en Oom Gert. Vir sy radioprogramme en koffiehuiskonserte het hy nie minder nie as 280 grappige liedjies geskryf. Hy het sowat vyftien 78-spoedplate opgeneem vir Trutone en Pêrel saam met Harold Cobb se orkes, en het ook verskeie opnames gedoen saam met Flippy Laker en Pip Friedman. Piet Pompies is op 30 Desember 1992 in die ouderdom van 70 oorlede in ‘n motorongeluk naby Grabouw. Hierdie legendariese komediant het sy verhoognaam te danke gehad aan die outydse pompie-toeters waarmee hy op die verhoog lawaai gemaak het. Hierdie liedjie is op die album "Padlangs" vrygestel, waarskynlik teen die einde van 1956 of aan die begin van 1957. Die liedjie is geskryf deur Piet Pompies. BAIE DANKIE AAN MARIUS DE VOS VAN IFM 102.2 VIR DIE INFORMASIE!
Manie Jackson – Mooiste Vrou
0
03:45

Manie Jackson – Mooiste Vrou

Music video by Manie Jackson performing Mooiste Vrou. (C) 2016 SME Africa (Pty) Ltd http://vevo.ly/fsTZ9J
Lola
0
02:41

Wie’s Bang

Provided to YouTube by Sony Music Entertainment Wie's Bang · Fredi Nest Kom Kry Vir Jou ℗ 2007 SME Africa (Pty) Ltd Auto-generated by YouTube.
Mary You’re Breaking My Heart
0
03:13

Mary You’re Breaking My Heart

Provided to YouTube by The Orchard Enterprises Mary You're Breaking My Heart · Fredi Nest I Surrender ℗ 2018 IB Entertainment under exclusive license to Next Music Released on: 2018-10-15 Auto-generated by YouTube.
Hard To Believe
0
03:08

Hard To Believe

Provided to YouTube by The Orchard Enterprises Hard To Believe · Fredi Nest Wie Is Jy? ℗ 1999 Street Sounds Released on: 2004-12-28 Auto-generated by YouTube.
Ricus Nel – Ek Wonder
0
03:24

Ricus Nel – Ek Wonder

Music video by Ricus Nel performing Ek Wonder. (C) 2013 Sony Music Entertainment Africa (Pty) Ltd – Select Music, a division of Sony Music Entertainment Africa (Pty) Ltd http://vevo.ly/MustJH
As
0
04:21

As

Provided to YouTube by Sony Music Entertainment As · Fredi Nest Die Platinum Reeks ℗ 2011 South Africa – Sony Music Entertainment Africa (Pty) Ltd, under Select Music a division of Sony Music Entertainment Africa (Pty) Ltd Auto-generated by YouTube.
Maritza – Waarom
0
03:21

Maritza – Waarom

Maritza is op 20 Desember 1958 in Oos-Londen gebore as Brenda Ann du Preez. Sy het reeds op 6-jarige ouderdom begin sing en het vanaf die ouderdom van 9 sanglesse geneem. Toe sy 10 jaar oud was, het sy haar eerste talentkompetisie gewen en op 16 haar eerste solus sewe, “Verlange”, opgeneem. In 1976 het […]
Charles Segal – Tiekie-mambo
0
02:15

Charles Segal – Tiekie-mambo

Charles Segal is op 15 Junie 1929 in Joniskis, Litaue, gebore, maar sy ouers het hulle in Suid-Afrika gevestig toe hy 2 jaar oud was. Hy het klassieke musiek studeer en het beide ‘n “Associate (ATCL)” en “Licentiate” van die “Trinity College of London (LTCL)” geword. He was ook ‘n stigterslid van die Suider-Afrikaanse Musiek […]
JAN JAN JAN – Gooi Mielies
0
03:54

JAN JAN JAN – Gooi Mielies

Official Music video for “Gooi Mielies” by Jan Jan Jan. Download or stream hier – https://selectmusiek.lnk.to/GooiMielies Follow Jan Jan Jan op Social Media: Facebook – https://www.facebook.com/JanJanJanBoerBoel/ Instagram – https://www.instagram.com/janjanjan_officialsa/ TikTok – https://vm.tiktok.com/g7cGwA/. Clothing and styling by: https://www.boerboelwear.co.za/ DOP & Editing by: JT Ferreira (IG/@jittels) Produced by: Boerboel Wear PTY LTD Directed by: Stephan Hugo Botha […]