Afrikaans375 Videos



Daar is ‘n nuwe snit uit van Cordelia en dit is ‘n ‘kragtige boodskap’
Cordelia se splinternuwe enkelsnit, Wees Lief is een waar sy die siel agter haar sang in pragtige eenvoud blootlê – ’n diepgaande boodskap in ’n aangrypende mooi musikale pakkie versier!
Die hart van hierdie snit is iets wat al ’n geruime tyd binne Cordelia klop: “Ek wil nog altyd meer as net sing en optree. Ek wil ’n verskil maak”, sê sy. “Die tipe verskil wat mense inspireer om hoop en liefde in alle omstandighede te kies en te lééf.”
Die snit groei van aanvanklik akoestiese snaarklanke en stem, tot die byvoeging van ’n sterk bas- en simfonielyn, tot vol harmonieë en orkes met trom en selfs techno-elemente.
Nes die musiekvideo ten toon stel, werp dit ’n blik op die verskillende nuanses van liefde – van vriendskap, gesins- en familie liefde tot die onbreekbare band van jarelange, Godgegewe liefde tussen man en vrou.
Dit sing van ’n liefde wat verstaan, bly staan, saam staan deur alles, ander opbeur en red u
Opvoering by Huis Maerua Goue Oues Fees – Windhoek
Galaxy Promotions in samewerking met Huis Maerua bied ‘n musiek konsert en markdag aan om fondse vir Huis Maerua in te samel en bewustheid te skep.
Datum:- 19 Mei 2018
Tyd:- 09:00 tot 22:00
Toegang:- R$120
Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Windhoek?? kliek hier !!
Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!
Adres:- Doc Jubber Hockey Fields – Hockey Union En Jubber Hockey Fields, Cricket street Olympia, Windhoek.
GPS Koordinate:- -22.606642,17.087989
Kaartjies beskikbaar by SA Radio
Gebore om wild te wees! SPAR Kirkwood Wildsfees 2018
Drie dae van Born to be Wild-ervarings vir die hele familie by die jaarlikse SPAR Kirkwood Wildsfees is die perfekte begin van die winter-skoolvakansie.
Datum:- 29 Junie – 1 Julie
Tyd:- 09:00 tot laat
Toegang:- R150 per volwassene per dag (Weekendpas = R350); R70 per kind per dag (Weekendpas = R150), R100 vir SASSA Pensioenarisse – kaartjies wat daagliks by die hek gekoop word.
Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Kirkwood?? SA Radio
Solo-enkelsnit uit deur Abel Knobel
Die sanger Abel Knobel, wat bekendheid verwerf het as lid van die groep NRG Energie, het onlangs sy solo-enkelsnit Die Stilte Het Gepraat uitgereik.
Die snit wat as ’n mid-tempo ballade kan beskryf word, is deur Abel en Pierre Rossouw geskryf toe hy deur diep waters is. “Die pyn wat gepaard gaan met die verlies van ’n liefde, om meer spesifiek te wees is die inspirasie agter die snit,” sê hy.
Volgens Abel is die doel agter sy debuut enkelsnit om agter te kom wie hy regtig as solo-kunstenaar is. “Die laaste ding wat ek wou doen was om die proses aan te jaag. As mens net iets vrystel wat nie goed deurdink is nie, en ook nie outentiek of authentic aan jou is nie, sal dit nooit so groot impak maak nie, en ek dink ons mark is op ’n plek waar die publiek honger is vir iets wat real en honest is.”
Met die snit het Abel unversiële temas soos eensaamheid en verwerping direk probeer aanspreek. En vertel: “Maak nie saak hoe alleen of verw
Jy mag haar dalk die dame ken, Nedine Blom, sy is SUPERCOOL
Nadine Blom is ‘n Afrikaanse sangeres gebore op 22 Januarie in Bloemfontein in die destydse Oranje-Vrystaat.
Sy het haar laerskoolloopbaan by Laerskool Lynnwood (Pretoria) afgeskop en voltooi aan Laerskool du Preez van Wyk. Sy matrikuleer aan die Hoërskool Erasmus, waar sy later jare erekleure ontvang vir haar bydrae tot die skool se kuns en kultuur skat. Sy is ook verkies tot die leerlingraad in haar matriekjaar.
Nadine Blom is in die regte gekwalifiseer met onderskeidelik BLC (Bacalareus Legum Civilus),LLB (Legum Bacalareus) en LLM (Legum Magister)en het haar regsgrade onderskeidelik verwerf aan die Universiteit van Pretoria, die Universiteit van Suid-Afrika en die Universiteit van Johannesburg. Na haar toelating as prokureur, het sy deeltyds haar sangloopbaan beoefen terwyl sy ook in die korporatiewe omgewing as regsadviseur werksaam was. Haar seun, Adriaan, is in 2002 gebore. Sy het mettertyd die regsberoep vaarwel geroep en haarself voltyds
SKY OCEAN ontbloot haar siel met nuwe enkelsnit
Sky Ocean het een van daardie stemme wat jou in jou spore laat vassteek wanneer jy haar vir die eerste keer hoor sing. Daar is hoendervleismooi emosie en ’n strelende klank in haar stem wat jou uitnooi om verlore te raak in haar musiek. Dit is dan ook hierdie eienskappe wat haar derde enkelsnitvrystelling, BLACKHOLES IN MY HEAD, so besonders maak.
BLACKHOLES IN MY HEAD is ’n moderne ballade met ’n pop-rock-aanslag. Hierdie ballade is in Australië geskryf in samewerking met Byron Keno en bevraagteken al die onbeantwoorde vrae wat daar oor liefde bestaan. Al daardie dinge oor die liefde wat niemand verstaan nie. “Somtyds gee jy jou alles vir iemand of iets nog voordat julle amptelik ’n paartjie is. Jy leer nie eers hoe om te vlieg voordat jy val nie, jy vat ’n kans en laat net gaan met ’n hart vol hoop en vertroue dat dit sal uitwerk.
Wanneer dit ’n week later nie uitwerk nie, beweeg die persoon so vinnig aan en jy sit met die gebroke
Robertson Slow Food & Wine Festival – Route 62
Satisfy your wanderlust and head out to the country on the scenic Route 62. Explore a wealth of history and authentic wine experiences at the Robertson Wine Valley’s eleventh annual Slow Food & Wine Festival in partnership with WESGRO. Taking place at various wineries and tourism establishments.
Date:- 3 – 5 August 2018
Time:- 09:00 till late
Price:- Tickets are limited and you need to make your booking directly with the host no later than three days before the activity. Specify your dietary requirements. Payment are required in advance. (please contact details below)
Looking for a cozy place to stay nearby in Robertson?? SA Radio
Kom geniet die Swartlandskou Maskerbal – Moorreesburg
Kom geniet Swartlandskou se eerste MASKERBAL, `n heerlike plattelandse atmosfeer met die verruklikste musiek en die lekkerste kos Vrydagaand.
Datum:- 31 Augustus 2018
Tyd:- 18:00 – 23:00
Toegang:- Enkel kaartjies kan nie vir hierdie geleentheid bespreek word nie. Kliënte moet ‘n volledige tafel van 10 beskikbare sitplekke in totaal ter waarde van R2250.00 per tafel bespreek. PRYS DEK ‘N 3 KURSUS AANDETE IN PER PERSOON.
Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Moorreesburg, Wes Kaap?? SA Radio
Die sangeres Juanita du Plessis het geen bekendstelling nodig nie, maar hier is ‘n paar goedjies wat jy dalk nie geweet het nie
Die blinkste ster aan die Suid-Afrikaanse musiek-uitspansel is ons eie Platinum prinses, Juanita du Plessis. Sy is lank reeds gekroon as ons land se top Afrikaanse vroue-kunstenaar en sy gaan nie gou van haar kroon afstand doen nie.
Juanita se roemryke loopbaan het in 1998 afgeskop met haar debuut-album “Juanita” . In dieselfde jaar wen sy verskeie toekennings en dit was toe reeds duidelik dat Juanita se liedjies wèrk! Na baie gebede en wag verskyn haar tweede album “Ek en jy”, Ska-Rumba was die bonussnit.
‘n Suksesverhaal met vele mylpale word geskryf. ‘n Klompie skitterende, suksesvolle albums sien die lig en in 2003 word Juanita die eerste Afrikaanse sangeres wat die nr. 1 posisie op RSG se amptelike Top 20- treffersparade haal en drie weke agtereenvolgens bo-aan bly!
(Die treffersparade behels beste verkopers in SA- plaaslik en internasionale albums)
In die volgende vyf jaar verander die meisie van Suidwes se lewe dra
Paul Kruger Standbeeld Brand! Redelikheid sal in Volksmoord Eindig! Word Onredelik Nou!
SAUK TV: Vetkoekpaleis Seisoen 2 Episode 9 – ‘n Nuwe vennoot
Afrisaam Fees 2018: Groter as groot en meer!
Die jaarlikse Afrisaam Fees is vanjaar nóg groter en beter met kunstenaars soos, Steve Hofmeyr, Juanita du Plessis, Arno Jordaan, Deon Groot, Riana Nel, Jay, Karlien van Jaarsveld, Snotkop en Juan Boucher.
Die hoofverhoog se program skop dan om 13:30 met Ricky Faber, Arno van der Hoff, Deon Groot, Riana Nel, Juan Boucher, Karlien van Jaarsveld, Jay, Dirk van der Westhuizen, Snotkop en Steve Hofmeyr af.
Vanjaar kom kuier Sorina, ook as die Flooze bekend, saam en sal saam met Henry Bruinette as aanbieders optree.
Datum:- 8 Junie – 9 Junie
Tyd:- Hekke open om 17:00
Toegang:- Kontak kantoor vir pryse. Kontak nommer kan u onder aan die berig kry.
Daar is hope kindervermaak, ’n kindertuin-area met gekwalifiseerde oppassers, wat flieks, gesigverf, inkleur en meer aanbied, sowel as ’n speelarea met allerhande opblaas glybane, kastele “rockets” en ook die gewilde m
Karlien van Jaarsveld & orkes tree op – Atterbury Theatre – Lynnwood
KARLIEN VAN JAARSVELD, multi platinum kunstenaar tree op met `n 3 stuk orkes. Sy neem jou op `n reis van haar lewe met liedjies uit haar eie pen, maar ook liedjies van ander kunstenaars wie se musiek ook deel van haar lewe vorm en vir sy baie respek het.
Datum:- 3 Mei 2018
Tyd:- 19:15
Toegang:- R160 – R180
In 2017 stig Altus Theart, Pieter Marcato en Jerry Spangenberg die Afrikaanse Alternatiewe popgroep EON en bereik hulle reeds groot sukses met hulle eerste treffer BITTERSOET wat tans op verskeie radiostasies op hoë rotasielyste is.
Die musiekvideo op YouTube bereik verrassende kykersgetalle en is ook te sien op verskeie Afrikaanse TV Kanale.
PIETER MARCATO is liedjieskrywer, sanger, lid en stigter van die groep Marcato, maar hy is ook saam met Altus en Jerry deel van EON. In 2013 het Pieter ook sy eie platemaatskappy as Legato Artists gestig wat nou al Marcato en EON se musiekbehoeftes hanteer.
JERRY SPANGENBERG gebore in Bloemfontein, maar dis op hul plaas in Kuruman waar hy sy liefde vir musiek ontwikkel het. Eers konsertina gespeel, toe klavier in sy tiener jare. Dromme het eers op hoërskool begin byt. Kitaar, sy groot liefde, het ironies laaste gekom want vandag is hy die kitaarspeler van EON. Jerry 4 jaar vir Mel Botes kitaar gespeel. J
Len Muller se tweede album is vrygestel, ‘Oog van die storm’
Len Muller se tweede album, Oog van die storm wat vroeër vanjaar bekend gestel is, bied inspirerende en bemoedigende musiek met ’n baie sterk geestelike ondertoon. Sy unieke en byna uitdagende liriekgedrewe aanslag wat as Afrikaans-akoesties bestempel kan word, spreek van ’n onopgesmukte eerlikheid waarby die meeste luisteraars ongetwyfeld aanklank sal kan vind. Dié persoonlike album volg op die sukses van sy debuutalbum, Doodgewone Avontuur, waarvan die enkelsnit, Smag Na Jou, op die klankbaan van die romantiese komedie, Strikdas, gebruik is.
Die moderne omslag ontwerp deur Ivann Pieterse van Fathom Media waarop Len in teenstelling tot die wasige agtergrond in fokus staan, is die bewys dat hy inderdaad in staat was om te kon uitstyg bo die storm waarin hy homself op dié album bevind. Alhoewel die meeste liedjies op die album oudergewoonte deur Len self geskryf is, het hy drie daarvan ook saam met sy vrou, Chanél Muller geskryf. Die ander mede-skrywer
Top 20 vir die week: 25 Junie 2018
Tarryn Lamb is haar eerste plek kwyt die week en daai nommer 1 posisie behoort nou aan Dirk van der Westhuizen met sy treffer “Sexy vi my”.
Ons het ‘n nuwe toetreede tot die Top 20, dis niemand anderste as Jan Blohm wat onlangs sy splinternuwe album bekendgestel het. Sy enkelsnit, ‘Word wakker’. Die treffer van hom betree die Top 20 in posisie nommer 12 (loer hier onder na ‘n musiekvideo/konsert opname van die treffer.)
Ons Top 20 sangers het almal so paar plekke gespring of van ons lys afgegaan, maar wie weet hoe die Top 20 volgende week gaan lyk.
Kom ons spring weg en kyk na die stand van sake op ons Top 20 lys vir die week wat voorlê:-
1. Dirk van der Westhuizen – “Sexy vir my”
2. Tarryn Lamb – “Mal oor jou”
3. Elandré – “Honderd duisend maal”
4. Brendan Peyper – “Klim jou Everest”
5. Juanita du Plessis – “Dankie vir jou liefde”
6. Jay – “Lê ‘n bie
Die musiek blom vanjaar by die Vrystaatse Kunstefees 2018, kom gerus ‘n draai!
Die Vrystaat Kunstefees, in wese ’n Afrikaanse fees, is besig om hom as een van die belangrikste internasionale kunstefeeste op die Afrika-vasteland te vestig.
Datum:- 8 – 14 Julie 2018
Tyd:- die inligting is nie beskikbaar nie
Toegang:- R60, meer inligting oor pryse is nie beskikbaar nie
Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Bloemfontein?? kliek hier !!
Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!
Retief Burger is ‘n Gospel sanger, hier is ‘n bietjie meer oor hom
Retief Burger is ’n aanbidder in sy wese. Vir hom gaan dit oor meer as net liedjies. Sy musiek vind aanklank by ’n wye spektrum mense omdat dit opreg en modern is. Hy is egter nie net ’n aanbiddingsleier nie, maar glo dat God hom geroep het om mense te lei na die hart van die Vader. Hy het ook ‘n passie om nuwe leiers op te rig wat oor alle kerk- en generasie grense saamwerk vir een doel: om God bekend te maak en vir sy eer te leef!
Retief het nog nooit enige begeerte gehad om ‘n “kunstenaar” te wees nie. Hy wou aanvanklik net relevante Afrikaanse lof- en aanbiddings liedjies skryf om die studente by Kruispunt (’n Studentebediening in Potchefstroom) in God se teenwoordigheid in te lei. Dit was Louis Brittz wat hom na jare se getorring oorreed het om sy musiek op CD vas te lê en om sodoende die musiek tot die hele land se beskikking te stel. Retief: “As dit nie vir sy visie was nie, sou Luidkeels nooit gebeur het nie. Ons sou nooit kon droom
Die sangeres Chereé is baie bekend, maar hier is ‘n kort Bio oor haar
Chereé (gebore Cheree Desiree Large op 27 Mei 1979) is ‘n Afrikaanse country-sangeres. Haar debuutalbum, Chereé, is in 1999 uitgegee. Van haar treffers sluit in Mamma, Jy het my Hart Gesteel en Dertig Dae In Die Somer.
SA se COUNTRY GIRL Chereé is nou meer as ‘n dekade lank ‘n welbekende naam in die musiekbedryf.
Vandat sy 11 jaar oud was het Chereé haarself tuis gemaak in die SA musiekbedryf en daar is geen twyfel dat hierdie Kaapenaar hier is om te bly!
Sedert sy die Afrikaanse musiek mark in 2001 betree het, groei sy van krag tot krag! Hierdie talentvolle sangeres verskyn deesdae op verkskeie hoë profiel konserte en is ook te sien in van ons land se top publikasies.

Haar grootste sukses, nietemin, beskryf sy as heelwat meer persoonlik
Joe Foster gesels meer oor sy nuwe album
Drie jaar nadat die sanger en liedjieskrywer, Joe Foster, sy Ghoema-bekroonde album Hartklank vrygestel het, doen hy dit weer.
Hy vat as’t ware die ‘volgende stap’ met hierdie nuwe album. Alhoewel hy gedurende die twee albums reeds talle liedjies en projekte aangepak het, het hy gevoel dat die tyd nou reg is vir ’n volgende album.
Twee van die dertien liedjies op die album is reeds vrygestel en goed ontvang deur die publiek. Vrede Maak en Look Away, Joe se eerste Engelse snit, het sedert die uitreiking daarvan gereeld op treffersparades gekuier. Hierdie twee snitte is ’n lusmaker van wat aanhangers van die nuwe album kan verwag, wat vroeg in Augustus vrygestel word.
Aanhangers kan ook solank gereed maak vir Joe se volgende enke
Klipwerf Orkes! – Vyftig goue jare vol hoogtepunte
Die Klipwerf Orkes is terug met ’n splinternuwe album, 50 Jaar se Hoogtepunte, en dié album, wat pas vrygestel is, het reeds goue status bereik.
Met hierdie album vier hulle die ongelooflike mylpaal van vyftig jaar in die Afrikaanse musiekbedryf deur hul grootste treffers op een album vas te vang.
Na 20 jaar het die Klipwerf Orkes hulle eerste album vrygestel en daarna aanhangers jaarliks met ’n nuwe album bederf. Met albumverkope van meer as 1,4 miljoen, is dié orkes een van die mees suksesvolle orkeste in Suid-Afrika.
Uit 29 albums het sewe albums platinumstatus bereik en 22 albums goue status. Onder die hoogtepunte van hul loopbaan is verskeie SAMA-benoemings en die erkenning wat hulle deur die ATKV, vir die bevordering van Afrikaanse musiek, ontvang het.
Gedurende hul 40ste bestaansjaar het hulle ook ’n toekenning van die Hantam Vleisfees ontvang vir gewaardeerde bydrae tot die sukses van die fees.
Vir die Klipwerf Or
