Afrikaans375 Videos

image-.jpg
0

Franna Benade het Emmers vol Note – Pretoria

Sy blymoedigheid is aansteeklik en sy kenmerkende skaterlag lig enige swaar gemoed op om saam te lag. “Daar is immers emmers vol om oor dankbaar en bly te wees”, glo Franna ruiterlik.

Datum:- 30 Augustus 2018

Tyd:- 18:45

Toegang:- R180 – R220


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Lynnwood, Pretoria?? kliek hier !!


Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!


<

image-.jpg
0

Die sanger Jan de Wethet geen bekendstelling nodig nie, hier is ‘n kort Bio van hom

Jan Brand van Rooyen de Wet (Harrismith, 3 Februarie 1950 -) is ‘n Suid-Afrikaanse sanger wat meestal Christelike en geestelike liedere sing. Hy was ook ‘n predikant en onderwyser voordat hy sy sangloopbaan begin het.

De Wet begin sy skoolloopbaan in Willowmore in die Karoo en matrikuleer in 1967 aan die Potchefstroom Gimnasium. In 1968 doen hy sy nasionale diensplig in die SA Vloot, waarna hy werk by die departement van nasionale opvoeding in Pretoria.

Nadat hy twee jaar onderwys gegee het op Otjiwarongo in Suidwes-Afrika/Namibië, studeer hy aan RAU en behaal sy B.A. graad in onderwys in 1971. Hy voltooi ook ‘n aanvullende onderwyskwalifikasie in 1972 aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys.

Daarna behaal hy die graad B.Th. aan die Universiteit Stellenbosch en eindelik ‘n M.Th in diakoniologie oor die kerkjeug en popmusiek. Hy is getroud met Jeanett Blaauw en het twee kinders, Petrie en Com

ESCS EDUFRIENDS – Phase 2 Book 4 (Higiëne / Hygiene) Teaching English Learners to Read Afrikaans
0
01:56

Learn Afrikaans – Phase 2, Book 4 (Higiëne / Hygiene) Teaching English Learners to Read Afrikaans

Downloadable and printable booklets available here that goes with these 80 videos - R2.74 per booklet: https://teachingresources.co.za/vendors/your-afrikaans-friend/ Learn to read, understand and pronounce Afrikaans words and sentences. This is a free Afrikaans reading course for primary school students or anybody who wishes to learn the Afrikaans language. There are in total 80 short videos: Phases 1 to 8, with 10 videos in each phase. Phase 1 contains single words and from phases 2 onward, short sentences progressing to longer sentences in phase 8. English students will find this extremely easy to use, thanks to English translations and explanations visible on every screen. Here are the themes for the videos as well as the links to the 8 different phases: Phase 1 Playlist: https://www.youtube.com/playlist?list=PLMfxh5CvVyVum97Rwi8hth8ZwWd6RGsb4 Book 1 - Gesig / Face Book 2 - Liggaamsdele / Body parts Book 3 - Gesin / Immediate family Book 4 - Familie / Family Book 5 - Troeteldiere / Pets Book 6 - Speelgoed / Toys Book 7 - Klere / Clothes Book 8 - Kos / Food Book 9 - Groente / Vegetables Book 10 - Vrugte / Fruit Phase 2 Playlist: https://www.youtube.com/playlist?list=PLMfxh5CvVyVvomMRu0fKXrq_jLbPgX5hW Book 1 - Die Baba / The Baby Book 2 - Teenoorgesteldes / Opposites Book 3 - Speel / Play Book 4 - Higiëne / Hygene Book 5 - Eet / Eat Book 6 - Slaap / Sleep Book 7 - Ontdek / Discover Book 8 - Help / To Help Book 9 - Geluide / Sounds Book 10 - Sintuie / Senses Phase 3 Playlist: https://www.youtube.com/playlist?list=PLMfxh5CvVyVv_srS5AFc_Q6QVU_qWJsPf Book 1 - Wonings / Homes Book 2 - My Kamer / My Room Book 3 - Tuin / Garden Book 4 - Leefkamer / Living Room Book 5 - Kombuis / Kitchen Book 6 - Badkamer / Bathroom Book 7 - Eetkamer / Dining room Book 8 - Stoep / Veranda Book 9 - Motorhuis / Garage Book 10 - Slaapkamer / Bedroom Phase 4 Playlist: https://www.youtube.com/playlist?list=PLMfxh5CvVyVtAYWU35Db0WMhIkje4BH4s Book 1 - My Boek / My Book Book 2 - Die Bal / The Ball Book 3 - Gevoelens / Feelings Book 4 - Saam / Together Book 5 - Oefening / Exercise Book 6 - Brood / Bread Book 7 - Winter / Winter Book 8 - Lente / Spring Book 9 - Somer / Summer Book 10 - Herfs / Autumn Phase 5 Playlist: https://www.youtube.com/playlist?list=PLMfxh5CvVyVumKAUgH5x65aw5vSbGNZUM Book 1 - Lees / Read Book 2 - Sit Book 3 - Eet / Eat Book 4 - Loop / Walk Book 5 - Lê / Lie down Book 6 - Sien / See Book 7 - Bou / Build Book 8 - Tel / Count Book 9 - Maak / Make Book 10 - Ry / Ride Phase 6 Playlist: https://www.youtube.com/playlist?list=PLMfxh5CvVyVuH5xUpN8wdteEKik2Zhn9C Book 1 - Luister / Listen Book 2 - Praat / Speak Book 3 - Kyk / Look Book 4 - Lees / Read Book 5 - Teken / Draw Book 6 - Skryf / Write Book 7 - Dink / Think Book 8 - Knip / Cut out Book 9 - Loop / Walk Book 10 - Maats / Friends Phase 7 Playlist: https://www.youtube.com/playlist?list=PLMfxh5CvVyVvuj0ybC_Noq_uV5Wi-qDMt Book 1 - Geld / Money Book 2 - Massa / Mass Book 3 - Lengte / Length Book 4 - Inhoud / Content Book 5 - Tyd / Time Book 6 - Patrone / Patterns Book 7 - Kleure / Colours Book 8 - Vorms / Shapes Book 9 - Plek / Place Book 10 - Versamel / To Collect Phase 8 Playlist: https://www.youtube.com/playlist?list=PLMfxh5CvVyVub5-3SosrWKeLf_Gwq_tMi Book 1 - My Gesondheid / My Health Book 2 - My Tande / My Teeth Book 3 - My Hande en Naels / My Hands and Nails Book 4 - My Hare / My Hair Book 5 - My Oë / My eys Book 6 - My Ore / My Ears Book 7 - Neuse / Noses Book 8 - My Tong / My Tongue Book 9 - My Liggaam / My Body Book 10 - My Voete / My Feet Curriculum by Saretta Louw Presented and compiled by Richelle Pretorius [email protected] This reading program is used by El Shaddai Christian School in Cape Town.
image-.jpg
0

Joe Foster het verskillende gesigte “ontmasker” in sy nuwe video

Almal dra maskers – ’n geforseerde glimlag is seker een van die bekendstes. Ons steek graag weg wie ons werklik is en wat ons voel. Niemand wil hê die wereld moet hulle swakheid sien nie.

Dit was juis die idee agter Joe Foster nuwe musiekvideo, vir die snit, Look Away. “Om al hierdie emosies en gevoelens wat mens deurgaan in ’n moeilike tyd, vas te vang op my gesig in karakters, kleur, en maskers, terwyl ek emosieloos voor my uitstaar. Die maskers praat dus oor wat ek binne voel en kontrasteer dit wie ek eintlik is,” vertel Joe.

Die storielyn speel af in ’n gerieflike studio in Honeydew. Dit is hier waar die ongelooflike film span, Silo Art Motion Skills en Creative Chaos grimeerkunstenaar bymekaar kom om jou op ’n reis van gevoelens te neem.

image-.jpg
0

Dis tyd vir Jacaranda Day 2018: Die warmste kaartjie wat nóg gaan besit!

Is jy gereed om jou hande op die warmste kaartjie van die jaar te kry? Jacaranda Day is terug, en groter as ooit!

Jacaranda FM, bied weer vir jou ’n musikale skouspel met van ons land se gewildste kunstenaars .

Datum:- 2 Junie 2018

Tyd:- 10:00 tot 18:00

Toegang:- R165 volwassenes
R85 kinders onder 12 en vir pensionarise

Parkering:- R60

Jy kan van die volgende kunstenaars tesiene kry:- Bobby van Jaarsveld, Juanita du Plessis, Martin Bester, Jo Black, Refentse, Brendan Peyper, MiCasa, The Parlotones en vele meer sal tydens die geleentheid optree.


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Pretoria?? kliek hier !!


Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘

image-.jpg
0

Eerste enkelsnit bekend gemaak deur Leon Gropp

Die bekroonde kitaarspeler, Leon Gropp, se eerste solo-enkelsnit word hierdie week vrygestel. Bakenlig beloof nie net om luisteraars se hartsnare te prikkel en vir hulle ’n hele nuwe kant van hom te wys nie, maar ook om vir dié talentvolle musikant ’n stewige plek, as sanger, te vestig in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf.

“Bakenlig gaan oor die terugkeer na dit wat jou in die lewe anker. Dit kan in verskillende kontekste toegepas word, maar die idee is in hierdie geval meer ’n fisiese plek wat vir jou waarde dra. Ons almal het egter emosionele en geestelike ‘bakenligte’ ook,” vertel Leon oor hierdie alternatiewe snit wat sy sangtalent aan die land gaan bekendstel.

“Ek en Jattie de Beer het saam geskryf aan die lied. Ons verlede (geskiedenis) kom met ’n bepaalde konteks en dit vorm tot ’n groot mate ons denkwyse en -patrone. So om terug te keer na daai plek, daai anker, daai ‘bakenlig’ (hetsy fisies of geestelik) is belangrik om

image-.jpg
0

Nuwe album uit van stout-seun Snotkop

Snotkop het ’n soliede reputasie van albums wat so oorloop van lekkerkry dat dit voel of dit onwettig behoort te wees. Sy kraakvars nuwe vrystelling, Sous, is geen uitsondering nie.

Van die eerste pols tot die laaste eggo in die dertien snitte wat die album beslaan is dit duidelik dat hierdie ’n gekonsentreerde sous, propvol Snotkop-oemf is: ritmies, selfversekerd, tong-in-die-kies, meer as net ’n bietjie stout, bekkig en braaf!

Daar’s dik baslyne wat enige iets binne dieselfde skakelkode as jou kuier sal skud, met ’n gesonde dosis techno, afgewissel met meer akoestiese oomblikke, en selfs ’n brokkie reggae en ’n tikkie sakkie-sakkie hier en daar – iets wat ewe tuis sal wees by ’n sokkie dansvloer, klub of ’n strandpartytjie vir die boeke.

Meeste van die snitte het hope tempo en skop, maar daar’s ook ’n paar wat rustiger is vir bietjie asemskep… vir diegene wie se partytjie-lywe bietjie oefening nodig het.

Die sn

image-.jpg
0

Afrikaans gaan Klein Musiek Konsert – Pretoria

Afrikaans gaan KLEIN musiekfees is die eerste van sy soort in Gauteng.

Datum:- 28 Julie 2018

Tyd:- 1ste vertooning:- 09:00, 2de vertooning:- 11:30

Toegang:- R110, Kinders onder 1 Gratis


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Zwavelpoort, Pretoria?? SA Radio
image-.jpg
0

Snotkop het ‘n nuwe album uit en dit is ‘onverantwoordelik lekker’

Snotkop het ’n soliede reputasie van albums wat so oorloop van lekkerkry dat dit voel of dit onwettig behoort te wees. Sy kraakvars nuwe vrystelling, SOUS is geen uitsondering nie.

Van die eerste pols tot die laaste eggo in die dertien snitte wat die album beslaan is dit duidelik dat hierdie ’n gekonsentreerde sous, propvol Snotkop-oemf is: ritmies, selfversekerd, tong in die kies, meer as net ’n bietjie stout, bekkig en braaf!

Daar’s dik baslyne wat enige iets binne dieselfde skakelkode as jou kuier sal skud, met ’n gesonde dosis techno, afgewissel met meer akoestiese oomblikke, en selfs ’n brokkie reggae en ’n tikkie sakkie-sakkie hier en daar – iets wat ewe tuis sal wees by ’n sokkie dansvloer, klub of ’n strandpartytjie vir die boeke.

M

image-.jpg
0

Hier is ‘n kort Bio van die ‘verkleur-mannetjie’ Chris Chameleon

Chris Chameleon (1971-) is ‘n Suid-Afrikaanse sanger, akteur en liedjieskrywer. Hy is op 28 Julie 1971, as Chris Mulder in Johannesburg gebore. Hy het in 1989 begin optree toe hy die eerste Dalro- Nasionale Akteurskompetisie gewen het.

In die volgende vyf jaar het hy in meer as 20 televisiereekse gespeel. Hy was ook die hoofsanger van ‘n musiekgroep met die naam Blue Chameleon, waarna hy Nederland toe is om daar vir ‘n teatermaatskappy te werk.

In 1996 het hy na Suid-Afrika teruggekeer en twee jaar lank agter die skerms as assistentregisseur gewerk. Aan die einde van 1997 het hy weer op die verhoog verskyn, as die voorman van die monki-punk-groep Boo!. Die groep het baie gewild geword, sowel in Suid-Afrika as in Europa. Ná 800 vertonings in sewe jaar in sewentien lande het hulle egter ontbind.

image-.jpg
0

Top 20 vir die week: 13 August 2018

In vandeesweek se Top 20 lys het van die sangers weer sobietjie wipplank gery en daar is nuwe toevoegings. Kom ons kyk gou wat gebeur het, 6 snitte wat die leer geklim het, 11 wat sobietjie teruggesak het, een wat onveranderd gebly het en 2 nuwe liedjies wat die week die Top 20 betree het.

Tarryn Lamb se liedjie “Mal oor jou” neem die week die nommer 1 posisie in. Dit is natuurlik te danke aan haar debuuralbum wat onlangs bekendgestel is.

Elandré met sy liedjie “Die lyn” en Almero met sy treffer “Monochromie” is hulle plekke op die Top 20 kwyt. Daar die nommer 19 posisie is nou Angel de Lange sin met haar treffer “Juwele” en Jennifer Zamudio is ons nommer 20 posisie met haar treffer “Altyd myne”.

Kom ons s

image-.jpg
0

Kom ons kyk sobietjie na Ray Dylan se indrukwekkende Bio

Ray Dylan (Jacobus Frederik Jersich, gebore 15 Augustus 1978 in Odendaalsrus) is ‘n bekende Afrikaanse sanger. Van sy treffers sluit in Hokaai Stoppie Lorrie, Jessica, Breek die Ys en Asemloos.

In 2010 ontvang hy ‘n SAMA-toekenning in die kategorie beste country-album (Afrikaans) vir Goeie Ou Country.

JAKES, soos sy beste vriende hom noem, of Jaco vir sy familie en geliefdes, is in standerd agt uit die skool geskors omdat sy musiekloopbaan vir hom belangriker as skoolwerk was.

Sedert 2002 ken Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers hom as die vaardige sanger RAY DYLAN.

Sedert sy albumdebuut met die CD New Kid In Town het dinge vir hom gebeur: onder meer die duettreffer It’s Your Love – saam met Karen Zoid.

Die afgelope jare het Select-Musiek sy talent en veelsydigheid op talle saamgestelde albums benut. Die musikale wiele het begin rol en nou’s dit tyd om te sê: Hokaai, Stoppie Lorrie!

Dit was die eerste treffer

image-.jpg
0

DZL se nuwe album sonder tierlantyntjies is hier

Suid-Afrika se aantreklikste sangduo is terug met ’n splinternuwe album, Realiteit, wat nie net gaan voortbou op die unieke alternatiewe country-popklank waarvoor hulle bekendheid verwerf het nie, maar ook die kieskeurigste musiek-oor tevrede sal stel.

DZL, wat bestaan uit Andries Hendrik Potgieter en Wiaan Fourie, se tweede album is pas vrygestel en dié kombinasie van opgewekte deuntjies en hartroerende ballades beloof om aanklank te vind by oud en jonk. Die cd bestaan uit tien oorspronklike liedjies, waarvan twee deur die sangpaar self geskryf is, en sluit ook drie duette asook verwerkings van ou gunstelinge in.

“So baie van wat ons doen is in ons musiek en dit is ’n realiteit vir ons, want ons is wat ons sing en sing oor wat ons ervaar. Ek wil hê luisteraars moet hulself in ons liedjies herken. Dit gaan oor die daaglikse goed in die lewe, soos geloof, emosie, groei, uitdagings en opgewondenheid, wat ons almal elke dag ervaar,” verklap die

image-.jpg
0

Cape Town Grand Jol Suidooster Sepie

Kom PARTYTJIE saam by die TygerBurger Grand Jol op 5 Mei en ontmoet die sterre van Suidooster Trek jou dansskoene aan en kuier een aand saam vanaf 19h00 tot laat. Met gewilde kunstenaars soos Kurt Darren, Emo Adams, Garth Taylor, Loyiso, Tarryn Lamb en Salome op die grootste dansvloer in Kaapstad.

Die GrandArena sal vir hierdie eiesoortige geleentheid in `n spoggerige dansvloer omskep word en gaste sal geleentheid kry om die aand verby te dans.

Datum:- 5 Mei 2018

Tyd:- 19:00 tot 23:30

Toegang:- R240


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly naby Grand West Casino & Entertainment World?? SA Radio

image-.jpg
0

Classics 2018 is amper hier, so kom maak jou drome waar

’n Reusebederf kan dalk op jou wag as jy nou, voor 25 Mei, jou kaartjies vir Classics bespreek.

Kunstenaars soos Patrizio Buanne, Amira Willighagen, Jannie Moolman, Corlea Botha, Monique Steyn, Kevin Leo, Touch of Class, Joseph Clark en Stèfan Bezuidenhout gaan optree.

Datum:- 9 Junie 2018

Tyd:- 12:00 / 18:30

Toegang:- R250 – R550


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Menlyn, Pretoria?? kliek hier !!

Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SA Radio
image-.jpg
0

Herfs Simfonie Seisoen Konsert – Kaapstad

Dirigent: Victor Yampolsky;
Solis: Alexander Buzlov (tjello) Wagner Overture, Rienzi, William Walton Cello Concerto; Vaughan Williams Simfonie No.5 in D

Datum:- 21 Junie 2018

Tyd:- 19:15

Toegang:- R90 – R230


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Foreshore?? kliek hier !!


Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!


Adres:- Artscape Theatre Centre, 1-10 D F Malan Street, Foreshore, Cape Town.

Kontak:- (021) 421 7839

GPS Koordinate:- -33.919557,18.429952

Kaartjies kan bespreek word by

image-.jpg
0

ANDRIËTTE, is glad nie onbekend nie, maar hier is ‘n bietjie meer inligting oor haar

Andriëtte Norman het reeds in 2007 as ‘n vars vokale vonds in die Suid-Afrikaanse musiekindustrie begin woel. 8 jaar later hou sy steeds aan om
musiekliefhebbers én resensente te verras met een puik album na die volgende.

Haar kenmerkende lae register verwissel moeiteloos met betowerende hoë note om nuutskeppings soos “Napoleon”, “Sewe oseane”, “Ons” en “Met ander woorde” – sowel as haar vertolkings van immergewilde gunstelinge – in harte, en ranglyse, regoor Suid-Afrika in te sing!

Oor die verstek van 4 hoogs suksesvolle albums – “Diamant”, “Dink aan my”, “Vat my hoër” en “Wat rym met liefde” – het Andriëtte die lirieke en melodieë van onder andere Rudi Claase, Johan Oberholzer, Vaughan Gardiner, Emil Struwig, Helmut Meijer, Chris Chameleon, Hunter Kennedy, Steve Hofmeyr en Fred den Hartog, sowel as haar eie skeppings,

image-.jpg
0

Heidi tref musiekmark met ’n glimlag met haar nuwe enkelsnit

Na ’n jaar en ’n half se harde werk is Heidi se heel eerste enkelsnit vanaf haar debuutalbum hier.

Wat ’n Hart Laat Lag, geskryf deur Emil Struwig en vervaardig deur Werner Beukes.

Heidi is beslis ’n nuweling om dop te hou in 2017 – haar album beloof om jonk en oud te bekoor!

Hierdie snit reeds uitgestuur na talle radiostasies, en sover baie goed ontvang – dié snit was selfs een van die nuwe vrystellings op Jacaranda 94.2 se Chamberlains Hot Hit gewees wat moontlik sy toetrede tot hulle trefferparade kan maak binne die volgende week of twee!

Sy het onlangs ’n musiekvideo van haar weergawe van The Gambler vrygestel wat bitter goed ontvang is deur die publiek en selfs die nommer drie posisie beklee het op iTunes se Top Afrikaanse Musiekvideo lys.

Loer hier onder na haar treffer met “The Gambler” en “Wat ‘n Hart Laat Lag”:-

Do you know Anthonie Bougas, wel, here are a few facts about him

Anthonie Bougas was a contestant on the third season of the reality talent show Supersterre.

Born in Somerset-West, 15-year old Anthonie lives in Durbanville in the Western Cape. As a child he enjoyed cross country, hockey, singing and writing songs.

He attends Stellenberg High School where his favourite subject is mathematics. He also takes part in hockey and cross country.


Would you like to advertise on this very popular website ?? Just drop me an e-mail at [email protected], and I will tell you how !!


Anthonie started singing at the age of 4 and he enjoys conveying the
interpretation of a song to the audience. The greatest influence in his life are his parents and Brandon October is his role model.

His grandmother and grandfather are the singers in the family.
He dreams of a holiday in Mauritius. His favourite food is pasta an

image-.jpg
0

Nuwe musiekvideo vrygestel deur Sharoney – ‘Crush’

Sharoney, se nuwe enkelsnit, Crush, kan gereeld op radiostasies landwyd gehoor word en die musiekvideo vir hierdie liedjie is ook onlangs bekendgestel!

“Crush is ’n tipiese hoërskoolmeisieliedjie. Elke meisie was al verlief, veral op skool. Soms bly hierdie spesifieke outjie jou ‘crush’ vir nog lank na matriek. Dit gee jou skoon vlinders in die maag as jy aan hom dink. Jy bloos as hy met jou praat en soms kan jy nie help om net te glimlag as jy sy naam sien nie,” vertel die sangeres oor hierdie snit uit die pen van Hugo Ludik en Kyle Grant.

“Die liedjie het my onmiddellik getrek omdat ek self al ’n ‘crush’ gehad het op iemand toe ek jonger was. Dit beskryf so mooi hoe ek op daardie spesifieke tyd gevoel het, maar toe het ek nie die regte woord geh