Joe Foster het verskillende gesigte “ontmasker” in sy nuwe video
Almal dra maskers – ’n geforseerde glimlag is seker een van die bekendstes. Ons steek graag weg wie ons werklik is en wat ons voel. Niemand wil hê die wereld moet hulle swakheid sien nie.
Dit was juis die idee agter Joe Foster nuwe musiekvideo, vir die snit, Look Away. “Om al hierdie emosies en gevoelens wat mens deurgaan in ’n moeilike tyd, vas te vang op my gesig in karakters, kleur, en maskers, terwyl ek emosieloos voor my uitstaar. Die maskers praat dus oor wat ek binne voel en kontrasteer dit wie ek eintlik is,” vertel Joe.
Die storielyn speel af in ’n gerieflike studio in Honeydew. Dit is hier waar die ongelooflike film span, Silo Art Motion Skills en Creative Chaos grimeerkunstenaar bymekaar kom om jou op ’n reis van gevoelens te neem.






