Charles Berman met Sam Petzer – a. Ver in die wêreld Kitty b. Daar’s ‘n hoender c. Jannewarie…

Ongelukkig kon ek geen inligting oor Charles Berman opspoor nie, maar sal die notas opdateer indien ek wel iets in die hande kry.

Samuel Petzer is op 21 Junie 1901 in Oos-Londen gebore. Sy vyf broers en twee susters was almal musikaal aangelê, en kon verskeie instrumente bespeel. Sam self het reeds op die ouderdom van sewe die kitaar en konsertina baasgeraak.

Sam was ‘n stoffeerder van beroep en het in 1934 na Johannesburg verhuis, en het hier steeds sy liefde vir musiek uitgeleef deur sy eie orkes te stig. Hulle het gereeld saam met groot name, soos Charles du Toit, Sam Gerber, Arnout du Toit, Barry Jarman, Jan van Rensburg, Manie Bodenstein en Bill Franzen, opgetree. Sam het ook ‘n groot aantal liedjies gekomponeer waarvan baie op 78-spoed plate uitgereik.

Hy is op 21 September 1969 in die ouderdom van 68 oorlede.

Hierdie liedjie is vanaf die album “Kom Saam, Sing Saam, Dans Saam” wat in 1969 saam met Charles Berman opgeneem is.

(Visited 78 times, 1 visits today)

You might be interested in

Post A Comment For The Creator:

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.