#SKOOLMETDIEBESTEGEES – 11 Augustus Hoërskool Garsfontein
GROOTfm 90.5 het op Vrydag, 11 Augustus by Hoërskool Garsfontein gaan kuier vir #SKOOLMETDIEBESTEGEES.
Dis een ding om gees te hê met voete wat stamp, liedjies wat tot in Centurion weergalm en hande wat ritmies geklap word, maar om gees in jou hart te voel met ‘n traan wat teen jou wang afloop as die Garsies opstaan en vir die leerlinge van Pure Hope Primary ‘n “standing ovation” gee na afloop van hul skoollied… dis DAN wanneer jy GEES kan voel… dis DAN wanneer jy besef hier word vandag WARE gees beleef! Dankie Garsies – vir julle GROOT-omgee-GEES! En dankie Liza Bronner en Wicus Botma dat julle jul #GROOTtalente en #GROOTgawes met ons en Hoërskool Garsfontein GarsieNuus kom deel het. Ons is #GROOTfans! ‘n GROOT dankie ook aan al ons borge wat hierdie projek moontlik maak:
Beeld.com
Isa Carstens Academy
CrisisOnCall
South African National Blood Service
FarmCity
Te danke aan ons vriende by Afri Live Stream kan jy weer al die aksie waarneem, kyk hier:
