Duduzane Zuma, seun van oudpres. Jacob Zuma, het Donderdag (12 Julie 2018) vlugtig in die Randburg-landdroshof verskyn voordat die saak teen hom tot Augustus uitgestel is. Video: ANA
Die burgerregte-organisasie AfriForum het onlangs ʼn internskapprogram vir studente van verskeie AfriForum Jeugtakke aangebied.
Dié program het 14 studente van verskillende universiteite die geleentheid gegee om aan die verskillende bedrywighede, veldtogte en aktiwiteite van dié burgerregte-organisasie blootgestel te word.
Die program is vir die eerste keer in 2014 aangebied en tydens vanjaar se internskap het studente die geleentheid gehad om onder meer vullisterreinoudits te doen, erfenisgebiede te besoek, ʼn anti-Zuma monument op te rig en ʼn takstigting by te woon.
AfriForum en die burgerregte-organisasie se jeugvleuel is gister gedreig tydens die oprig van hul anti-Zuma monument in Groot Marico in Noordwes.
Die burgerregte-organisasie het ʼn banier en hok opgerig met 783 moere vir elke korrupsieklag teen pres. Jacob Zuma.
Dié optrede kom nadat die provinsiale regering in Noordwes onlangs met bouwerk aan ’n monument vir Zuma begin het wat sowat R1,7 miljoen gaan kos.
Verteenwoordigers van AfriForum en AfriForum Jeug is kort nadat hulle die simboliese monument aanmekaar gesit het deur omstanders gedreig dat hulle aangerand en hul toerusting gebreek sal word. Die plakkate en banier is daarna verbrand.
AfriForum was verlede week in die distrik van Nkandla, tuiste van president Jacob Zuma, om te kyk hoe die gemeenskap gehelp kan word om vir meer as 400 kinders toegang tot ʼn hoërskool te kry.
Dít volg nadat Inkosi Z.D. Mpungose, hoof van die tradisionele stam in die gebied, die burgerregte-organisasie in Februarie om hulp genader het om druk op die regering te plaas om die hoërskool te bou wat vroeër aan hulle belowe is.
Volgens Carien Bloem, AfriForum se projekkoördineerder vir onderwys, is dit onaanvaarbaar dat honderde kinders nie toegang tot ʼn skool het nie, terwyl Zuma in ʼn woning van R250 miljoen woon. “Ons kan nie ʼn skool hier bou nie, maar ons het met ouers en lede van die gemeenskap vergader om te kyk hoe verdere druk op die LUR geplaas kan word sodat die beloofde skool gebou word.”
Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het vroeër gesê hoewel sekere mense meen die versoek uit ʼn swart gemeenskap is vreemd, is dit alles behalwe die geval omdat AfriForum onbeskaamd en openlik vir die regte van Afrikaners, Afrikaanssprekende en minderhede veg.