image-.jpg
0

Nuwe pop-enkelsnit en video bekend gemaak van Xander Joubert en dit veroorsaak ’n opskudding!

Draai jou radio harder, want Xander Joubert se eerste enkelsnit, Aardbewing, is beslis nie iets wat jy wil mis nie.

Die liedjie is pas vrygestel en reg om die radiogolwe oor te neem. Dit spog met ’n verfrissende nuwe popklank, waaroor luisteraars gaan mal wees en wat nog lank gaan koning kraai op die dansvloer.

Dié splinternuwe sangsensasie se lekkerluister-popstem is die perfekte pasmaat vir hierdie polsende goedvoeltreffer uit Werner Beukes se pen. Aardbewing is ’n interessante popverwerking, met ’n moderne sokkiedans-aanslag, wat gaan oor verliefwees en al die emosies en opwinding wat daarmee saamgaan. Die snit se opgewekte wysie sal nie net jou voete laat jeuk om te dans nie, maar is ook een van daardie liedjies wat in jou kop bly vassteek – lank nadat jy dit vir die eerste keer gehoor het.

“Die hele doel van popmusiek is eenvoud… met ander woorde – min woorde, so die storie is eenvoudig. Dit gaan oor iemand wat smoorverlief i

image-.jpg
0

BEESKRAAL stel ‘n nuwe enkelsnit vry – ’20 jaar in die Kraal’

Die beeste was uit in die veld, maar het weer kraal toe gekom vir verskeie redes; eerstens om te spog met 20 jaar in die musiekbedryf en tweedens met ‘n splinternuwe album, “20 jaar in die Kraal”.

Dié Pretoria Rock-groep het die volk vasgevang in die laat 90’s met hul unieke ‘rock’ klank wat bestaan het uit tradisionele instrumente wat gemeng was met ‘rock’ instrumente. Toe al was hul al as revolusionêr gebrandmerk. BEESKRAAL is seker dié bekendste Rock groep in die land wat nie net spog met treffer-op-treffer nie, maar ook met energieke optredes waar elke lid sy individuele vernuf op hul instrumente wys. En jy hoef nie te wonder of hierdie om-die-kraal praatjies is nie, want BEESKRAAL het al soveel toekennings ingepalm wat bewys het, hierdie is A-graad ‘bees’.

Die nuwe album is ‘n versameling van hul grootste treffers oor die jare en sluit liedjies in soos ‘Strate van Pretoria’, Redes, Duisend Ure, Plaasdorp”, ens. Hull