Slimkoppe spog met besonderse Lego-robotte
Suid-Afrika het beslis nie ʼn tekort aan jong slimkoppe wat in robotika belangstel nie – dit is nou as ʼn mens moet oordeel aan die 72 spanne wat aan vanjaar se Wêreld Robotika Olimpiade (WRO) tydens die Oktober-skoolvakansie deelgeneem het.
Die spanne het dit op 29 September by die Thinus Bester-saal van die Tshwane-Universiteit vir Tegnologie uitgespook om met die titel weg te stap as die land se beste robotbouers en -programmeerders.
* Hierdie verslag is saamgestel deur Esté Meyer Jansen.
* Videoredigeering deur Marius Vermaak.
* Besoek Maroela Media vir meer oor hierdie storie: http://spens.co.za/kCx



