Die waterkrisis in die Kaap het AfriForum genoop om met innoverende planne vorendag te kom en strukture te skep waar inwoners en lede in nood water kan gaan haal.
AfriForum het vandeesweek dié organisasie se #Skoonwater-projek vir 2018 by die Baviaanspoort-afvalwaterbehandelingswerke geloods. Takke regoor die land is ook gemobiliseer om die drink- en rioolwatergehalte te toets in dorpe waar daar aktiewe AfriForum-takke is.
By Senekal2 het die Economic Freedom Fighters (EFF) se Mbuyiseni Ndlozi ‘n lied gesing wat klink asof hy EFF volgers aanhits tot brandstigting. Die roep van die brandweer kan sarkasties bedoel gewees het, om te beweer dat hulle onskuldig is. Hier is die vertaling: O bizan’ ifirebrigade! / O roep die brandweer julle! Bath’ umlilo […]
AfriForum het gewoeker in George tydens die organisasie se #AnkerdorpPadskou. Die plaaslike tak het onder meer water getoets, verskeie skoonmaakaksies aangepak en ’n vullisterreinoudit gedoen. AfriVriendelik en AfriForum Onderwys het ook onderskeidelik ’n sakeontbyt en verskeie teenboeliegesprekke in die omgewing aangebied. Die #AnkerdorpPadskou het ook op ’n hoë noot afgesluit met die afskop van die Quo Vadis-gespreksreeks, ’n reeks van gespreksgeleenthede wat deur Ernst Roets in verskeie ankerdorpe aangebied word.
I thought I would share my story with you. I lived in Canada for ten years and returned to South Africa- now it is my passion to contribute to society through songwriting. This drought project is close to my heart. Especially because the child who was born in Canada wrote the press release for me […]
Louis Loubser is onlangs benoem as die wenner van die eerste AfriVriendelik-entrepreneurskompetisie, wat vanjaar aangebied is. Loubser, ’n boer van Robertson, is die eienaar en stigter van Tree Hog, ’n innoverende waterbesparing- en besproeiingstelsel.