Forum Nuus: AfriForum woeker in George tydens #AnkerdorpPadskou
0
02:42

Forum Nuus: AfriForum woeker in George tydens #AnkerdorpPadskou

AfriForum het gewoeker in George tydens die organisasie se #AnkerdorpPadskou. Die plaaslike tak het onder meer water getoets, verskeie skoonmaakaksies aangepak en ’n vullisterreinoudit gedoen. AfriVriendelik en AfriForum Onderwys het ook onderskeidelik ’n sakeontbyt en verskeie teenboeliegesprekke in die omgewing aangebied. Die #AnkerdorpPadskou het ook op ’n hoë noot afgesluit met die afskop van die Quo Vadis-gespreksreeks, ’n reeks van gespreksgeleenthede wat deur Ernst Roets in verskeie ankerdorpe aangebied word.
AfriForum loods landswye #Skoonwater-projek
0
02:10

AfriForum loods landswye #Skoonwater-projek

AfriForum het vandeesweek dié organisasie se #Skoonwater-projek vir 2018 by die Baviaanspoort-afvalwaterbehandelingswerke geloods. Takke regoor die land is ook gemobiliseer om die drink- en rioolwatergehalte te toets in dorpe waar daar aktiewe AfriForum-takke is.