Forum Nuus: #FroueVonds wil verskil maak
0
02:25

Forum Nuus: #FroueVonds wil verskil maak

Dit is nie ’n noodfonds nie, maar ’n hoopfonds. Solidariteit Helpende Hand het dié Vrouemaand ’n fonds bekendgestel wat spesiaal gestig is om veral behoeftige meisies en vroue deur verskeie inisiatiewe by te staan en te bemagtig. “Vroue is die ruggraat van ons samelewing en die hart van die huis en almal weet welstand begin by die huis. Net soos die historiese Susanna Smit bereid was om kaalvoet oor die Drakensberge te trek, is dit nou die tyd om ons land se vroue by te staan en te bemagtig,” sê René Roux, adjunk- uitvoerende hoof van kommunikasie by Solidariteit Helpende Hand. Vir meer inligting besoek www.helpendehand.co.za en klik op FroueVonds.
Boerevrou 2019
0
01:17

Boerevrou 2019

Die Boerevrou Gedenkboek 2019, ʼn publikasie wat die ontstaan van die eerste Afrikaanse vrouetydskrif honderd jaar gelede gedenk, is vroeër die maand by die Afrikaanse Protestantse Akademia (APA) naby Loftuspark in Pretoria bekendgestel. *Die APA het die video verskaf.