Driehoek-hoof praat oor seer en hoop
0
03:52

Driehoek-hoof praat oor seer en hoop

ʼn Maand ná die ineenstorting van Hoërskool Driehoek se loopbrug het Maroela Media met die skoolhoof Hein Knoetze gesels. Hy deel sy getuienis oor die ongeluk wat die gemeenskap en die land aan die hart geruk het. * Hierdie verslag is saamgestel deur Esté Meyer Jansen. * Videoredigeering deur Marius Vermaak. * Besoek Maroela Media vir meer oor hierdie storie: https://spens.co.za/m0j
Projek Nehemia word in Vanderbijlpark uitgerol
0
03:43

Projek Nehemia word in Vanderbijlpark uitgerol

AfriForum het tans sowat 90 buurtwagte wat gemeenskappe landwyd beveilig, maar benewens dít poog die burgerregte-waghond ook om proaktief op te tree teen geweldsmisdaad. Daarom het die organisasie vanjaar hul nasionale veiligheidstrategie, Projek Nehemia, van stapel gestuur wat die kragte van die polisie, buurtwagte, privaatsekuriteitsmaatskappye én gemeenskappe saamsnoer om geweldsmisdaad hok te slaan. Die toetsfase van die veiligheidsprojek is reeds in Bloemfontein begin en die afgelope naweek is ʼn operasionele beplanningsessie in Vanderbijlpark gehou om te kyk hoe die projek in dié gemeenskap uitgerol kan word.