image-.jpg
0

Lucas se liedjies – Kiekies – Stellenbosch

Lucas Maree as liedkunstenaar het min gelykes in Afrikaans. Jannie du Toit en Thean Kotze (stigterslid van Ses Snare) herontdek sy verbeeldingryke kyk na die lewe en laat die gehoor met persoonlike anekdotes iets beleef van sy uitsonderlike menslikheid en kreatiewe gees.

Datum:- 15 Mei 2018

Tyd:- 19:00

Toegang:- R120

Twee ervare verhoogkunstenaars bied die liedjies van hulle gewaardeerde vriend, kollega en `n legende van Afrikaanse musiek passievol aan. Soos Lucas self die sestigs se folk gesing het met die klem op fyn afgeronde kitaarspel, harmoniee en tekste wat iets te se het, beweegThean en Jannie singend en spelend deur die wonderlike landskap van verhale, ideale, wysheid en drome wat die ou Groot Beer – soos sy vriend Coenie de Villiers hom genoem het ? daargestel het.


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Stellenbosch??

image-.jpg
0

Makietie te Wellington Op ń Stasie fees

Die Stasiefees vanaf 11 tot 12 Mei is voorwaar ‘n opskop wat die erfenis, verskillende kulture en gees van gemeensaamheid meesterlik saamsnoer en vier. Kom na Stokery Straat vir ‘n geleentheid wat geeneen mag misloop nie!

Datum:- 11 & 12 Mei 2018

Tyd:- 09:00 tot laat

Toegang:- R150


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Wellington?? SA Radio