image-.jpg
0

Johan Anker van The Voice SA het ‘n debuutalbum

Johan Anker van The Voice SA-faam het sy aanhangers se asems behoorlik weg geslaan met sy lang verwagte debuutalbum, Hoop & Bid, wat uiteindelik verlede maand vrygestel is. Hierdie uitreiking is voorafgegaan deur sy vertolking van Leonard Cohen se bekende treffer, Hallelujah, tydens sy heel eerste oudisie op The Voice SA 2016 wat reeds deur meer as 285 000 mense op YouTube gekyk is.

Dié opwindende nuweling wat reeds vanaf 9-jarige ouderdom sing, was nie net ’n lid van die Drakensbergse Seunskoor nie, maar is ook ’n begaafde akteur wat al in verskeie verhoogproduksies te sien was.

Hoop & Bid verteenwoordig ’n weldeurdagte kombinasie van ligte, klassieke en geestelike musiek om ’n deurlopende inspirerende boodskap van hoop aan sy luisteraars te bied. Dié mengsel van roerende lirieke sowel as ritmiese melodieë beloof om nie net in luisteraars se gedagtes vas te steek nie, maar om hulle ook te laat nadink en om vir hul nuwe hoop te gee.

image-.jpg
0

Nuwe enkelsnit uit van Dawie de Jager, dis BEYOND INFINITY

Dawie de Jager is beslis nie ’n onbekende gesig in die musiekbedryf nie. Hy het nie net die ‘oor’ van Bobby van Jaarsveld en The Voice SA-aanhangers gedurende die tweede seisoen van dié realiteitsprogram gevang nie, maar is ook die kreatiewe komponis agter die klankbane van verskeie lokettreffers, waaronder Roepman, Sy Klink Soos Lente, Jonathan, Verraaiers en is tans ook besig met Stroomop.

Nóú is hy weer in die kollig met sy splinternuwe enkelsnit, BEYOND INFINITY, wat pas bekendgestel is en beloof om luisteraars weer van vooraf te beïndruk en sy loopbaan ’n verdere hupstoot te gee.

Die musikant, met sy kenmerkende hoedjie, se diep storievertellerstem is die perfekte pasmaat vir hierdie hoendervleismooi kontemporêre snit uit sy eie pen. BEYOND INFINITY is belaai met emosie en laat jou onmiddellik besef hoeveel liefde Dawie het vir dit wat hy doen. Die snit se meesleurende wysie is nie net sag op die oor nie, maar is ook iets wat lank

image-.jpg
0

Nuwe enkelsnit vrygestel deur Dawie de Jager

Dawie de Jager is beslis nie ’n onbekende gesig in die musiekbedryf nie. Hy het nie net die ‘oor’ van Bobby van Jaarsveld en The Voice SA-aanhangers gedurende die tweede seisoen van dié realiteitsprogram gevang nie, maar is ook die kreatiewe komponis agter die klankbane van verskeie lokettreffers, waaronder Roepman, Sy Klink Soos Lente, Jonathan, Verraaiers en is tans ook besig met Stroomop.

Nou is hy weer in die kollig met sy splinternuwe enkelsnit, Beyond Infinity, wat pas bekendgestel is en beloof om luisteraars weer van vooraf te beïndruk en sy loopbaan ’n verdere hupstoot te gee.

Die musikant, met sy kenmerkende hoedjie, se diep storievertellerstem is die perfekte pasmaat vir hierdie hoendervleismooi kontemporêre snit uit sy eie pen. Beyond Infinity is belaai met emosie en laat jou onmiddellik besef hoeveel liefde Dawie het vir dit wat hy doen. Die snit se meesleurende wysie is nie net sag op die oor nie, maar is ook iets wat lank in jo