image-.jpg
0

Cape Town Grand Jol Suidooster Sepie

Kom PARTYTJIE saam by die TygerBurger Grand Jol op 5 Mei en ontmoet die sterre van Suidooster Trek jou dansskoene aan en kuier een aand saam vanaf 19h00 tot laat. Met gewilde kunstenaars soos Kurt Darren, Emo Adams, Garth Taylor, Loyiso, Tarryn Lamb en Salome op die grootste dansvloer in Kaapstad.

Die GrandArena sal vir hierdie eiesoortige geleentheid in `n spoggerige dansvloer omskep word en gaste sal geleentheid kry om die aand verby te dans.

Datum:- 5 Mei 2018

Tyd:- 19:00 tot 23:30

Toegang:- R240


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly naby Grand West Casino & Entertainment World?? SA Radio

image-.jpg
0

Die lang verwagte Tarryn Lamb se album tref die rakke

Die gewilde Tarryn Lamb het die land gaande oor haar met haar treffer enkelsnit, Mal Oor Jou, en haar langverwagte album met dieselfde titel is pas uitgereik. Dié veelsydige sangeres is ’n welkome vars briesie wat die Afrikaanse musiekbedryf getref het.

Mal Oor Jou bevat veertien snitte waarvan die meeste uit die bekroonde liedjieskrywer, Johan Oberholzer, se pen kom. Dié betekenisvolle lirieke sal aanklank vind by haar volwasse gehoor.

’n Duet saam met die immergewilde Jay du Plessis, Afgrond, en een saam met Kevin Leo, Ed Sheeran se Perfect, is ingesluit vir verdere luistergenot.

Aanhangers sal van die eerste noot op dié album, tot haar stem wegsterf met die laaste note van haar vertolking van Laurika Rauch se bekende treffer, Blouberg se Strand, meegevoer wees.

Saam met die album se uitreiking, is ’n splinternuwe musiekvideo ook reeds beskikbaar vir die eerste snit op die album, Vier Woorde. Die musiekvideo vir Mal Oor Jou