image-.jpg
0

Nuwe album bekend gestel deur Jan Blohm dis gevul met liefde, Blues en Rock

Jan Blohm is weer in die kollig met Die Liefde Album. Die rebelseun is ouer en mens hoor die lesse van die lewe in sy lirieke.

Dis rou, akoesties en die kitaar sny diep saam met die woorde. Die stories is gevleg met blues, rock en Jan se unieke digkuns, maar hier gaan als oor die liefde.

Soms maak die liefde seer, ander kere gaan dit beter. Die Liefde Album is soos om ’n roman te lees en vertel die verhaal van ’n man wat weet wie hy nou is en wat vir hom belangrik is.

Jan se toekennings deur die jare is ’n getuigskrif van sy talent en op die album het hy die sluise oopgemaak. Dis oorsronklik, net soos hy kan en ’n moet vir aanhangers, oud en nuut.

Loer hier onder na een van sy treffers op die album:- Jan Blohm – Liefde Maak

image-.jpg
0

Heidi tref musiekmark met ’n glimlag met haar nuwe enkelsnit

Na ’n jaar en ’n half se harde werk is Heidi se heel eerste enkelsnit vanaf haar debuutalbum hier.

Wat ’n Hart Laat Lag, geskryf deur Emil Struwig en vervaardig deur Werner Beukes.

Heidi is beslis ’n nuweling om dop te hou in 2017 – haar album beloof om jonk en oud te bekoor!

Hierdie snit reeds uitgestuur na talle radiostasies, en sover baie goed ontvang – dié snit was selfs een van die nuwe vrystellings op Jacaranda 94.2 se Chamberlains Hot Hit gewees wat moontlik sy toetrede tot hulle trefferparade kan maak binne die volgende week of twee!

Sy het onlangs ’n musiekvideo van haar weergawe van The Gambler vrygestel wat bitter goed ontvang is deur die publiek en selfs die nommer drie posisie beklee het op iTunes se Top Afrikaanse Musiekvideo lys.

Loer hier onder na haar treffer met “The Gambler” en “Wat ‘n Hart Laat Lag”:-

image-.jpg
0

Van Coke en ‘n paar van sy vriende snoer kragte saam!

Die ikonies rocker, Francois van Coke, het ’n paar van sy vriende ingeroep vir ’n opwindende nuwe 4-snit EP.

Die EP is ’n epiese samewerking met Jack Parow, Die Heuwels Fantasties, hip-hip musikant Early B en aKING voorman Laudo Liebenberg. Die vier kunstenaars op die EP is ook deel van die Francois van Coke en Vriende-konsert, wat op 15 September in die Sun Arena van Time Square in Pretoria, aangebied word.

Die EP spog met indrukwekkende snitte, wat wissel van rock tot punk en hip-hop – iets wat weereens Francois se diversiteit as kunstenaar bewys.

As jy ’n aanhanger van enige van die kunstenaars is gaan hierdie album beslis op jou speellys moet wees vir die res van 2018.

Luister hier onder na van hulle treffers:-

image-.jpg
0

BEESKRAAL stel ‘n nuwe enkelsnit vry – ’20 jaar in die Kraal’

Die beeste was uit in die veld, maar het weer kraal toe gekom vir verskeie redes; eerstens om te spog met 20 jaar in die musiekbedryf en tweedens met ‘n splinternuwe album, “20 jaar in die Kraal”.

Dié Pretoria Rock-groep het die volk vasgevang in die laat 90’s met hul unieke ‘rock’ klank wat bestaan het uit tradisionele instrumente wat gemeng was met ‘rock’ instrumente. Toe al was hul al as revolusionêr gebrandmerk. BEESKRAAL is seker dié bekendste Rock groep in die land wat nie net spog met treffer-op-treffer nie, maar ook met energieke optredes waar elke lid sy individuele vernuf op hul instrumente wys. En jy hoef nie te wonder of hierdie om-die-kraal praatjies is nie, want BEESKRAAL het al soveel toekennings ingepalm wat bewys het, hierdie is A-graad ‘bees’.

Die nuwe album is ‘n versameling van hul grootste treffers oor die jare en sluit liedjies in soos ‘Strate van Pretoria’, Redes, Duisend Ure, Plaasdorp”, ens. Hull