image-.jpg
0

Leon Gropp se nuutste treffer ‘Bakenlig’ vrygestel

Leon Gropp se eerste solo-enkelsnit, Bakenlig, is reeds ’n paar weke gelede met groot sukses vrygestel en nou is die musiekvideo vir hierdie treffende liedjie ook op ’n unieke wyse bekendgestel.

Tydens ’n regstreekse Facebook-onderhoud met bekende akteur, Pierre Breytenbach, het Leon die video vir die eerste keer met die sy aanhangers en die publiek gedeel.

Leon is ’n bekroonde kitaarspeler en wys met Bakenlig ’n hele nuwe kant van hom wat vir hom ’n stewige plek, as sanger, begin vestig in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf.

Die video is vervaardig deur Bottomside Studios met regisseur, Fritz de Jager aan die stuur van sake. Dit beeld die verhaal uit van iemand wat terugkyk na herinneringe van ’n vroeër self. Verskillende

image-.jpg
0

Nuwe enkelsnit van Mari Bosman uit en sy vier vrouwees

Mari Bosman het pas haar nuwe enkelsnit, As Vrou, ter viering van Vrouemaand- en dag vrygestel. En nes haar siening van vrouwees, gaan die liedjie liefde en omgee in sy verskillende vorme uitstraal…

“Omdat dit Vrouemaand en binnekort ook Vrouedag is, wou ek graag iets daarbuite sit ter viering van vroulike rolmodelle. Ek wou ook uitbeeld waarna ek streef in my eie vrouwees,” vertel die sangeres, wat die enkelsnit saam met die skrywer Vaughan Gardiner gepen het. Hugo Ludik en Vaughan het die verwerking daarop gedoen.

’n Musiekvideo, wat deur Deon van Wyk opgeneem en vervaardig is, word ook vrygestel en dra nes die liedjie self ’n sterk boodskap aan vroue oor.

Mari sê sy hoop die nuwe liedjie sal mense laat goed voel, inspireer

image-.jpg
0

Karen Zoid deel 101 liedjies wat nooit oud sal raak nie

Karen Zoid se talent en passie vir musiek het haar een van Suid-Afrika se top musikante gemaak, en haar boonop ook die titel as ‘Koningin van Rock’ besorg.

Om haar gunsteling kunstenaars en musikante, wat ’n invloed op haar het te vier, het Karen haar eie Apple Music-speellys met die titel; 101 Songs That Never Get Old geskep. Dié speellys bevat musiek deur o.a. Pink Floyd, John Lennon, Led Zeppelin, John Mayer, Placebo, Pearl Jam, Queen, Adele, Tina Turner, Joni Mitchell, wat sal sorg vir ’n opwindende luisterervaring.

“My speellys bevat liedjies wat ek óór en óór kan luister. Elkeen van hierdie liedjies is meesterstukke vir my ore,” sê sy.

Zoid se treffer TV-reeks, Repbubliek van Zoid Afrik het oor die laaste vier seisoene ’n in-diepte blik op van ons land se mees bekendste vermaaklikheidsterre en persoonlikhede gebied. Elke episode is afgesluit deur ’n optrede deur Karen en een van haar musikale gaste.

SA Radio