Forum Nuus: Die pad na Selfbestuur
0
03:07

Forum Nuus: Die pad na Selfbestuur

Volgens prof. Koos Malan is daar kennis, wysheid en insig in Flip Buys se nuutste boek, Die pad na Selfbestuur: Anderkant die mislukking van staatsbestuurboek. “Dit is tyd dat Afrikaners besef waar hul plek is en wat hulle te doen staan om daardie plek in te neem en vol te staan. Afrikaners is uitgelewer en […]
Orania meer as 500 bome ryker danksy AfriForum, Solidariteit en Helpende Hand
0
02:38

Orania meer as 500 bome ryker danksy AfriForum, Solidariteit en Helpende Hand

“Om ’n boom te plant is ’n geloofsdaad vir die toekoms. Wanneer jy ’n boom plant weet jy nie of jy self die skaduwee van die boom gaan geniet nie, maar jy het die vertroue dat jou kinders en kleinkinders dit wel gaan doen,” sê Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum. Kyk dié video om […]
Forum Nuus: Quo Vadis
0
02:27

Forum Nuus: Quo Vadis

Is daar ’n toekoms vir Afrikaners? In die laaste Quo Vadis-gespreksreeks gesels Ernst Roets met Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging en Barend Uys, adjunk-uitvoerende hoof van AfriForum, oor die maniere waarop Afrikaners kan help bou aan ’n blink toekoms.

Radio Jacaranda FM onder skoot oor omroeper se rassistiese uitlatings

Jacaranda FM is onder skoot na beweerde rassistiese uitlatings deur ’n omroeper. Die vakbond Solidariteit het Dinsdag bevestig dat hy aan die radio geskryf het oor die saak. Die vakbond sê hy het gevra vir die klank- materiaal waarin omroeper Tumi Morake glo die gewraakte uitlatings gemaak het. Solidariteit sê: “Dit volg nadat Morake na […]
AfriForum, Solidariteit dien klagtes in teen rassekwotas
0
02:23

AfriForum, Solidariteit dien klagtes in teen rassekwotas

AfriForum en Solidariteit het vroeër dié week amptelike klagtes teen rassekwotas en politieke inmenging in Suid-Afrikaanse netbal by die Internasionale Netbalfederasie (INF) se hoofkantoor in Manchester, Engeland ingedien. Dié afvaardiging het ook met lede van die Europese Parlement (EP) in Brussel, België vergader waartydens politieke inmenging in Suid-Afrikaanse sport bespreek is.
AfriForum belig inmenging in sport internasionaal
0
02:33

AfriForum belig inmenging in sport internasionaal

AfriForum het pas klagtes teen sportkwotas en politieke inmenging in sport by Wêreldrugby in Dublin, Ierland, en die Internasionale Netbalfederasie in Manchester, Brittanje, ingedien. Die afvaardiging onder leiding van Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, vergader ook met van die liggame se besture om die kwessie internasionaal te belig. ’n Verslag getiteld: Transformasie in SA Sport: Telbord nie in regering se guns, wys op die vergrype in Suid-Afrika waar sportlui op grond van kwotas en nie meriete nie in spanne ingesluit word.
Op soek na SA se gesondheidsamaritane
0
01:42

Op soek na SA se gesondheidsamaritane

Lede van die algemene publiek word uitgenooi om gesondheidspraktisyns te nomineer wat in hul opinie bo en behalwe dit wat in hul beroep verwag word opgetree het en dus verdien om as ʼn gesondheidsamaritaan vereer te word. Lees meer: http://maroelamedia.co.za/goeiegoed/goeie-nuus/nomineer-en-wen-op-soek-na-sa-se-gesondheidsamaritane/