Forum Nuus: #AnkerdorpPadskou
0
01:18

Forum Nuus: #AnkerdorpPadskou

AfriForum het vandag met sy Ankerdorppadskou in Pretoria afgeskop. Tydens vandeesweek se loodsing gaan AfriForum-personeel inspring om onder meer vullis langs strate op te tel, padtekens te verf en te help met ontbossing van gebiede. ’n Besoek sal ook aan ’n diereskuiling gebring word waar skenkings van die publiek oorhandig sal word. Die Ankerdorppadskou is ’n veldtog waartydens hoop in verskeie dorpe in die land geskep gaan word. Deur die loop van die jaar gaan daar vir vier weke lank op verskeie dorpe gefokus word. Selfdoenaksies gaan in sewe dorpe in ses provinsies aangepak word. Tydens dié padskou sal gemeenskappe ook geleentheid kry om self moue op te rol om hul omgewings en dorpe in geheel beter en skoner te maak. Die dorpe wat deur die loop van die jaar aan die beurt kom is Rustenburg, George, Nelspruit, Tzaneen, Krugersdorp, Secunda en Bethlehem. Gemeenskapslede kan steeds deel van hierdie opwindende projekte wees selfs al woon hulle nie in een van die betrokke dorpe nie. Inwoners van omliggende dorpe word ook uitgenooi om deel te neem en ’n verskil te maak om ’n beter toekoms te skep.
Forum Nuus: Quo Vadis
0
01:15

Forum Nuus: #AnkerdorpPadskou in Tzaneen

Skole, plaaslike besighede en die gemeenskap het hande met AfriForum gevat om ’n verskil in hul dorp te maak tydens vandeesmaand se Ankerdorppadskou in Tzaneen. Verskeie skoonmaakaksies en opknappingswerk is in die dorp aangepak, die Dink of Sink-skoledebatskompetisie is vir die eerste keer in dié streek aangebied en plaaslike besighede is verras met middagetes.
Forum Nuus: AfriForum help strate veiliger maak tydens Ankerdorppadskou
0
01:21

Forum Nuus: AfriForum help strate veiliger maak tydens Ankerdorppadskou

AfriForum het vandag sy Ankerdorppadskou in Waverley, Pretoria, voortgesit waartydens die burgerregte-organisasie dié woongebied verbeter het deur verbleikte padtekens te verf. Die projek is geïdentifiseer weens die veiligheidsrisiko wat ongemerkte paaie vir padverbruikers en skoliere inhou. Die opknappingswerk is hoofsaaklik in strate rondom skole in die Moot gedoen. AfriForum het reeds vandeesweek gewoeker en reuseskoonmaakaksies in Moreletapark en Lyttelton geloods. Môre word die diereskuiling Wollies in Pretoria-Noord besoek. AfriForum nooi die publiek uit om dié geleentheid by te woon om self ’n verskil in hulle gemeenskap te maak. Lede van die publiek kan ook skenkings by die skuiling aflaai. Vir meer inligting oor die padskou besoek AfriForum se webtuiste www.ankerdorp.co.za.
Forum Nuus: AfriForum woeker in George tydens #AnkerdorpPadskou
0
02:42

Forum Nuus: AfriForum woeker in George tydens #AnkerdorpPadskou

AfriForum het gewoeker in George tydens die organisasie se #AnkerdorpPadskou. Die plaaslike tak het onder meer water getoets, verskeie skoonmaakaksies aangepak en ’n vullisterreinoudit gedoen. AfriVriendelik en AfriForum Onderwys het ook onderskeidelik ’n sakeontbyt en verskeie teenboeliegesprekke in die omgewing aangebied. Die #AnkerdorpPadskou het ook op ’n hoë noot afgesluit met die afskop van die Quo Vadis-gespreksreeks, ’n reeks van gespreksgeleenthede wat deur Ernst Roets in verskeie ankerdorpe aangebied word.