image-.jpg
0

Nuwe enkelsnit deur Riaan Grobler – ‘Alles’

Die sanger, radio-omroeper en TV-aanbieder, Riaan Grobler se nuwe enkelsnit Alles, ’n kommersiële danstreffer en die titelsnit van sy nuutste album, is pas vrygestel.

Dié liedjie, wat deur Michael de Lange geskryf is, gaan oor hoe jy vir jou geliefde verduidelik wat hy of sy alles vir jou beteken in die vorm van die alfabet. “Dit is ’n lekker liefdesliedjie waarop mens uiteraard baie lekker kan dans ook. Ek het my album so beplan dat dit ’n voelgoed album is met danstreffers, maar tog ’n stukkie nostalgie het,” vertel Riaan.

Volgens Riaan het hy juis besluit op die liedjie omdat dit ‘alles’ op sy album so mooi saamgevat het. “Ek het die album opgeneem in ’n baie persoonlike tyd van my lewe. Die liedjie het dit waar deur ek gegaan het saam gevat – liefde, hartseer, teleurstelling, maar tog ook inspirerend.”

Hy hoop die publiek sal van die liedjie hou aangesien mense gereeld vir die liedjie op sy vertonings vra. “Dit is

image-.jpg
0

Hier is ‘n kort Bio oor die bekendste akteur, komediant en sanger Al Debbo

Al Debbo (1924–2011) was ’n legendariese akteur, komediant en sanger. Hy is bekend vir liedjies soos Sonbrilletjies, Hasie, Tantes van Nantes, Brakke van Turffontein en Bolandse nooientjie. Debbo het altesaam in twintig rolprente gespeel. Die eerste was Die kaskenades van dokter Kwak in 1948 en die laaste Oh Shucks I’m Gatvol in 2004.

Al Debbo se pa, Azar het in die vroeë 1900’s uit Libanon na Suid-Afrika geïmmigreer om te help om treinspore te bou. Hier het hy Al se ma, ook ’n Libanees, ontmoet en is hulle later getroud.[1] Hulle het hulleself in Bloemfontein gevestig waar die Debbos jare lank winkeliers was, en Al is hier op 22 Junie 1924 gebore.[2]

Hy begin sy werkloopbaan as ’n ambagsman, maar begin later om voltyds te sing. In 1948 speel hy as akteur in sy eerste rolprent, Die kaskenades van dokter Kwak.

 
            </div><!--excerpt-->   
                        <div class= SA Radio