Onderwysorganisasie bied robotika-seminaar aan
0
03:20

Onderwysorganisasie bied robotika-seminaar aan

Angela Harris, ʼn onderwyser van die VSA wat spesialiseer in robotika, het hierdie week in Suid-Afrika twee seminare saam met die Skoleondersteuningsentrum (SOS) aangebied waar sy onderwysers oor die vak toegespreek het. Lees die storie op Maroela Media: https://spens.co.za/nu2
Slimkoppe spog met besonderse Lego-robotte
0
02:14

Slimkoppe spog met besonderse Lego-robotte

Suid-Afrika het beslis nie ʼn tekort aan jong slimkoppe wat in robotika belangstel nie – dit is nou as ʼn mens moet oordeel aan die 72 spanne wat aan vanjaar se Wêreld Robotika Olimpiade (WRO) tydens die Oktober-skoolvakansie deelgeneem het. Die spanne het dit op 29 September by die Thinus Bester-saal van die Tshwane-Universiteit vir Tegnologie uitgespook om met die titel weg te stap as die land se beste robotbouers en -programmeerders. * Hierdie verslag is saamgestel deur Esté Meyer Jansen. * Videoredigeering deur Marius Vermaak. * Besoek Maroela Media vir meer oor hierdie storie: http://spens.co.za/kCx