musiek – top 20 4
0

Hier is jou Top 20 vir die week van 16 Oktober 2017

Hier is jou Top 20 vir hierdie week, met ‘n paar verassings. Die Afrikaanse sangers Leah en Jo Black se liedjie “Nooit alleen” betree die week se Top 20 in die tiende plek. Manie Jackson betree die Top 20 die week, wie weet wat met sy treffer gaan gebeur. Kyk ek moet sê dat elke […]
image-.jpg
0

Come Worship by Malmesbury Swartland met Retief Burger en ShofarBand

Kom en aanbid vanaf saam met ons en Retief Burger en die ShofarBand. Die kaartjies kan by Shofar Malmesbury of NG Noord Gemeente gekoop word, besonderhede volg verder in die berig.

Datum:- 5 Mei 2018

Tyd:- 18:30 tot 21:30

Toegang:- R50


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Malmesbury?? SA Radio
image-.jpg
0

Retief Burger is ‘n Gospel sanger, hier is ‘n bietjie meer oor hom

Retief Burger is ’n aanbidder in sy wese. Vir hom gaan dit oor meer as net liedjies. Sy musiek vind aanklank by ’n wye spektrum mense omdat dit opreg en modern is. Hy is egter nie net ’n aanbiddingsleier nie, maar glo dat God hom geroep het om mense te lei na die hart van die Vader. Hy het ook ‘n passie om nuwe leiers op te rig wat oor alle kerk- en generasie grense saamwerk vir een doel: om God bekend te maak en vir sy eer te leef!

Retief het nog nooit enige begeerte gehad om ‘n “kunstenaar” te wees nie. Hy wou aanvanklik net relevante Afrikaanse lof- en aanbiddings liedjies skryf om die studente by Kruispunt (’n Studentebediening in Potchefstroom) in God se teenwoordigheid in te lei. Dit was Louis Brittz wat hom na jare se getorring oorreed het om sy musiek op CD vas te lê en om sodoende die musiek tot die hele land se beskikking te stel. Retief: “As dit nie vir sy visie was nie, sou Luidkeels nooit gebeur het nie. Ons sou nooit kon droom