image-.jpg
0

Lekkerland 2018 karnaval: Groter, beter en nóg lekkerder!

Jou gunsteling karnaval is terug; King Price-versekering en kykNET, in samewerking met Matchbox Live, keer terug na Dullstroom vir die tweede aflewering van Lekkerland Carnival op 7 April 2018.

Vanjaar se Lekkerland Carnival beloof om groter, beter en lekkerder as verlede jaar te wees. Kunstenaars soos Karen Zoid, Matthew Mole, Refentse, Adelle Nqeto, Bouwer Bosch en The Barbosa Experience sal tydens dié fees optree.

Die fees is familievriendelik en het selfs ’n kinderarea. Die BDI Street Performance Troupe gaan ook sorg vir hope vermaak. Natuurlik sal daar verskeie stalletjies, karnaval kos en ’n kroeg beskikbaar wees.

Die gewilde Mpumalanga-dorpie, Dullstroom, met sy interessante winkels, kunsgalerye, restaurante, bergpaaie en ongelooflike natuurskoon sal weer eens die tuiste vir hierdie unike karnaval wees. Dullstroom is sowat twee en halfuur se ry van Johannesburg en Pretoria, wat dit die perfekte naweekwegbreek vir enige gesin maak.

Ricus Nel, Adam Tas, Bok van Blerk, Refentse – Hardekole
0
04:30

Ricus Nel, Adam Tas, Bok van Blerk, Refentse – Hardekole

Tickets vir Hardekole – https://itickets.co.za/events/427465 Hardekole is ‘n musiek konsert op Erfenis Dag ter viering van “Braaidag”. Kunstenaars wat sal optree sluit in Bok van Blerk, Ricus Nel, Adam Tas en Refentse. Radio Raps tree op as aanbieder op die dag. Tue, Sep 24, 2019 at 5:00 pm Doors open at 4:00 pm Time Square […]